Page 2 of 8

Re: My Patrol - Pics

Posted: 25 Nov 2009 15:01
by Fred79
Hier is 'n paar foto's, ons het Saterdag gaan kyk waar die Britse Army met hul tanks oeffen. Dit het gereen en dit was nat, maar baie lekker.

Re: My Patrol - Pics

Posted: 26 Nov 2009 10:06
by Wynvat
Baie mooi Fred. Die weer lyk maar Brits :lol:

Is die rooi Patrollie joune?

Re: My Patrol - Pics

Posted: 26 Nov 2009 11:06
by Fred79
Wynvat wrote:Baie mooi Fred. Die weer lyk maar Brits :lol:

Is die rooi Patrollie joune?
Ja die rooi Patrol behoort aan my. Die ou wa moet nou maandag nuwe glow plugs kry, hy miss fire as hy koud is. (nissan glow plugs £37 vir een, ek het ses nodig) :redface:

Dit het baie gereen die dag en ek is al heel week in die bed met griep as gevolg van die lekker 4x4 dag, maar dit was die moeite werd gewees. :thumbup:

Re: My Patrol - Pics

Posted: 26 Nov 2009 15:55
by Tjaart
The Brave got new rubber!!

Re: My Patrol - Pics

Posted: 26 Nov 2009 16:59
by Wynvat
Jig Tjaart, dit lyk goed! :thumbup:

Re: My Patrol - Pics

Posted: 26 Nov 2009 22:04
by Pieter du Toit
Baie baie smart Tjaart!!

Jy het nou afgegaan 15" rims toe ne?? Is dit 33's wat jy daar op het??

Re: My Patrol - Pics

Posted: 26 Nov 2009 22:05
by Fred79
Tjaart, daai trok van jou lyk sommer baie mooi

Re: My Patrol - Pics

Posted: 28 Nov 2009 05:08
by Fred79
Hier is sommer 'n paar foto's van hoe my ou Patrol verander het in die laaste twee jaar. :woo:

Re: My Patrol - Pics

Posted: 29 Nov 2009 08:17
by Pieter du Toit
Fred

Awesome voertuig :woo: Lekker om te sien hoe transformeer n ou se voertuig as mens die ekstras self doen of laat doen. My Patrol het byvorrbeeld vir my persoonlik verander van n "dood gewone" Patrol na n "Monster Truck" met attitude!! Maar sjoe hel - dit kos n ou n hele paar ponde ne!!! Ek het n leer vir my Patrol waar alles gefile word wat ek aan hom laat doen het vandat ek hom gekoop het - ek het dit nou die dag so bietjie gaan sit en bymekaar tel - toe mis my hart n paar beats!! :surprised: :surprised: Ek het my allie af geskrik - nooit gedink ek sal daai klas van geld aan "ekstras" op n motorkar spandeer nie!!

Nee kyk my Patrol ry ek wragtig tot sy body van die chassis af val of af roes - want ek sal in my dagtens lewens nooit weer my geld teruggry nie. Nee kyk as my Patrol oor die muur is moet hy net goed wees om vir scrapmetal verkoop te word - ek kan nie so n "capable" voertuig aan n ander ou verkoop en dan moet ek weer voor begin nie. My hart sal dit nooit hou nie!!

Groetnis

Re: My Patrol - Pics

Posted: 29 Nov 2009 15:25
by Tjaart
Baie mooi gese Pieter

As ek nog 'n Patrol koop. Hou ek die een wat ek nou het. Sal niks vir kry nie anyway....Drive it like you stole it 'til it dies.... :thumbup: