WINDPOMPFEES 4X4 SAFARI
1. Agtergrond
2. 2011 4x4 Safari
3. 2012 4X4 Safari
4. Kostes
5. Aansoek- en Inskrywings-vorm
1. AGTERGROND
Die Naboomspruit Windpompfees het in 2008 ontstaan as ‘n Eco-Toerisme fees en groei jaarliks van krag tot krag. Die fees word aangebied deur Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool as ‘n fondsinsamelingsprojek, maar baat verskeie liefdadigheidsorganisasies jaarliks finansieel by die projek, onder andere die Magrietjie Kankerhulpgroep, Sonstraal Skool vir kinders met spesiale behoeftes en die Abraham Kriel Kinderhuis.
2. 2011 4X4 SAFARI
In 2011 is die 4x4 Safari toegevoeg tot die Naboomspruit Windpompfees. Die unieke aard van ‘n 2 dae roete is dat eiendomme in die skouspelagtige Waterberge oorkruis is, waartoe die algemene publiek nie normaalweg toegang het nie. Danksy die goedgunstige samewerking van verskeie boere en borgskappe van televisie persoonlikhede soos André De Villiers Safari Centre, het die eerste 4x4 Safari suksesvol afgeloop.
Die doelstellings van die organiseerders van die 4x4 Safari, was om weg te breek van die kompetisie-gebaseerde formaat en om meer te fokus op die gebruik van ‘n 4x4 voertuig terwyl die familie die asemrowende natuurskoon geniet en weer vir ‘n slag saam met die familie te kan lag en geniet.
Tussen die vermaak in die vorm van versperrings wat deur borge op die roete aangebring is, het die moddergate, steil afdraandes en leeukamp van Entabeni gesorg dat daar genoeg aksiefoto’s geneem kon word deur deelnemers vir die foto kompetisie, waaraan almal kon deelneem.
Die afsluiting van die 4x4 Safari by ‘n spesiaal-geboude moddergat hindernis op die Feesterrein het as fokuspunt vir toeskouers gedien. Die paviljoene was styf gepak terwyl die onderskeie voertuie teen mekaar kompeteer het om as “King of the Hill” met ‘n spesiale prys weg te ry.
TEN SPYTE VAN DIE MINDER KOMPETERENDE FORMAAT, IS PRYSE TER WAARDE VAN R 80,000.00 SE PRYSE AAN DEELNEMERS OORHANDIG.
3. 2012 4X4 SAFARI
Vanaf 27 April 2012 tot 28ste April 2012 word die 4x4 Safari weer aangebied.
2 Nuwe roetes is tans in beplanning met meer hindernisse op korter afstande.
Die roetes sal van so aard wees dat beide hardebaard 4x4 bestuurders, asook minder gevorderde 4x4 bestuurders, die roetes kan onderneem. Die keuse van moeilikheidsgraad van sekere hindernisse sal aan die bestuurders oorgelaat word deur middel van ompaaie en deurpaaie na hindernisse.
Die organiseerders beplan ook ‘n verrassing by die Feesterrein as finale afsluiting van die 4x4 Safari, maar sal deelnemers geduldig moet wag tot dan om uit te vind wat dit gaan wees.
Ons is dankbaar om aan te kondig dat André de Villiers, Safari Centre en Control Instruments (Warn Winches) reeds aan boord is as borge vir 2012 .
4. KOSTES
Vanweë die aanvraag, sal die kostes hierdie jaar slegs R 900.00 per voertuig (maksimum 4 persone) bedra, wat insluit die toegang tot die roetes, ‘n peuselpakkie, 2 kaartjies vir die prysuitdeling te die Windpompfees op 28 April 2012, ‘n 4x4 Safari inligtingsgids, gereserveerde 4x4 parkering op die feesterrein en toegang tot die verrassing as afsluiting by die feesterrein.
5. AANSOEK- EN INSKRYWINGS-VORMS
Die aansoekvorms is reeds vanaf 13 November 2011 beskikbaar op ons webwerf
http://www.windpompfees.co.za onder die hoof “DOKUMENTE”
Inskrywings kan:
• per e pos aangestuur word
4x4entries@windpompfees.co.za
• gefaks word na 086 720 1523
• verkry word deur ons te skakel op:
o 082 771 1402.
o 014 743 3813 (kantoor ure)
o 014 743 3061 (kantoor ure)
o 014 743 2174 (kantoor ure)
SLEGS 150 INSKRYWINGS KAN AANVAAR WORD, so oefen solank u kruiwa stoot, bokdrol spoeg en vorentoe ploeg.
Ons sien uit om julle op 27/4/2012 te ontvang.