Page 2 of 2

Re: Will you try this ?

Posted: 17 Sep 2012 11:56
by Stefaansie
Mar gaan ons dit dan nie doen by Gerotec nie :think:

Re: Will you try this ?

Posted: 17 Sep 2012 13:22
by Tinus lotz
Ons patrollies se wiele is wyer as daai landy sin..........as daai n klip was sommer in reverse :rolling:

Re: Will you try this ?

Posted: 17 Sep 2012 17:42
by jan.dup
Soos ek dit sien kan die drywer weens die helling glad nie die "tracks" sien nie - so dis 'n blind ry en daai spoortjies is flippen nou ? - en 'n direkte val :helpsign: sal 'n knak smaak in jou mond laat as jy onner is en jou lorrie op sy dak, :naughty: - sal nie lekker wees nie :thumbdown:

Ek sit tussen 2 vure - dan dink ek nee nooit, en dan dink ek maybe is dit nie so erg as wat dit lyk nie :confused: Kom ek stel dit so - as dit 'n "stealer" lorrie is wat hulle wil afshow sal ek dit doen :rolling: - want dan worry ek mos nie meer oor onderstebo le nie :rolling: :rolling: :rolling: :rolling:

Louis jou punt van "My grootste kommer sal wees oor wie die stelasie gebou het!!!" - Sooooo true !!

Weet nog steeds nie ...........

Re: Will you try this ?

Posted: 17 Sep 2012 18:32
by Kagiso II
gaan kyk hier op Gerhard se kiekies -- die 6e foto -- daar loop Patrrol teen dieselle hoek klipplaat uit:
http://patrol4x4.co.za/viewtopic.php?f=65&t=3097

Re: Will you try this ?

Posted: 17 Sep 2012 19:50
by jan.dup
Oom Mac, op die klipplaat soos daai as hy sentimeter diekant of daaikant toe ry gaan dit nie 'n verskil maak nie en hy gaan nie "af val en summier omdop" soos in die clip nie - op die klipplaat sal 'n ou genoeg tyd en ruimte he om hom weer terug te bring as hy effe skeef gaan (nie so op die spoortjies nie -error and man down) - die spoortjies van daai clip is maar net net band wydte. In daai klipplaat omgewing is dit nie net 2 dun spoortjies in die lug nie en sien jy die baie wyer terrein voor die tyd en jy kan wel blindelings op gevoel ry - veral as dit 'n min of meer gelyke "wye" oppervlak is. Dit bly nog steeds 'n hengse uitdaging maar dit sal 'n ou baie eerder aanpak - in elk geval ek sal dit met my eie lorrie definief 'n go gee :woo: :woo: :woo: . Die "stealers" kan maar hulle lorries vi die een hou :lol: :lol:

Vat nou daai selfde klipplaat en sny die rots uit sodat die nou rots spore alleen so hoog uitstaan soos die hindernis in die video en dit is tog sekerlik 'n totale ander ballgame :biggrin: Dit gaan nie hier soseer oor die hoek nie - eerder oor die kombinasie van hoek en spoor wydte/hoogte kombinasie.

Re: Will you try this ?

Posted: 17 Sep 2012 21:11
by Kagiso II
Is so effe waar wat jy se Jan -- maar lyk vir my daai ramp en brug het so effe walletjies aan die kante wat sal keer dat jy eenkant toe neu ..agge ... duiwel. Die spoor waar die Landy op ry is amper soos kombuisrasper se metaal -- lekker skurrrrrfffff

Maar WAT van die omie wat daar onner sit en braai en nie opkyk nie??? [hy lyk hoeka vi my na daai ARRIES oukie? [pens en al ]