Page 2 of 2

Re: Mac (Kagiso II)

Posted: 27 Jun 2009 09:46
by Kagiso II
Hallloooooooo ammal - oompie is trug uiddi Fraaiste Mooiste Natste Koudste Sneebedekteberge Kaap uit meddi Rooi Paptrollie.
Hy ry BAIE lekker en ekl weet nie waaaaaar kommi mense daaraan dat hy 'underpowered' is nie [dis nou die 3,0 Tdi GRX Outomaties ... ek is erg tevrede met sy krag - waar ek saam met Golfe en Tjottas en Sentrta's ens bv by 'n trok verbygaan moet ek voet lig om nie in die jafel voor my se g^t op te ry nie... teen bulte [opdraandes Herrie, opdraandes] raak die ander verkeer verrr agter soos hulle spoed tertugval .. selfs hier bo in Gatteng.
So - die Kapy is nou 'n Tronswoller [maar Oubaas BLY 'n Kapy ... not negotiable :thumbup: ]

:oldtimer:

Re: Mac (Kagiso II)

Posted: 29 Jun 2009 08:02
by Herrie
Baie geluk Mac! :clap:

Re: Mac (Kagiso II)

Posted: 30 Jun 2009 02:53
by Aussieboertjie
Welkom MAC!

Re: Mac (Kagiso II)

Posted: 14 Jul 2009 19:19
by G-MAN
Bietjie laat.. :thumbup:

Re: Mac (Kagiso II)

Posted: 19 Jul 2009 11:16
by Kagiso II
Dankie manne / Thanx guys.
Daai rooikar het nou nog nie 'n kompleet naam nie [maar darem ook - ik sit in Lagos en hy staan en loaf in Pretoria]
Maar netnou skiet "RooiRam" so in die kop ... en die ander ene is natuur "Rooi-Os" [Roijos][RoodeOs] ...
Ook Pumbaa / Khlobe / VARK ... maar bygelowig of te not - kar van my moet maar 'n naam he ... dan kyk mens beter na hulle [of hoe Herrie??? :wink: ]

Re: Mac (Kagiso II)

Posted: 20 Jul 2009 13:18
by Theuhan
Lekker om oom hier te sien

Re: Mac (Kagiso II)

Posted: 26 Jul 2009 18:10
by Kagiso II
Daar's hy nou ..genoeg ge 'tob' en getoggle en ge heen-en-weer ... Daai Rooi Patrol het nou sy naam ... manne [en maninne] se hallo vir AGAROB :oldtimer: met outoppie agter die stuur en Christus in beheer en ons 'main course' is UITREIKE ...

Re: Mac (Kagiso II)

Posted: 28 Jul 2009 08:37
by KOOS BEST
Mooi Oom Mac, maar elke naam het n storie daar agter, so wats Agarob s'n?
Koos
ns. ons brand om te weet!

Re: Mac (Kagiso II)

Posted: 28 Jul 2009 14:30
by Kagiso II
Hi daar Beste Koos [pun ?? waar ??] :rolleyes:
Manne - AGAROB wat ek ken is 'n Boesman van Deben se wereld - maar die AGAROB wat my liefde vir die Boesman aangewakker het is die Agarob in Jan.J. van der Post se boek "Agarob, kind van die duine" [Google ook bikki Agarob ... ] maar as jy daai boek nognie gelees het nie - kry hom by die Bib en lees hom.
Dan v'staan ons.
(Dwergie is nie heppi met Agarob nie - sy dring aan op 'n "herdoop". Dan word hy plein "Ben" [Hollans vir is ... :helpsign: ]