Page 2 of 3
Re: Viscous Fan
Posted: 13 Mar 2011 09:36
by tour de frans
Hallo,Daai paltgesuigde pyp is nie net die pyp nie.Dit is n blokasie iewers.Of die core is geblok,of die thermostat maak nie reg oop nie.Die pyp trek plat omdat die water sukkel om te vloei.Wanneer doen hy dit.Koud of al op werking temp,of altyd?
Groete
Frans
Re: Viscous Fan
Posted: 13 Mar 2011 22:46
by Maniac
Frans,
Ek sal more oggend kyk as ek hom koud aansit.
Ek het die radiator se drainplug uitgedraai, en die water loop vrylik deur van bo na onder (i.e. hosepipe bo in, drein onder).
Moet bysit, ek het 'n "coil" van draad omgedraai (kom vannie plaas..

) om die pyp te versterk, en hy bly nou rond, maar die fan storie is nog steeds daar.
Sal maar plan maak om hom iewers te neem vir bietjie TLC, net jammer almal wat aan mens se goed werk jaag altyd een of ander bollie aan.
Miskien my bad luck, maar daar is altyd iets anders fout as ek 'n kar terugkry van 'n service provider.
Re: Viscous Fan
Posted: 14 Mar 2011 07:28
by JG Shields
Die fout begin sigbaar raak....en dis 'n eenvoudige een net soos voorspel was. Iewers in daai man se are het die cholersterol aangepak en die bloed vloei nie meer lekker nie. Wat ook begin duidelik raak is dar die waterpomp nog reg is....anders sal die pyp nie toe suig nie. Soek die blokkasie, hy's iewers in die sisteem.
Re: Viscous Fan
Posted: 14 Mar 2011 21:35
by Maniac
Ek kan getuig dat die pyp nie toesuig as die kar koud is nie, wat seker te verstane is as die thermostat reg werk? Sal maar die naweek van 'n kant af begin oopmaak.
Is amper lus en sit sommer die Chevy in my workshop daar voor in, aangesie hy staan en niksdoen nie

Het net nie nou die tyd vir sulke dinge nie.
Kan iemand 'n betroubare werkswinkel / persoon aanbeveel om die werkie aan te pak. Ek sien klaar as ek dit self gaan begin gaan die enjin dit nie maak tot weer terug in die kar nie?
Re: Viscous Fan
Posted: 15 Mar 2011 00:15
by Kagiso II
MANIAKKKKK - nou't jy my vrloor: Van watse Chevy praat jy?
Manaickckckckc - now yu lost me - What Chevy you refer to?
Re: Viscous Fan
Posted: 15 Mar 2011 06:18
by Maniac
350 oom Mac

Re: Viscous Fan
Posted: 15 Mar 2011 08:02
by Peter Connan
Hi Maniac
I may be treading on some toes here, but it seems to me the chances are 90% that your blockage is either in the radiator or the thermostat, and there is no need to remove the engine to get to either of them. Pull out the thermostat, put the housing back on, fill up with water and go for a drive. then check wether the pipe still sucks flat and the fan keep working hard. If te problem is solved, replace thermostat. If the problem is still there, put the old thermostat back, remove the radiator and get it stripped and physically cleaned (not just flushed).
I am almost prepared to bet that if the problem is in the radiator, the 350 will give the same problem.
Good luck
Peter
Re: Viscous Fan
Posted: 15 Mar 2011 15:52
by tour de frans
I agree with Peter,but.Passop vir die stat,dit is n duel stat en moet n port afsny wanneer hy oopmaak,en weer anders om. so jy kan nie sonder hom nie. Check daai radiator.
As daai chevy oldschool is met n carb,los hom vir baie later.
Groete
Re: Viscous Fan
Posted: 16 Mar 2011 21:29
by Maniac
Ja-nee, die chevy is oldschool tipe. Ek grap maar net, sal hom nog nie insit nie.
Ek was toe vandag by CHE in Paarl. Vriendelike klomp ouens.
Staan toe daar om die kar en vertel die hele storie, met detail oor wat ek al als probeer het, toe is die antwoord as volg....
"Nee wat jong. Jy moet maar die boonste pyp en die termostaat vervang, en as dit nie werk nie dan weet ons nie."
Nou ja toe.
Bel toe vir Nissan Parow, radiator hose = R875, termostaat R237,00, en natuurlik special order van Pretoria "factory" af.
Vra toe dat hulle quote / invoice fax sodat ek eft kan betaal, want hulle willie bestel as dit nie klaar betaal is nie. Quote land op my tafel as volg.
Radiator Hose = R1187 ex VAT
Thermostat = R394 ex VAT
Nou hoe nou? Sal maar more bel en vra of die goed duurder word as hulle die quote moet fax of hoe nou? Ek stem saam genuine parte is seker beter, maar sal maar die radiator hose met silicone bends en alu pyp opmaak, dan lyk dit sommer beter ook. Die vorige eienaar het die hose vervang 82000 km (4 jaar) gelede?
Ek het toe weer vanaand die radiator se hoses losgemaak, hosepipe bo ingesit, vol oopgedraai en die 5.5Bar 20mm hosepyp se water het vol onder uitgeloop, sonder om eers bo te mors, so hy is mooi oop.
Koppel toe sommer die hosepipe by die pypie op die heater hose (teen die firewall) ook en stoot bietjie water terug deur die blok. Water loop mooi dik straal uit by die onderste radiator hose, en geen vuilgoed / roes water nie.
So ek weet nie eintlik nie. Gaan die thermostat vervang, maar dit is nie die probleem nie, want die pyp voor die thermostat suig toe, en die enigste ding tussen die waterpomp en die thermostat is die radiator?
Re: Viscous Fan
Posted: 16 Mar 2011 21:49
by G-MAN
Maniac, ek vind Grandpa poeiers werk beste vir n kopseer!
