Page 2 of 4

Re: 2007 Nissan Patrol 4.8 GRX

Posted: 16 Apr 2012 16:22
by NISMOnator
Ok, we may have figured out why the antenna will not go up or down. I don't know how the original antenna looks, but I am convinced that this is a replacement antenna that screws in and out and is flexible for offroading which makes my antenna button redundent? See pics below and just confirm please?

Re: 2007 Nissan Patrol 4.8 GRX

Posted: 16 Apr 2012 17:26
by Tinus lotz
yes not the ome one :salute:

Re: 2007 Nissan Patrol 4.8 GRX

Posted: 16 Apr 2012 17:38
by Grootseun
Correct thats not the electronic telescopic one , see the pic thats more what it needs to look like

Re: 2007 Nissan Patrol 4.8 GRX

Posted: 16 Apr 2012 18:44
by NISMOnator
Guys,

So as daardie doef klank we'll die propshafts is dit a groot storie? Is die voertuig dan beskadig?

Re: 2007 Nissan Patrol 4.8 GRX

Posted: 16 Apr 2012 18:53
by Grootseun
As die doef op die propshafts is en nie in die diff of ratkas nie sal dit meer waarskynlik universals of slip yokes wees , universals behoort nei die bank te breek nei maar sal wel aanbeveel as jy dit laat doen dat jy ook dan die prop laat balanseer , as die slip yokes wear op het is eina al wat ek kan se , daai goed is duur

Re: 2007 Nissan Patrol 4.8 GRX

Posted: 16 Apr 2012 20:44
by ChristoSlang
Ek sien nou eers hier's iets oor die roof console en sy "ambient air temperature sensor" (sommer AATS van nou af). Nou kan ek ook comment, want ek weet nogal wat met daai ding aangaan! :biggrin:

Die "---" display gebeur wanneer die AATS stukkend/AWOL is, of wanneer daar 'n short/open circuit in die bedrading tussen die console en die AATS is, of wanneer dit kouer as -30 C is, of warmer as +70 C is. Die AATS lyk so, en sit voor in die middel van die aircon se condensor, net onder die bonnet release knip (volgens die manual - my kar het booit een gehad nie):
ambient air temperature sensor
ambient air temperature sensor
Patrol thermistor.jpg (26.95 KiB) Viewed 2457 times
Die ding kos ongelukkig aan die verkeerde kant van R700 by die agente, en omdat hy voor aan die kar sit kom meeste van hulle nooit in 'n scrapyard uit nie :rolleyes:

Daar's darem 'n goedkoper manier - koop 'n "2 kilo-Ohm negative temperature co-efficient thermistor" by 'n winkel wat elektronika smous en betaal in die omgewing can R5 daarvoor. As jy vra vir "2k NTC thermistor" gaan julle dink jy's nogal op die ball en jou dalk nog afslag ook gee. Hulle lyk so iets:
thermistor
thermistor
Thermistor.jpg (29 KiB) Viewed 2457 times
Soldeer 'n langer stuk draad aan sy beentjies vas, isoleer die bene mooi en sit die hele gedoente binne in heat shrink tubing om dit teen klippies, goggas, ens. te beskerm. Konnekteer hom in die plek van jou AATS, en siedaar - 'n werkende temperatuurlesing :thumbup:

As jy 'n 2k Ohm weerstand het (so 20 sent se dingetjie) kan jy hom intussen in die plek van jou AATS koppel om mee te toets - as die display dan 25 C lees, weet jy die AATS is moeg. As die display steeds "---" lees, is daar fout met die bedrading.

Laat weet as jy meer info soek, ek vermoed selfs ek het 'n spaar thermistor ook wat iewers rondlĂȘ as jy sukkel om een te kry...

Re: 2007 Nissan Patrol 4.8 GRX

Posted: 16 Apr 2012 21:42
by Grootseun
Nice Christo , is lekker as iemand my taal praat hier op die forum

Re: 2007 Nissan Patrol 4.8 GRX

Posted: 17 Apr 2012 07:53
by NISMOnator
Baie dankie vir julle hulp weereens, daardie thirmistor is interesant, het nog nie so iets aangepak nie maar sal goed wees om dit te leer. Ek is nogal uitgestress oor die probleem wat ek het met die briek en die klank en tipe van a jerk.

Hoop rerig dit is iets kleins. Ek sien more oggend vir Mnr Cummings. Hopelik sal hy lig skyn op die subject en nie meer donkerte nie!

Wil my Patrollie een honderd persent he. Plek waar ek gekoop het sal maar net moet fix en klaar. Maar dit is a ver end op te trek.

Enige ander info gooi op. Goed om so te leer.

Enige plek waar ek accesories kan koop vir die Patrollie?

Re: 2007 Nissan Patrol 4.8 GRX

Posted: 17 Apr 2012 08:35
by ChristoSlang
Grootseun wrote:Nice Christo , is lekker as iemand my taal praat hier op die forum
He-he-he... ek's maar 'n nerd, niks wat ek daaraan kan doen nie! :lol:

Re: 2007 Nissan Patrol 4.8 GRX

Posted: 17 Apr 2012 21:44
by Grootseun
Wel Christo dan is ek seker maar n groot NERD :rolling: