Page 2 of 4

Re: Difflock stadig om in te skop.

Posted: 01 Nov 2010 10:47
by duckitt
:mytwocents: Die nissan werk met vac om in te skop en die aksie het n veer in die diff se lock vac unit wat help met die uitskop van die lock, en vac om uit te skop die grap het my nou net R7500(nuwe lock ring) gekos omdat die vac unit onder die enjin kap besluit het hy werk soos en wanner dit pas(stadig in en uit geskop). so as jy seker is van jou vac relays onder die enjin kap ,kyk na die skakelaar in jou kar dat sy kontakte nie dalk gebrand het nie ,die ding werk so lank as wat jou kar aangeskakel is en in buide aan en af toestande so my raai sal wees dat jy nie genoeg/geen krag op die skakelaar kry nie duswerk die span onder die bonnet nie reg nie(geen vac op af) dit is maar net n twee rigting skakelaar en nie nissan se mal pryse nie anders toets die eenheid op die diff (hy kos R6800) en net by nissan te koop .hoop jy kom reg

Re: Difflock stadig om in te skop.

Posted: 18 Nov 2010 13:23
by Rudolph
My difflock storie gaan as volg. Eers het ek 'n probleem gehad met die Solenoid voor in die enjin bay hy wou niks weet van die vacuum ruil vir in of uit skop, so hy was kapoet gewees. Ek het hom toe vervang met 'n solenoid valve ek by PECS gekoop het in Alberton R600 later en die outjie het wee leke gewerk. En toe wil die actuator nie werk nie. Die liggie op die dash bly aan maar die difflock is nie gelock nie, vat toe die patrol na Rex Diff en Gearbox in Boksburg, hulle diff afdeling is in JetPark, hulle haal die actuator agter af en vind dat die ding ook toe nou kapoet is, lyk of klippe die knaap voos geslaan het en sy binne goed is daarmee heen. Rex het gelukkig direkte lyn na Nissan SA en hulle voer vir my 'n nuwe actuator in van Japan af R6530 later (labour en olie ingesluit) en my difflock werk soos 'n droom weer.

Vir solenoid probleme ga kry ene by PECS, baie goedkoper as nissan product en doen presies dieselfde. Kan part nommer vir gee indien nodig, laat weet maar.

Vir die actuator ga na Rex hulle is baie behulp saam.

Hoop die ligting help.

Re: Difflock stadig om in te skop.

Posted: 18 Nov 2010 13:32
by Gerrit Loubser
Here is an older thread on the same topic:

http://www.patrol4x4.co.za/viewtopic.php?f=45&t=690&

Re: Difflock stadig om in te skop.

Posted: 28 Apr 2011 13:18
by Theuhan
Ek het my Difflock uit eindelik nou reg.

Ek het die self uitgewerk, so ek mag dalk verkeerd wees.

Soos ek sien het my diff lock n vacuum lyn wat hom in skop en een wat hom uitskop.

Ek het toe twee, twee rigting valves in gesit, een vir elke lyn, met die vacuum van die enjin op die konstante punt en die valve wat dan skuif tussen die vacuum lyn na agter en n oop punt.
Die probleem was dat wanneer die valve skuif na oop,seel hy die vacuum lyn na agter, wat beteken dat die lyn sy vacuum behou en nie wil toelaat dat die locker verskuif na die lyn wat nou verbind is aan die vacuum nie.

Dinsdag tref dit my, sit die vacuum lyn na agter op die konstante punt. sit dan die vacuum van die enjin op een van die bene wat wissel.
Nou wanneer die die valve skuif, skuif hy van die vacuum van die enjin, na die oop been, wat die lyn na agter toe laat om sy vacuum te verloor en die ander lyn wat nou verbind is aan die vacuum kan die locker skuif.

Ek het dit nou net probeer en hy skuif oop of toe binne een wiel draai.

Ek hoop julle verstaan wat ek probeer se, dit sou makliker gewees het as ek n skets kon maak.

Re: Difflock stadig om in te skop.

Posted: 28 Apr 2011 14:30
by Herrie
Mooi so Theuhan!!!! :clap: :clap:

Re: Difflock stadig om in te skop.

Posted: 28 Apr 2011 15:56
by Theuhan
Kobus werk joune reg

Re: Difflock stadig om in te skop.

Posted: 28 Apr 2011 19:04
by G-MAN
Prentjies is my toebie, maar hy werk dit's al wat saak maak! :thumbup:

Re: Difflock stadig om in te skop.

Posted: 29 Apr 2011 18:29
by Herrie
Hi Theuhan, myne werk - ek moet net seker maak dat iemand nie weer die pypie aftrek nie!

Re: Difflock stadig om in te skop.

Posted: 01 Jun 2011 17:21
by navigator
Kagiso II wrote:I cannot comment or improve on anything on these postings - But I can vote this the MOST VALUABLE thread and MOST VALUABLE ANSWERS ... Thanx manne, Thanx Freak'z [You get the trophy]

Hoor hoor en drie hoera's vir die manne what counts!

Re: Difflock stadig om in te skop.

Posted: 11 Jun 2011 15:51
by Christovdw
Ek wonder of een van julle ouens my kan help? Ek het so 6 weke terug n 4.8GRX 2006 model gekoop by n agentskap. Ek was nog nie behoorlik off road nie, maar probeer alles maar toets en kyk of dit in werkende toestand is. Dit wil vir my voorkom asof die "diff lock" nie werk nie? Ek verstaan dat jy eers n bietjie moet ry voordat hy behoorlik inskop? So basies sodra jy hom aansit flikker die liggie...todat hy inskop waar hy dan konstant moet aanbly? Verstaan ek dit reg? Met myne bly hy flikker en die ABS liggie flikker ook dan...maar hy bly flikker en word nie konstant nie, is dit normaal? Hy doen dit as jy in 2x4 en 4x4 is. Wat mis ek of moet ek hom terug na die agentskap vat?