Page 2 of 4

Re: Gearbox Oil change

Posted: 30 Aug 2012 06:46
by offroadbiker
In die GQ, kon ek voel die ratte krap so bietjie, vorige eienaar "In ratkas het ek volle sintetiese olie BOT130", enige ander rede waarom ratte sal krap, veral 5de?

Tx

Re: Gearbox Oil change

Posted: 31 Aug 2012 09:04
by Gerrit Loubser
Ek sou voorstel dat jy die kondisie van die ratkasolie ondersoek.

Ek het onlangs 'n teleurstellende ondervinding met die BOT130M in my ratkas gehad: Aanvanklik het die olie 'n fenomenale verbetering in die gladheid van ratruilings tot gevolg gehad, maar nadat die olie so ongeveer 30000 km in die ratkas was, het die ratte skielik begin krap, veral as die ratkas warm is. Ek het toe die olie vervang en dit wat daaruitgekom het, was gladnie mooi skoon rooi olie nie, maar eerder 'n gemors wat amper donkergroen was. Ek het 'n oliemonstertjie in 'n bottel gehou en na 'n hele paar weke het daar iets uitgesak, maar ek kan dit nie identifiseer nie (miskien moet ek die monster na Wearcheck stuur, as dit nie reeds te laat is nie). Ek het nog nooit olie gesien wat so eienaardig lyk nie, veral nie ratkasolie na slegs 30000 km nie. Al wat ek kan dink is dat die bymiddels in die olie dalk gereageer het met die oorblyfsels van ou olie in die ratkas (miskien het die vorige eienaar geglo in "slangolie").

Nadat ek die ratkasolie vervang het met gewone natuurlike olie (nie sinteties nie) is die ratte weer glad en alles werk goed.

Re: Gearbox Oil change

Posted: 31 Aug 2012 09:27
by offroadbiker
Dis my probleem, met toetsrit nie gekrap, maar toe lang pad vat toe begin dit, ook eers as warm is......

Sal maar vervang, wat se olie het jy mee vervang?

Re: Gearbox Oil change

Posted: 31 Aug 2012 09:41
by Traveler
Onthou dat sinteties olies is ontwerp om onder baie hoe druk te werk. As die ratkas (applikasie) nie genoeg druk het nie, dan kan die olie nie sy werk doen nie, en jy kry nie voldoende smering nie.

Re: Gearbox Oil change

Posted: 31 Aug 2012 10:13
by Jules
Gerrit dit is die warm son hier in Zoeloeland wat jou GROEN lorrie se verfbolagie afskroei en dit dan kanaliseer na die ratkasolie opgaar tenk QQQ , my GQ is ook due vir n olie verandering sal dit doen wanneer ons terugkom van die Eshowe 4x4 trippie die 15de :woo:

Shalom

Re: Gearbox Oil change

Posted: 01 Sep 2012 09:38
by Gerrit Loubser
Traveler wrote:Onthou dat sinteties olies is ontwerp om onder baie hoe druk te werk. As die ratkas (applikasie) nie genoeg druk het nie, dan kan die olie nie sy werk doen nie, en jy kry nie voldoende smering nie.
Nee, ek stem nie saam nie. 'n Sintetiese olie van dieselfde graad as 'n spesifieke mineraalolie is ontwerp om in presies dieselfde meganiese omgewing te werk.

Olies bestaan uit molekules in die vorm van kool-waterstofkettings. Sintetiese olies bestaan uit molekules wat sinteties vervaardig is en dit lei daartoe dat die molekuleskettings baie eenvormig is, baie meer eenvormig as in die geval van mineraalolies. Die eenvormigheid van die molekulekettings lei tot sekere voordele vir die sintetiese olies, soos:
* Beter viskositeit teen baie hoë of lae temperature (dus beter smering in hierdie toestande en minder sleepweerstand in koue masjinerie)
* Beter weerstand teen oksidasie en termiese beskadiging
* Beter weerstand teen meganiese degradering (bv. a.g.v. skuifvervorming onder hoë druk)
* Beter weerstand teen asvorming teen baie hoë temperature
* Minder volumeverlies weens verdamping

'n Sintetiese olie behoort dus dieselfde werk te kan doen as 'n mineraalolie. Die olie het nie spesifieke moelike omstandigehede nodig om te begin werk nie.

Re: Gearbox Oil change

Posted: 01 Sep 2012 09:39
by Gerrit Loubser
Jules wrote:Gerrit dit is die warm son hier in Zoeloeland wat jou GROEN lorrie se verfbolagie afskroei en dit dan kanaliseer na die ratkasolie opgaar tenk QQQ , my GQ is ook due vir n olie verandering sal dit doen wanneer ons terugkom van die Eshowe 4x4 trippie die 15de :woo:

Shalom
:rolling:

Onthou, jou Patrollie is ook groen nê. Wees maar versigtig wat jy ingooi :lol: .

Re: Gearbox Oil change

Posted: 01 Sep 2012 09:44
by Gerrit Loubser
offroadbiker wrote:Dis my probleem, met toetsrit nie gekrap, maar toe lang pad vat toe begin dit, ook eers as warm is......

Sal maar vervang, wat se olie het jy mee vervang?
Ek het sommer normale ratkasolie in nou (nie sinteties nie). Die handboek sê mens moet in die Y60-ratkas API GL-4-olie gebruik met 'n viskositeit van SAE 75W-90.

Re: Gearbox Oil change

Posted: 05 Jul 2021 19:03
by SJC
R40 per 500ml - indy oil.
R186 per 1l - castrol transmax
Both 75w90 gl4

Think the castrol must be the better option?

Re: Gearbox Oil change

Posted: 11 Jul 2021 10:48
by SJC
ricster wrote: 29 Aug 2012 16:59 I did mine a few weeks back with EP 90. What a difference !! If for preservation of the g/box.... then anytime is a good time to do a change!!
Is EP90 not diff oil?