Re: 4.8 GRX bestuurder sitplek.
Posted: 18 Jul 2016 13:43
Baie dankie Paul.
Ek het die naweek die sitplek uitgehaal om te kyk of daar enige obstruksies is in die rail. Hulle is mooi skoon en vol ghries! Wat ek wel gesien het is dat daar 'n stopper is in die rail wat verhoed dat die sitplek uitgly hetsy vorentoe of agtertoe. Die passasiers sitplek skuif net soveel maar daar is uit die aard van die saak meer spasie so dit is nie 'n probleem nie.
Ek het 2 Pathfinder sitplekke en het gehoop dat die rails sal pas maar ongelukkig is hulle heel anders! Soos Tinus gese het is grind en sweis lyk my die oplossing! Is effens bang vir dit want as die wiskund my in die steek laat, het ek probleme.
Dit wil my voorkom ek is die gelukkige wenner van 'n Patrol wat gebou is vir kort mense!!!
PS:- Kan iemand my asb help met die tel nommer van Graham?