Mense mense ...mense - soos die spreekwoord se
HKGK!!!!
Hier in die Kaap is/was dit chaos by die weegbrue - vakansie gangers met 4x4's, trailors, karavane ens het toue gestaan by die weegbrue!!! Ek self was baie baie gelukkig en is nooit afgtrek nie-maar van my vriende het deurgeloop en sit nou met moerse boetes!!!

Dis mos nie hoe mens jou vakansie wil begin nie - magtig man!!!
Ek verstaan daar is wette en goed wat nagekom moet word, maar wat ek graag wil weet is die volgende:

Hoeveel van ons padongelukke en dood oor n Desember maand word deur bietjie te "swaar" Patrol of ander voertuie veroorsaak?? Ek praat nie van oorlaaide voertuie nie - ek dink nie enige van ons met gesonde verstand gaan ons voertuie so oorlaai en bepak dat ons wetend ons eie, ons families en ander padgebruikers se lewens in gevaar gaan stel nie. Magtig mense - ons 4x4 ouens is verantwoordelike mense - mense met families, vrouens, kinders en ander geliefdes!!!! As ek swaar gelaai is dan ry ek maar net nog bietjie stadiger, hou nog bietjie groter volg afstand en ry lekker rus rus - ek gaan niks bereik deur te jaag en n paar minute of half uur vroeer by my betemming aan te kom nie. So wat is die issue met die gewigte van ons voertuie???? Ek weet nie eers wat myne is nie en het ook nog nie gaan kyk nie.

Dood en verminkings word veroorsaak deur: Spoedvrate, oorlaaide taxis en busse, dronk betuurders, en oormoeg trok drywers (jammer Frans maar ek moet dit noem) wat kanse vat en nie genoeg rus inkry op n langpad nie!!!

Nie deur 4x4's met karavane of trailors nie!!! Ons vriende met wie ons die staan plek in Uilenkraalsmond gedeel het is ook die 24ste afgtrek - dit het so begin. Sy bakkie se vooras was 40kg oorgewig - toe se die spietkop hy moet uitklim - toe is die bakkie se vooras 20kg onder sy gewig grens - maar Jacques self trap die skaal op 107 kg!!!!!

So volgens die spietkops se skaal weeg Jacques net 60kg!!!

Toe begin hulle met sy karavaan - die was 480 kg oorgewig. Toe moes hulle al die ekstras uitlaai uit die karavaan, (Jacques moes sy broer met sy bakkie van die Kaap af laat deur kom om die ekstra goed op te laai - hulle het geweier dat hy verder ry), en toe hulle die karavaan weer weeg (met nou net die karavaan se eie bybehore [tente, pale, yskas ens] in hom) - toe is die karavaan nog steeds 310kg oorgewig!!!! Hulle het vir Jacques vir n uur en n half besig gehou by die weegbrug - man toe praat daai man in tale wat nog nie eers uitgevind is nie!!!!

En toe staan die spietkops en kop krap oor die karavaan - want toe weet hulle nou nie watter kant toe nie. Op die staduim het Jacques sy moer gestrip, vir die spietkop gese mnr maak wat jy wil - maar ek haak nou my karavaan en gaan vakansie hou - ek het nie verder tyd vir julle k@k nie!!!

Hy is daar weg met n R1500-00 fine - en 10 kilometer verder toe stop hy en sy broer en laai die goed in sy broer se bakkie weer terug in die karavaan!!!!
Verskeie ander kampeerders in Uilenkraalsmond het "horror" stories gehad om te vertel wat met hul by die weegbrue gebeur het - maar dat die owerhede hul mes in het vir die vakansiegangers met karavane en trailors is n feit soos n paal bo water - veral hier in die Kaap en omgewings!! Ek bly vir die res van die Des/ Jan vakansie periode maar van die pad af met my Patrol - hopenlik sal die stof iewers gaan le - maar dit is nie reg wat hulle met onse mense doen nie!!!