Page 2 of 2

Re: Tsendze Kamp te KNP

Posted: 18 Nov 2010 08:08
by Peter Connan
Hello Jules

Die tipe inverter wat jy nodig het hang af van wat jy wil aandryf. Laptops en chargers werk op amper enigiets want hulle verander in elk geval die krag na iets anders. Iets wat net 'n motor of verhitelement het, soos boormasjiene, haardroers en ketels ook, maar 1000w is dalk nie genoeg vir hulle nie.

Sover ek weet is dit goed soos televisies en DVD spelers wat pure sine wave nodig het. Onthou egter dat so 'n groot inverter jou battery gou sal paptrek, en ook dat duurder inverters geneig is om meer efficient te wees. As jy net batterye wil laai ens dan sou ek nie daaroor bekommer nie, maar as jy regtig 1000w wil gebruik sou ek bietjie uitvra oor die efficiency.

Voorspoed
Peter