Re: 1995 Accesories - help needed
Posted: 01 Aug 2012 14:22
Dagsê Offroadbiker,
Klink my dis amper tyd dat jy jou naam verander na iets in die lyn van 4 wiele :)
Hierdie is maar 'n fyn balans en sekerlik 'n persoonlike kwessie. ek self moes al baie male berus en tevrede wees met wat ek kan bekostig.
Rakende die kilos akkordeer ek met Peter, maar onthou ouderdom speel ook 'n rol, selfs LC rubbers en pype raak moeg na 'n tyd, en na 15 jaar is die ouderdom 'n groter faktor as myle en dis waar Peter 150% reg is.
Rakende snorkels, buffers etc, ek het 'n ARB buffer en al waar dit al tot voordeel was is toe ek 'n plek gesoek het om my bier neer te sit en een keer toe ek in 'n sjinese bakkie vasgery het. dit het my approach angle net verswak. die standaard buffers is redelik taai en goed uit die pad uit.
Die suspensie is 'n bonus, mits jy die ding vir rowwe werk gaan gebruik.
Verder moet mens maar kyk watter praktiese nut jy gaan kry uit bybehore en of dit noodsaaklik is. Ek sou in retrospek veel eerder 'n groter bradstoftenk as 'n buffer gekoop het.
Dakrak, is gerieflik maar skep ook die moontlikheid om te oorlaai met goed wat onnodig is. As jy nie plek het nie dink jy twee keer oor wat jy inpak.
My mond het al baie gewater vir al die bybehore en toebehore, maar ek het sonder die bybehore al op rowwe plekke gery en met vakansie gegaan na onvergeetlike plekke, wat ek nie sou kon doen as ek die geld op goed spandeer het nie. Somtyds verkyk ek my aan alles wat die mense saamneem en hoe swaar hulle die voetuie laai, en hoeveel nut hulle werklik daaruit put. Veral wanneer mense in konvooi toer, dupliseer hulle toerusting tussen die voertuie wat geheel en al onnodig is, check met jou pêl wat hy als het en saamvat. As jy erg tegniese en moeilike roetes doen maak dit 'n groot veskil indien jou voertuig ligter is. Daktente het byvoorbeeld het groot voordele wat gerief en tot 'n mate veiligheid aanbetref (nare dierasies kom jou moeiliker by), maar 'n gewone tent is klenier en ligter om in te pak, jou massamiddelpunt bly nader aan die grond en jy kan nog steeds met vakansie gaan. Daktente is 'n probleem in bosareas, behalwe as jou tent "geblik" is in 'n steweige kas/krat. So het alles maar 'n + en 'n -, egter die belangrikste bestandeel bly jou Patrol, so spandeer jou geld die effektiefste op daardie aspek.
Maak seker jy het 'n graaf, domkrag, sleep, toolbox en spaarwiel en die res kan mens maar so met die tyd uitsorteer, na elke trip sal jy ook agterkom wat vir jou belangrik is en wat jy benodig.
Geniet jou besluite!