Page 2 of 3
Re: GQ Fuelpump
Posted: 04 Dec 2012 12:01
by offroadbiker
Jules wrote:wanneer ek Masai Mara en Serengeti toe gaan.
En dit is wanneer? en is ek ook genooi?

Re: GQ Fuelpump
Posted: 04 Dec 2012 12:09
by Jules
Die jaar 2062 dan is ek 100jr oud en my Patrol is net mooi ingeloop

, ek dink dit sal eers by aftrede wees want ek kry nie langverlof nie
Shalom
Re: GQ Fuelpump
Posted: 04 Dec 2012 12:14
by offroadbiker
Ag nee man ek wil 2014/15 so trip doen, tenminste 6 weke of meer, maar sal moet ernstig spaar so ek het nou maar so maandeliks begin wegsit vir die een.
Re: GQ Fuelpump
Posted: 04 Dec 2012 22:34
by Jorrie
Peter Connan wrote:Staan vas Jorrie!
Die GQ's het 'n outydse meganise petrolpomp, gladnie dieselfde wat jou lorrie in het nie.
Piet
Ek verstaan die pompe is nie dieselfde nie, maar ek moet begin soek vir 'n pomp vir my trollie want die drukking is te laag. Ek soek net idees waar ek kan kyk. Sover lyk dit asof dit die beste is om terug na Nissan toe te gaan tensy iemand 'n beter idee het. Betroubaarheid is vir my belangrik.
Graham C sal die job vir my doen, maar ek moet net eers die pomp in die hande kry (en my laaistelsel uithaal).
Groetnis

Re: GQ Fuelpump
Posted: 05 Dec 2012 07:05
by Herrie
Twee Nissan agente het vir my gesĂȘ dat ek 'n pomp by Midas of Autozone kan kry vir my Patrol toe ek die pomp probleem op ons Botswana Uitreik gehad het.
Re: GQ Fuelpump
Posted: 05 Dec 2012 07:25
by Jorrie
Dankie Kobus, ek sal gaan kyk.
Re: GQ Fuelpump
Posted: 05 Dec 2012 09:00
by Marino4x4
Hi
Hier onder is die 4.5 se pomp en petroltenk assembly wat van Nissan se stelsel kom.

- Pomp ass.jpg (227.06 KiB) Viewed 1547 times
Die kwotasie wat ek van Nissan gekry het was R3220.24 ex.vat vir die hele eenheid (17040). Die Petrol pomp aleen kos R3578.02 ex vat (17042)(Nissan wiskunde op sy beste!!!) Sal aanbeveel om eder n spares shop te oorweeg.
Die kwotasie wat ek van n workshop hier in Bloem gekry het was R3500 ex vat om tenk skoon te maak, pomp te vervang en te Dyno.
Ek kon die pomp vervang vir R450. Het die Dyno gister gedoen (R520), 144kW.

Kan nie nou die wringkrag (Torque) onthou nie. Het die tenk so ruk terug sommer self afgehaal en skoon gemaak. Was verbaas om tesien hoe vuil die tenk was.
Groete
Re: GQ Fuelpump
Posted: 05 Dec 2012 10:46
by Jorrie
Marinus
Baie dankie. Ek gaan dieselfde paadjie loop wat jy geloop het.
Groete
Jorrie

Re: GQ Fuelpump
Posted: 05 Dec 2012 18:39
by Jorrie
Marinus
Waar het jy die pomp gekry.
Interresant genoeg ek het vandag drie kwotasies by drie verskillende Nissan Handelaars gekry soos volg:
1. R4500
2. R3500
3. R 2850
Soveel so vir Nissan se konfigurasie beheer.
Ek het ook vandag 'n paar Midas-takke gebel, en nie een van hulle kon my help met 'n pomp vir 4.5 Patrol nie. Een van hulle kon vir my 'n pomp vir 'n 4.8 Patrol aanbied. Ek weet egter nie of die 4.8 pomp in 'n 4.5 Patrol sal werk nie. Kan iemand raad gee?
Re: GQ Fuelpump
Posted: 05 Dec 2012 20:35
by Jorrie
Herrie wrote:Twee Nissan agente het vir my gesĂȘ dat ek 'n pomp by Midas of Autozone kan kry vir my Patrol toe ek die pomp probleem op ons Botswana Uitreik gehad het.
Kobus
Kan jy help met watter AutoZone of Midas? Die wat ek tot dusver gebel het hou nie die pompe aan nie en was nie baie hulpvaardig nie. Die beste prys (R2850) sover was by Nissan in Silverton.
Groete
Jorrie