Page 2 of 5

Re: 2000 4.2d Patrol failing alternator

Posted: 11 Feb 2018 12:52
by Tinus lotz
Miskien moet jy net kyk of die earth na body ook vas is ?
Het jy n multi meter by jou?

Re: 2000 4.2d Patrol failing alternator

Posted: 11 Feb 2018 12:54
by Tinus lotz
As jou battery te pap is gaan hy nie meer jou diesel pomp se solenoid oop maak nie jy sal moet erens jou battery laai

Re: 2000 4.2d Patrol failing alternator

Posted: 11 Feb 2018 19:30
by EFH
Tinus lotz wrote: ↑11 Feb 2018 12:54 As jou battery te pap is gaan hy nie meer jou diesel pomp se solenoid oop maak nie jy sal moet erens jou battery laai
Soos ek uitgevind het net buite Welkom... gelukkig is my broer op Klerksdorp, hy het vir my gelaaide battery gebring, nou so 45min terug in Bloem gestop. Sal more battery laat toets, ek het met multimeter Vrydag toe die drama begin het die alternator se outputs getoets, op idle 13,4/5v of so, tot onder lading to 14.5/6v gestoot.

Re: 2000 4.2d Patrol failing alternator

Posted: 11 Feb 2018 19:48
by iandvl
Daai Voltages klink vir my bietjie laag.

U sê ook nie of daar ander accessories aan was (ie: ligte, fan ens).

Die alternator moet minstens 13.6V uitskop om 'n 12V battery te laai. 13.4V gaan dit nie maak nie.

Ek weet dis 13.4 op idle, en nie op revs nie, maar dit klink nie vir my reg nie... My alternator skop 13.7/13.8 uit op idle met die ligte en alles aan.

Sal aanbeveel U laat toets hom iewers.

Re: 2000 4.2d Patrol failing alternator

Posted: 11 Feb 2018 20:27
by EFH
Ek gaan ja, getoets met fan,ligte en radio met amp. Ek vermoed die beide battery en alternator is nie heeltemal happy nie

Re: 2000 4.2d Patrol failing alternator

Posted: 11 Feb 2018 22:30
by Tinus lotz
Tenminste is jy veilig tuis ....sort nou net daai charge masjien en dan rol jy weer mooi

Re: 2000 4.2d Patrol failing alternator

Posted: 12 Feb 2018 06:41
by TijmenvdS
Ek het so maand terug my Alternator laat recon by n auto electrician in pretoria vir R700, ons het seker al 6 alternators by hom gerecon oor die laaste 5 jaar en nog geen moeilikheid nie, dink dit gaan maar oor die hand wat die spanner hou.

Re: 2000 4.2d Patrol failing alternator

Posted: 12 Feb 2018 06:46
by offroadbiker
Peter Connan wrote: ↑11 Feb 2018 06:51
EFH wrote: ↑10 Feb 2018 21:25 I was thinking that, but would you ever really trust ut again?
Yes, as long as the job is done properly.
Don't just fix the immediate problem, but do a full overhaul. New bearings, brushes and regulator unit.
Stem 100% hier saam het recon altenator gefit toe in die Kgalagadi laat die outjie my in die steek, nie die Alternator nie maar die R10 bearinkie aan die agterkant, hele alternator was mooi oorgedoen behalwe daai stupid klein partjie.

daai bearinkie is vervang en die alternator loop nou nog perfek 3 jaar later.

Re: 2000 4.2d Patrol failing alternator

Posted: 12 Feb 2018 08:25
by Wilkie
Nee broer jy het nie n Alternator probleem nie..nie as jy 13 V +kry nie maar eerder n slegte wiring to earth ,starter of battery probleem :mytwocents: :mytwocents:

Re: 2000 4.2d Patrol failing alternator

Posted: 12 Feb 2018 08:37
by ricster
I think the battery isn't holding a charge..... Remember a diesel takes a LOT more oomph to start as it heats up glow plugs, irrespective of outside temperatures, and swings that motor with atleast double the power to a petrol ( 22.1:1 ) compression ratio. Once running the diesel uses almost nothing to run ( excluding ancillaries)