Page 2 of 4
Re: ZD30 intercooler replacement
Posted: 10 Apr 2013 17:50
by Tinus lotz
Kyk mater dis soos macano sets bou man pak die goed uit soos jy dit afhaal en sit net weer so terug !!!!
Miskien moet jy eers in die manual kyk hulle verduidelik dit mos stap vir stap .......
Re: ZD30 intercooler replacement
Posted: 10 Apr 2013 20:22
by Stefan
Thanks manne,
Tinus, ek kry nie daardie afdeling in die Manual wat ek het nie. As enige iemand dit het, of kan sĂȘ op watter bladsy dit is, sal ek dit baie waardeer.
Re: ZD30 intercooler replacement
Posted: 11 Apr 2013 09:18
by Kagiso II
Stefan -- oompi dink Tinus praat van die workshop manual - nie die owners manual nie --
ek het met myne 'n groot box oopgesny, prentjie geteken, en die boute en hulle se moere op die prentskets gesit waar hulle afkom - waar ek nie seker was nie het k sommer stukkie msking tape mmi bout of moer gesit en selle nommer gegee.
En dan weer alles in "reverse" truggesit -- die 3 moere wat oorgebly het hettik weggemoer in hulle se moere in. Die een boutjie ook weggemoer

Re: ZD30 intercooler replacement
Posted: 15 Apr 2013 07:53
by Stefan
Dankie oom Mac

G'n wonder ek kon dit nie kry nie! (ek weet darm nou hoe om die kar aan te sit en die elektriese stoele te verstel)
Rondte #2.
Hier is 'n "side-by-side" prentjie van die 2 intercoolers:
Om die intercooler af te haal was toe 'n maklike joppie. 2x klampe wat die pype vashou en 4 boute wat die intercooler op sy "brackets" vasbout.
Volgende struikelblok: op die onderste bracket van die huidige intercooler is daar 'n paar koppelings en 'n metaal boksie waaruit daar 4 rubber pypies kom. 2 van die pypies is aan 'n plastiese T-koppeling vas wat regop staan. Dit druk teen die nuwe intercooler vas, so ek gaan maar eers Driko se raad vra.
Aangesien ek toe reeds my tools uit het en my overall aan het, gaan ek toe maar aan om die 'catch-can' te installeer.
Eers moes daar 'n ander komponent (??) los gemaak word sodat ek die gaatjies kon boor. (Op die foto is die boonste gaatjie reeds geboor)
Daarna is die 'catch-can' bracket vasgebout.
Die boutjies wat saam met die 'catch-can' verskaf is, was net te kort vir my vingers en die 3de keer toe dit deur die enjin val het een verdwyn. Ek gaan nou kyk of ek 'n paar M6x10mm boute kan kry wat Allen-key koppe het.
Re: ZD30 intercooler replacement
Posted: 15 Apr 2013 08:50
by Bruin Beer
Stefan,
Lyk omtrent of jy besig is om 'n replacement manual te skryf aan die hand van die mooi klom fotos.
Met betrekking tot die eerst foto (Old langs die nuwe) hoop ek die battery pool waarop daardie mooi nuwe intercooler le was bedek met iets want as daardie fancy stuk aluminium aab dardie pool raak en enige grond punt soos op die enjin gaan jy 'n supper flow intercooler he.
Hy gaan 'n paar ongevraagte gate by het wat selfs Pratly dalk nie sal kan stop nie.
Wees uiters versigtig om daardie power pack.
Haal hom liewer uit as jy daar rond werk.
Dit kan 'n lelike tydbom word.
Sterkte met die projek.
Bruin Beer
Re: ZD30 intercooler replacement
Posted: 15 Apr 2013 11:54
by davidvdm
Dammit, ek sien nou net hoe klein die oorspronklike IC is op daai 3.0. Ek het so een gehad, maar gedink hy gaan te klein wees vir my 2.7, toe skenk ek hom aan iemand. Ek moes hom maar eerder net ingesit het en kyk wat hy ou doen.
Re: ZD30 intercooler replacement
Posted: 15 Apr 2013 12:29
by Stefan
Thanks Bruin Beer, probeer dit bietjie makliker maak vir die volgende persoon ;)
Daar is 'n plastiek cover op die posetiewe pool, maar jy is reg - ek sal meer voorsorg tref.
David, jy kon myne gekry het, maar hy is CAT5.
Re: ZD30 intercooler replacement
Posted: 16 Apr 2013 15:04
by Stefan
ok, vinnige update.
Driko gaan vir my fotos stuur van hoe hy die bracket met die solenoid op verander het.
Ek toe lunchtyd gou Besco toe gegaan vir 'n paar benodighede, (Dit is nou my gunsteling hardeware winkel!)
M6x10mm allen-key boute om die catch-can mee vas te sit. (10mm is amper te lank, maar pas perfek met 'n washer op) Die Allen-key kop sal my ook hopelik ook toelaat om die bout met 'n Allen-key vas te hou en te draai sonder dat die ding in die duisternis van die enjin-ruim verdwyn.
Het ook my Match Trading 'n draai gaan gooi om die 1/8 NPT Tap te koop vir die boost sensor. Daar is blykbaar 2 standaarde om skroefdraad te sny, NPT het 'n dieper groef. Moes ook 'n 8.5mm boorpunt koop vir sy gat.
Ek hoop die tap hou, dis darm 'n hele paar roebels vir so 'n stukkie yster!
Re: ZD30 intercooler replacement
Posted: 16 Apr 2013 15:18
by Tinus lotz
wanneer ga jy die inlet afhaal ????die naweek ?

Re: ZD30 intercooler replacement
Posted: 16 Apr 2013 15:26
by Stefan
Nog nie, ek wil eers al die brackets klaar maak.