Hello Saltman,
Nee te veel geld is beslis die verkeerde term - eerder gat krappigheid!!!

Gelukkig is ek en my bank bestuurder op goeie voet.....vir nou

En ja ek finansier darem ook minder as die helfte van die koop prys - dit help baie
Bespeur ek so tikkie sarkasme hier by jou post met die gewig en sinkplaatpad verwysing........
Ek het verneem dat Jurgens glo die tarre gewig hoer aangee as wat dit werklik is.....en blykbaar sluit dit ook n vol watertenk in. Of dit waar is sal ek nie weet nie maar ek is van plan om die karavaan op n skaal te kry en self te sien wat weeg dit leeg en ook gepak.....dan sal ek objektief daaroor kan rapporteer. Owergeset synde - as ek dink aan my Des 2010 overlanding trip kan ek nou al vir jou se dat die trailer gelaai net so swaar is soos wat die karavaan is of gaan wees....en dis feitlik. Daar's ook n paar goed wat ek nou nie meer hoef saam te ry nie wat reeds in die karavaan is - soos bv:
ekstra 3mx3m dome tent vir seuns (karavaan het 2 dubbel beddens en n vol tent), 2 x stretchers vr seuns, Geyser met stort tent - van die swaarste goed om mee maar te begin.
Daar is ander aspekte soos approach en departure angles wat seker n invloed het......maar mens kan ook nie jou brood altyd beide kante gebotter wil he nie. Standaard is die karavaan se grondvryhoogte 307mm met 15" wiele op - ek gaan kyk of ek dit kan verander na die 16" patrol mags wat ek ook op die trailer gehad het. Dit sal ook bietjie help.
Verder sal tyd en praktiese gebruik my leer of dit die regte move was - en dan sal ek maar met my besluit moet saam leef. Toe ons die "pro's en con's" lysie gemaak het vir ons familie omstandighede het die karavaan die oorhand gekry in baie opsigte maar daar was negatiewe aspekte ook.
So now only time will tell whether we were truthful to ourselves.

Gee my tyd om die karavaan so 2 - 3 te gebruik en ek sal jou my eerlike objektiewe opinie gee tussen die 2.
Groete