Page 2 of 2
Re: Speel innie Duine te Richardsbaai
Posted: 28 Sep 2012 10:41
by Jules
Dave , I think they are better off, no more black stuff that is dreadful to you as person,clothing or vehicles
Shalom
Re: Speel innie Duine te Richardsbaai
Posted: 28 Sep 2012 12:55
by davejones
i was referring to the fact that natural habitats get destroyed... it's one of those forever contentious issues (like karoo fracking)... at what point should progress be stopped?
Re: Speel innie Duine te Richardsbaai
Posted: 07 Dec 2012 16:49
by Kieries
Hallo Jules
Jou post bring baie mooi memories terug. Ek was apteker (jong man!) by Richardsbaai apteek gedurende die middel tagtiger jare. Toe was die strande oop en daar was nie die fancy 4x4 van vandag nie. Die voertuie was ou VW baja bug's, Mazda 1600 bakkies wat die ouens convert het ens. Jy het die eienaardigste gedoentes gesien wat die ouens gebou het. Ons het kilometers teen die strand opgery na "lighthouse" en naweke gekamp , gevis en geduik. Nou is hierdie pragtige ongerepte natuur taboe vir almal maar darem kan die see skilpaaie rustig hulle eiers le.
Groete
Kieries
Re: Speel innie Duine te Richardsbaai
Posted: 07 Dec 2012 23:32
by Jules
Hi Eugene
Het jy by Bessie gewerk of by Martin Lombard, ja dit was great tye, wat egter nog beter was was die 70's toe was ons erg min mense hier veral die vroee 70's as daar n party was was die hele dorp sommer daar dink ons was so 15 families, daardie dae het die hele familie sommer vir die naweek op die strand gaan kamp, geen diefstal jou familie en voertuig was veilig en die vis langs die kus baie.
Shalom
Re: Speel innie Duine te Richardsbaai
Posted: 10 Dec 2012 14:59
by Kieries
Hallo Jules
Ek het begin by Maartin vir 'n kort tydjie. My eerste werk na varsity en het toe by Bessie gewerk vir so jaar of wat. Net na ons weg is uit R/baai het die diestal erg toegeneem . Die ouens het toe groot honde en hulle eie sekuriteit saamgeneem om alles op te pas wanneer hulle slaap of gaan visvang.
Ons het natuurlik baie naweke ook gekamp op Mapelane wat soos jy seker weet 'n paradys is. St Lucia en Cape Vidal was ook gereelde kuierplekke.
Groete
Eugene