Page 2 of 2

Re: Diesel patrol performance

Posted: 12 Nov 2010 08:53
by Hermanator
Slegte nuus oor jou '94 GL: Na ekstensiewe mark navorsing het ek bepaal dat die kar so R20,000 werd is, maar die goeie nuus is dat ek jou R30,000 vir hom kan gee.
Ha Ha! goeie een! Ek dog hiers vriende op die forum, lyk my hiers SHARKS ook! :rolling:

Dankie vir die raad JG en Grant

Grant waar het jy die 4.2 D ingesit en waar het jy die enjin gekry? of het hy uitgekom met daai enjin? Wie het die turbo en intercooler opgesit?

Soos dinge nou staan het ek 2 opsies
Opsie 1: Verkoop VUMA vir 'n slegte prys en sit die deposito neer op 'n nuwer patrol betaal my as af.

Opsie 2: Doen die hele GQ oor en ek bedoel die hele GQ insluitend Enjin (sy gebruik olie), Cv's (of ball joints), Aircon motor, Hersien die ratkas, Diffs, en transfer case, my diff lock se vacuum valve is stukkend, Ek vermoed sy het nie 'n termostaat in nie (so die radiator sal gespoel moet word),power stearing pomp lek, VUMA se interior is ook in 'n slegte toetstand, en sy kort 'n paint job. Ek het reeds wheelbearings gedoen, nuwe shocks, Bande, die enjin olie getap en getap en getap (gespoel met diesel), klomp klein goedjies reggemaak op die bakwerk.

Ek vind parte vir die GQ is buitensporig duur by Nissan hulle se vir my alles moet ingevoer word vanaf japan, ek het 'n kondensor vervang so 'n rukkie terug en kon nerens een kry behalwe by nissan nie ek het 'n week gewag en R160 betaal vir 'n kondensor! Het iemand raad vir goedkoper parte?

Ek bly in Witbank maar ek het so 'n "SPA" nodig waar 'n persoon wat die enjin ken kan werk aan hom. en dan sal ek die koste moet opweeg om haar reg te maak teen verkoop en nuwer koop.

Terloops ek het haar in 'n slegter toestand gekry, dit was nie ek wat haar so laat agteruit gan het nie!
Dis lekker om met ouens te praat wat ook 'n Patrol wardeer, almal van my vriende verstaan nie hoekom ek aan karring met VUMA nie!

Re: Diesel patrol performance

Posted: 12 Nov 2010 12:16
by Kagiso II
ekke kyyyyk en ekke kyyyyk - en ekke dênk en ekke dênk --- en hy lyk vor my soos een van daai Patrols wat daai Toeroperateur gebruik wat die Lesotho / Sani Pas trips doen ... Hmmmm?

ek raai nou maar net - maar ongeag - daai regmaak heelmaak oormaak opsioe klink vi my na goeie raad. Die nuwe goed het te veel plestix in - daai van jou is nog kompleet YSTER [vra maar vir Grant wat syne - volgens hom - werd is ...]

Stefan - verwaarloosde 3.0 Di = rubbish; Opgepaste 3.0 Di ... is 'n beauty [touch wood - sovêr ... :redface: ]

Re: Diesel patrol performance

Posted: 12 Nov 2010 12:30
by Wheels
you can use the Nissan 1400 bakie's points and condensor.

Re: Diesel patrol performance

Posted: 12 Nov 2010 13:59
by Kagiso II
yippp - thats right - even the radio antenna [aerial ?] is the same [the one that fits on the "A" pillar]

Re: Diesel patrol performance

Posted: 13 Nov 2010 16:11
by Herrie
Jy weet wat jy nou het en as jy 'n ander Patrol koop weet jy nie wat die ouens aan hom gedoen het nie - dit mag jou later byt!!

Re: Diesel patrol performance

Posted: 16 Nov 2010 09:47
by Peter Connan
Herman kry vir jou 'n Ignitor elektroniese ignition kit, en vergeet van punte en kondensors.
Vra vir Jules hoe goed dit werk. Die agent pos dit vir jou van die Kaap af vir omtrent R1k. Bel hom by 021 786 1007.

Ja, parte is moeilik, en Nissan ruk die dam onder die eend uit, maar ek dink steeds dis goedkoper om reg te maak as om nuut te koop.

Re: Diesel patrol performance

Posted: 17 Nov 2010 18:22
by Aries66
Hallo Hermanator.

Is jy nog op soek na 'n 4.2 turbo diesel? Het een te koop gesien hier in Pretoria dit is 'n 2001 model vir R129k met +- 280k km op. Het so paar merke op, het gekyk na onderstel geen ernstige merke (kan wel sien die ou het baie grondpad gery) op nie en lyk na OME skokbrekers wat op is met 'n "replacement bumper" kan nie onthou of TJM of ARB is nie. Enjin klink ook nog goed (kan sien daar is EGT en ander sensors op die regte plekke maar nie 'n konsole nie.

Hoop die inligting sal help.

Groete

Louis

Re: Diesel patrol performance

Posted: 17 Nov 2010 23:46
by Kagiso II
in AutoTrader is 'n 2003 Patrol diesel ... hulle skryf dis 'n 4,2 .. kan 'n typo wees want toe was dit al net 3,0Di oppi mark .. OF die vorige eienaar het enjinswop gedoen na 4,2 [as dit goed gedoen is het jy 'n BEES daar beet] (ek dink net hy is te duur?]

Re: Diesel patrol performance

Posted: 24 Nov 2010 13:36
by Grant
Hi Hermanator,


GQ was a import from Australia. I had the Safari kit fitted at SAC in 99 when they were still the agents for Safari.


Regards