Page 2 of 2
Re: 2003+ Patrol GRX wanted
Posted: 01 Sep 2009 16:13
by Pieter du Toit
Abri
JA!!! Jy is 100% in die kol. Ken jy hom??
Re: 2003+ Patrol GRX wanted
Posted: 01 Sep 2009 17:31
by Gerrit Loubser
Pieter du Toit wrote:En ek is nou nie Harry Oppenheimer as dit by brandstofgeld kom nie so ek kry darem nog 8+ km/l - nie soos die 4.5 en 4.8 petrol manne wat nie n pomp kan verby ry nie!!

Moenie lelik wees met ons petrolmanne nie. Netnou sal ons moet terugkap met iets naar soos om te bereken hoeveel petrol mens kan koop met die geld wat dit kos om 'n ZD30 te herbou na 'n selfmoordinsident

.
Re: 2003+ Patrol GRX wanted
Posted: 01 Sep 2009 18:51
by Abri Hoffman
Pieter, hy het so 3 maande gelede 'n stel Melville en Moon sitplekootreksels verkoop. Ek het dit by sy huis gaan haal en ons het lekker oor jou Patrol gesels.
Baie interessante ou om meet te gesels.
Hy ry nou 'n 4.5 Petrol Cruiser.
Re: 2003+ Patrol GRX wanted
Posted: 03 Sep 2009 11:18
by Pieter du Toit
Gerrit
Ok ok moet nou nie die vuurpeleton aantree nie - I get the message

- maar in alle eerlikheid is n 4.8 petrol my droom wat nog bewaarheid moet word!!!! As daai do**erse ou skippie van my nou net n slag by Robben Eiland kan verby kom

- maar ai hy loop elke keer op die rotse daar!!!

Re: 2003+ Patrol GRX wanted
Posted: 03 Sep 2009 12:14
by Gerrit Loubser
Ja, die 4.8 is darem maar 'n MENEER!
Re: 2003+ Patrol GRX wanted
Posted: 03 Sep 2009 18:53
by Abri Hoffman
Gerrit Loubser wrote:Pieter du Toit wrote:En ek is nou nie Harry Oppenheimer as dit by brandstofgeld kom nie so ek kry darem nog 8+ km/l - nie soos die 4.5 en 4.8 petrol manne wat nie n pomp kan verby ry nie!!

Moenie lelik wees met ons petrolmanne nie. Netnou sal ons moet terugkap met iets naar soos om te bereken hoeveel petrol mens kan koop met die geld wat dit kos om 'n ZD30 te herbou na 'n selfmoordinsident

.
Druk daai ZD30 so bietjie en kyk hoe gulsig raak hy na die voggies.
Ek het 'n hardbody gehad met 'n ZD30. Op 'n trip deur Namibia het ek gemiddeld 9km/l gekry met 'n ton op sy gat. Ek het egter haastig geraak van Keetmans af grens toe en kry toe sommer 6km/l.
Re: 2003+ Patrol GRX wanted
Posted: 03 Sep 2009 21:06
by Pieter du Toit
Abri
Baie waar - ek moet erken om 8km/l te kry dan praat ek van n cruising spoed van 110 max!!

Maar ek gebruik nie my patrol vir resies jaag nie - daarvoor het ek n kar!!!
Dis soos my cruiser bike wat ek gehad het - ek het geglo net aan cruising - al kon die fiets 200 gemaklik loop!!!
Re: 2003+ Patrol GRX wanted
Posted: 03 Sep 2009 21:39
by Abri Hoffman
Pieter, ek't ook gevind dat daai ZD30 op sy gelukkigste is teen 110km/h. Lekker in die middel van die Torque Curve en lekker suinig met die sousies. Ek het die manne moedeloos gehad weens my meedoenlose 110 op die trip.
Ek moet egter se dat ek moeilik sal teruggaan na diesel 4x4. Ek het twee gehad, die hardbody en 'n 105 GX Cruiser met 'n Safari Turbo. Die pertrol is net soveel meer moeiteloos.
