Page 2 of 3
Re: Cornelius Kotzé
Posted: 05 Aug 2009 08:43
by Jules
Welkom Cornelius
Groete
Jules
Re: Cornelius Kotzé
Posted: 05 Aug 2009 09:17
by Patrol4.8
Dankie aan julle vir die verwelkoming.

Re: Cornelius Kotzé
Posted: 05 Aug 2009 09:26
by Herrie
Baie welkom

Re: Cornelius Kotzé
Posted: 14 Aug 2009 00:02
by Pieter du Toit
Hello Abri,
Jong klink vir my of Andre van Air Supply Spring Company jou rook met die prys van daai airlifts.

Ek het sopas vir my Firestone airlifts met onboard air (ek het darem n ARB Airlocker voor so die pomp was klaar daar) agter in my Patrol gesit - ek het R4450-00 excl betaal - en met die druk van n knoppie pomp ek my airbags van binne die kar op of blaas af - drukmeter en als ingesluit. Ek het R3000-00 vir die airlifts betaal en R1450-00 vir die drukmeter en skakelaar - dit was saam met installasie!!
Dog ek noem dit maar net - want ek is dieselfde prys gequote vir my voorste airsprings - maar almal se dis regtig onnodig. Ek het dit maar eers gelos vir nou - sal later self besluit of voor regtig nodig is.
Dog ek noem dit net vir jou - for what is's worth!!!
Groetnis
Re: Cornelius Kotzé
Posted: 14 Aug 2009 00:07
by Pieter du Toit
Baie Welkom Cornelius - hoop jy geniet die forum net so baie soos ons!!!
Vragie - bly jy jou lewe lank al in Wellington en of daar skool gegaan?? Ek sien jy is 42 - selfde ouderdom as ek - het 1984 daar gematrikuleer. En jy??
Groetnis
Re: Cornelius Kotzé
Posted: 14 Aug 2009 07:14
by Abri Hoffman
Pieter du Toit wrote:Hello Abri,
Jong klink vir my of Andre van Air Supply Spring Company jou rook met die prys van daai airlifts.

Ek het sopas vir my Firestone airlifts met onboard air (ek het darem n ARB Airlocker voor so die pomp was klaar daar) agter in my Patrol gesit - ek het R4450-00 excl betaal - en met die druk van n knoppie pomp ek my airbags van binne die kar op of blaas af - drukmeter en als ingesluit. Ek het R3000-00 vir die airlifts betaal en R1450-00 vir die drukmeter en skakelaar - dit was saam met installasie!!
Dog ek noem dit maar net - want ek is dieselfde prys gequote vir my voorste airsprings - maar almal se dis regtig onnodig. Ek het dit maar eers gelos vir nou - sal later self besluit of voor regtig nodig is.
Dog ek noem dit net vir jou - for what is's worth!!!
Groetnis
Hallo Pieter, praat ons van dieselfde airsprings.
Die wat ek insit is 1T14c-3 wat totale vervangging van die coil is. Indien dit wel die geval is laat asb weet by wie jy koop.
Re: Cornelius Kotzé
Posted: 14 Aug 2009 09:35
by Pieter du Toit
Abri,
Ek vra verskoning - die wat ek ingesit het is die sak wat binne in die coil kom - wat jy eintlik insit is n air suspension - selfde soos wat mens op die Land Rovers kry. Jy gaan fisies jou kar kan opjack - myne is maar minimale lig van die voertuig - dis meer om die ride comfort en roadholding te verbeter met swaar vrag en sleep. Sorry - twee heeltemal verskillende goed!!
Groete
Re: Cornelius Kotzé
Posted: 14 Aug 2009 09:44
by Abri Hoffman
Pieter du Toit wrote:Abri,
Ek vra verskoning - die wat ek ingesit het is die sak wat binne in die coil kom - wat jy eintlik insit is n air suspension - selfde soos wat mens op die Land Rovers kry. Jy gaan fisies jou kar kan opjack - myne is maar minimale lig van die voertuig - dis meer om die ride comfort en roadholding te verbeter met swaar vrag en sleep. Sorry - twee heeltemal verskillende goed!!
Groete
Geen verskoning nodig nie. Dit is altyd goed as mede eienaars uitkyk vir 'n ou se sak welstand.

Re: Cornelius Kotzé
Posted: 14 Aug 2009 18:13
by Patrol4.8
Pieter du Toit wrote:Baie Welkom Cornelius - hoop jy geniet die forum net so baie soos ons!!!
Vragie - bly jy jou lewe lank al in Wellington en of daar skool gegaan?? Ek sien jy is 42 - selfde ouderdom as ek - het 1984 daar gematrikuleer. En jy??
Groetnis
Nee ek is sedert 1993 in Wellington, tot wanneer was jy hier?
Dankie vir verwelkoming.
Re: Cornelius Kotzé
Posted: 15 Aug 2009 10:15
by Pieter du Toit
Hi Patrol 4.8
Ok dankie - ek is 1984 uit Wellington uit na matrikulasie. Ons het daar gewoon maar my ouers het reeds in 1975 verhuis Worcester toe. Ek was in die koshuis tot 1984.
Groete - as ek reg onthou sien ons mekaar by Tierkloof 30 Aug.