Page 2 of 3

Re: Tyd vir nuwe bande

Posted: 20 Nov 2014 21:30
by Tinus lotz
My en piet se pel gustaf het n stel van daai op sy cruiser bakkie gesit . 20000 km en almal is af geskryf. ......sidewall damage van klippe wat die side wall kneus dan maak dit bubbles tire klaar . Mens kan nie daai op n saterdag oggend gou gou toets nie

Re: Tyd vir nuwe bande

Posted: 20 Nov 2014 21:57
by Kagiso II
Haai Stefan -- ek sal daai een moet soek [nie 100 %seker van die Maand van die uitgawe nie] Dis die toets wat hulle gedoen het met Hannes Grobler wat die 15 stelle bande op dieselfde voertuig met dieselfde roete vir al die bande gedoen .. GEROTEK as ek dit nie mis het nie]

TYREMART AUTOWIEL CENTURION het vanoggend my n sms text gestuur .. hulle het 'specials' op "Year end Promotions' Pirelli & Michelin.

012 656 0033

Prado se bande het nou eers 30,000 km op en Lobo se stel 10,000 .. gaan rukkie vat voor ek bande koop .. MAAR as ek more MOET gaan koop, gaan ek General A/T Grabbers opsit. verseker. [Behalwe as Bridgestone die Dueller 694 terugbring .. dan is dit weer al wat ek gaan ry :-) :biggrin:

Re: Tyd vir nuwe bande

Posted: 20 Nov 2014 23:00
by Stefan
Dankie oom Mac. Ek gaan Cooper ST Maxx opsit. Het so 90,000 km op die Cooper STTs gedoen.

Ek raak nie aan Duellers nie - het al te veel keer ge'aqua-plane' op die nat kaapse paaie

Re: Tyd vir nuwe bande

Posted: 21 Nov 2014 06:25
by Tinus lotz
Wyse besluit dude....wat interresant omtrent die tire toets was is die gewig van elke band .n tire wat 10kg weeg en een wat 30kg weeg moet daar n verskil wees maw minder staal rubber ect ons ry nie racing karre nie . Bande wat sidewalls verloor kos jou baie geld so die sterkste sidewalls moontlik is die manier om te gaan :thumbup:

Re: Tyd vir nuwe bande

Posted: 23 Nov 2014 21:15
by Jorrie
Stefan
Ek dink jy maak die regte besluit. Praat met Ian Midgely (PM my vir sy nommer). Hy het so 'n paar maande terug 'n stel ST Maxx's op sy Patrol gesit. Sover ek weet loop hulle 'n bietjie stiller as die STTs, maar is ook 'n klein bietjie duurder as die STTs. AutoWiel se pryse is oor die algemeen die beste. Coopers gee ook uitstekende diens via AutoWiel

Re: Tyd vir nuwe bande

Posted: 23 Nov 2014 21:35
by Stefan
Dankie Jorrie,

Ek was to Saterdag-oggend by TyreMart in Parklands - uitstekende diens en fantastiese pryse. Verskil van amper R1450 per band tussen hulle en die duurste quote wat ek gekry het.

Re: Tyd vir nuwe bande

Posted: 23 Nov 2014 21:38
by Jorrie
Mooi man!!

Re: Tyd vir nuwe bande

Posted: 23 Nov 2014 21:59
by JoshJ
Baie nice Stefan :thumbup: ons praat oor 2jaar weer. Dan moet ek bande vervang. Wou gaan met KM2'S maar julle het my nou al lus vir coopers. :lol:

Re: Tyd vir nuwe bande

Posted: 24 Nov 2014 06:12
by Tinus lotz
Lekke takkies dude :thumbup:

Re: Tyd vir nuwe bande

Posted: 24 Nov 2014 08:09
by David
JoshJ wrote:.. Wou gaan met KM2'S maar julle het my nou al lus vir coopers. :lol:
Stefan -Mooi tekkies daai. Hoe is hulle pad geraas?

JoshJ - Niks fout met die KM2's nie - hulle klou soos sn@t aan 'n wol kombers maar jy gaan nie 90k Km uit hulle kry nie. Ek wil graag sien hoe die nuwe KM2 A/T gaan vaar wat volgende jaar beskikbaar gaan wees want die oues het geen grip in die nat nie en is gevaarlik op 'n 4.8!