Page 2 of 5

Re: 4x4 Action group River trip Aug. 2014

Posted: 17 Aug 2014 12:47
by Tinus lotz
Alex Roux wrote:I think this is a must for 2015
Mooi tel my in.....kom ons maak dit vas dan kan dirk dit reel.....ek sal piet se arm draai...lol

Re: 4x4 Action group River trip Aug. 2014

Posted: 17 Aug 2014 13:41
by Alex Roux
Dirk, as jy bereid is om dit te doen, gee vir ons 'n datum, dan begin ons 'n lysie.

Re: 4x4 Action group River trip Aug. 2014

Posted: 18 Aug 2014 08:54
by Herrie
Dit lyk goed en ek is bly julle het dit geniet! :thumbup:

Re: 4x4 Action group River trip Aug. 2014

Posted: 18 Aug 2014 12:26
by offroadbiker
Some more pics....

Re: 4x4 Action group River trip Aug. 2014

Posted: 18 Aug 2014 12:31
by offroadbiker
And more....

Re: 4x4 Action group River trip Aug. 2014

Posted: 18 Aug 2014 13:05
by offroadbiker
Basiese reelings vir die trip:

Afstand na die rivier so min of meer - Krugersdorp 589, Pretoria 509, Binne Klein Letabe 70km, 50km teer na die Molotots en 40km binne, en dan weer terug natuurlik. Koste is dus so 1100km teerpad en dan 110km in die rivier plus tolhekke. Ek het dus na so R4000 reis koste ge-kyk :redface:

Brandstofverbruik teerpad soos wat jy natuurlik jou voertuig ken :wink: Binne in die rivier het my 4.2 geval van 5.5 na 1.9km/L en Oellie se 4.5 van 5.9 na so 3km/l, natuurlik hoe meer jy speel hoe swaarder kan dit raak....

Verblyf Slaap in die rivierbedding en jy moet 100% selfversorgend wees, geen koste vir verbyf. dus ook GEEN GERIEWE

Innerlike Jy moet alle kos, water en "bruin Fanta" saam ry, hoe hongerder en dorser jy is, hoe meer is jou koste :oldtimer:

Jy het minstens so 7/8ure nodig om daar en dan weer terug te kom, dus ook die rede waarom daar twee dae uitgesit word net om heen en weer te ry.

Ons ry dus gewoonlik die Donderdag oggend en maak dan kamp in die rivier langs die Kruger Wildtuin se grens/draad.

Vrydag oggend teen 09h00 op die laatste begin ons met die eerste dag se ry op in die rivier. (Vir sekere mense is dit nie moontlik om die Donderdag verlof te kry nie en ry hulle eers die Frydag oggend 02h00 weg by die huis en kry ons hulle by die ingang van die rivier).

Saterdag vertrek jy so 08h00 en afhangende van die toestand van die rivier behoort ons by middagete die Klein Letaba klaar te kry, hier klim ons uit die rivier gaan maak die voertuie vol in Giyani :redface: en ry so 50 km na die Molotots waar ons weer die rivier ingaan en so entjie ry voor kamp opgeslaan word.

Sondag is dit weer so 08h00 begin ry en naby 12h00 se kant behoort ons klaar te wees waar die Molotots in die Groot Letaba inloop. Hier het jy dan ook die keuse om "uit" te klim en die pad huistoe te vat wat beteken jy kan so 20h00 Sondagaand by die huis wees.

Vir die wat wil maak ons laaste kamp en kuier lekker en vertrek dan die Maandagoggend na ontbyt en vat die pad huistoe.

Dit is dus moontlik om die trip vir net die Frydag tot Sondag te maak, maar dit beteken laaaang ure agter die stuur, of van die Donderdag tot die Maandag en dit 'n lekker kuier trip te maak.

TYD Vanaf middel Jullie tot eind Augustus is beste tyd want dan is watervlak op sy laagste. September vat jy kans net nuwe reen seisoen.

2015 - Beste tyd sal dus wees naweek van 06-10 Augustus wat ook beteken Maandag 10 Augustus is 'n publieke vakansiedag wat verlof baeie makliker maak. dus max van 2 dae verlof vir die trip.

Re: 4x4 Action group River trip Aug. 2014

Posted: 18 Aug 2014 15:03
by Tinus lotz
Klink reg met my......ek is in vir volgende jaar

Re: 4x4 Action group River trip Aug. 2014

Posted: 18 Aug 2014 15:05
by Tinus lotz
Mooi fotos dirk ....gooi nog

Re: 4x4 Action group River trip Aug. 2014

Posted: 18 Aug 2014 16:47
by Alex Roux
Hi Dirk

Jusst two questions:
a) Who does this land belong to - do we not need to pay royalties to the hisstoric / traditional owners?
b) What about environment - e.g. bird nesting. I'm suppose this is not breeding time (July / early August) - is there any guidance on this?

Thanks

Alex

Re: 4x4 Action group River trip Aug. 2014

Posted: 19 Aug 2014 07:20
by offroadbiker
Land belongs to government as far as I could accertain and the local 4x4 guys go and play there whenever they want to, no monies to be paid to anyone, 4x4 Action group made a donation to a charity out of there own accord.

There is no breeding of any birds in the river itself and the only animals there is cows, cows and more cows with a donkey here and there.

The river bed changes after every rainy season as well and therefore no direct impact on the eco system as long as you take all your rubbish with you.