Page 2 of 4

Re: Which Fridge/Freezer ?

Posted: 16 Nov 2009 15:43
by Gerrit Loubser
Jules, I wouldn't go for the Chinese copy of the Danfoss cooling unit.

Re: Which Fridge/Freezer ?

Posted: 16 Nov 2009 15:55
by Jules
Geagte Proffesor Loubser, ek neem aan u verwys na die Sneeumeester eenheid??

Re: Which Fridge/Freezer ?

Posted: 16 Nov 2009 19:24
by Gerrit Loubser
Korrek, Jules :biggrin:

Re: Which Fridge/Freezer ?

Posted: 16 Nov 2009 22:40
by Pieter du Toit
My swaer het die 80L Kellerman - is nou al 4 jaar oud en gebruik hom op n daaglikse basis - nog nie n beat gemis nie. Was destyds helfte van die prys van my NL 80L gewees - sy grootste oorwegings rede. 2 ander vriende van my het ook Kellerman yskaste - een n 40 l en een n 60 l - nog geen probleme met hul ondervind nie en hulle yskaste is onderskeidelik so 2 jaar en 3 en half jaar oud.

My 80L NL (ook 4 jaar oud) het my nou al 2 keer in die steek gelaat - nie ernstige probleme nie maar het net ophou koud maak. Die eerste keer was egter Des 08 in die middel van die richtersveld in 40 grade hitte - gelukkig was my swaer ook daar met sy Kellerman en kon ons n plan maak. Ek het hom slegs omgedop en bietjie gas uitgelaat (n ou in die Richtersveld het my hiervan vertel) - blykbaar kry jy partykeer dat die yskaste n lug blokkasie opbou of kry van baie skud. Waar of nie waar nie en reg of verkeerd - dit het elke keer gewerk en my yskas het dadelik weer begin koud maak. Het al die gas laat nagaan en wou dit opvul / vervang - hulle het gese dis nie nodig nie daar is meer as genoeg gas in die yskas.

Enigste ding waarin ek glo - hy moet daagliks in gebruik wees. So ek gebruik sommer my NL as n drinks yskas hier ny die huis en so bly myne altyd aan die werk.

Re: Which Fridge/Freezer ?

Posted: 17 Nov 2009 08:29
by Jules
Pieter jy maak die besluit nou weer moeilik met die goeie terugvoer van Kellerman :confused:

Sal maar die naweek weer Dbn toe gaan en by Campworld uitkom om na Kellerman/Snomaster te kyk. Die een voordeel van die WAECO 50L is dat hy agter in my Patrol pas met die agterste sitplek in.

Daar is natuurlik ook wye opinies oor BRAD HARRISON v HELLA PLUGS vir die konneksie agter. Wat gebruik julle??

Groete
Jules

Re: Which Fridge/Freezer ?

Posted: 17 Nov 2009 10:41
by tour de frans
Jules,ek is ook hard besig om te soek na n goeie kas,vir goeie geld natuurlik.En ek het na hulle almal gekyk,my soektog kom al meer as n maand aan.Kortliks,ek besef n mens gaan maar moet uithaal en wys vir n goeie kas,ek het my kop op NL.Ek wil net noem oor die Waeco,en miskien wil iemand my skiet vir wat ek nou wil se,dan is dit maar so,kom wag in die lyn.Elkgeval die waeco is n vancy coolbox,tenminste dit lyk so,nie n yskas nie.Almal behalwe n waeco salesman raai my ook af.Om die waarheid te se 5 manne agtermekaar het my sterk afgeraai,hulle ken ook nie mekaar nie.
Hoop jy kom reg
Groete
Frans

Re: Which Fridge/Freezer ?

Posted: 17 Nov 2009 11:08
by Jules
Frans brei n bietjie uit oor die redes wat hul Waeco afskiet, het die naweek in Dbn gekyk na NL50 en NL52 weekenders, moet sê die bou kwaliteit is awesome. Maar daardie R7745 IS BIETJIE ERG, dalk moet ek SWAMBO oortuig om ook n bydrae te maak dan kan sy die eenheid ook gebruik as hulle op Ladies Trips gaan. Gedog ek gaan n terugbetaling van SARS kry maar ek moet n bietjie inbetaal so daardie slush fund is nou ook n ding van die verlede.

So gooi my met daardie redes om nie Waeco te koop nie

Groete
Jules

Re: Which Fridge/Freezer ?

Posted: 17 Nov 2009 13:40
by tour de frans
Jules,Die manne het almal of dan nou die 5 met wie ek gepraat het die kas gekoop,letterlik een trip gedoen en hul geld terug gevra.Pieter du toit is een van hulle(sorry ek noem jou Pieter)Na ek met Pieter gepraat het het ek nog altyd gaan kyk na die kas.By Outdoor warehouse loop ek in n wild vreemde ou vas wat dieselfde se.Ek kyk toe altyd na die kas en sien nie wat fout is nie maar let op dat die sy kante en deksel van die kas baie dun is.Nie so fris soos die "name brand"ouens nie.
Ek glo nie aan toeval nie en 5 manne was genoeg om my af te sit van die kas.
Baie interesand dit val my nou by,Hein Burnett het nou kort een van daai Waceo's gekoop en praat met lof van die ding.Miskien moet ons hoor wat hy se.Ek is nog altyd afgesit en het sopas vir my die 52L NL gekoop.
Groete
Frans

Re: Which Fridge/Freezer ?

Posted: 17 Nov 2009 13:47
by Gerrit Loubser
I enjoyed a number of years of very good service from my Waeco 80 liter fridge. I don't think the insulation is as good as that used on the National Luna, but it was very reliable and performed very well. It lived in the back of my trailer for the last two years and never missed a beat. The 80 liter is built in a different way to the smaller Waeco fridges (it has a metal skin), but I would not ignore the Waeco brand without doing careful homework first. Although I never had any need to make use of it, I believe that Outdoor Warehouse supports them very well.

Re: Which Fridge/Freezer ?

Posted: 17 Nov 2009 19:30
by JG Shields
Goedkoop vleis, goedkoop wyn en 'n goedkoop kamp yskas is dieselfde as 'n goedkoop vrou - BLY WEG!