Page 2 of 3

Re: patrol motor

Posted: 18 Jan 2011 15:43
by Theuhan
Volgens Wikipedia het die TB45E 147kw en 348Nm, en die TB48DE het 180.2Kw en 400Nm
Die 1UZ-FE het 191Kw en 363Nm

Re: patrol motor

Posted: 20 Jan 2011 22:10
by Saltman
Volgens Wikipedia het die TB45E 147kw en 348Nm, en die TB48DE het 180.2Kw en 400Nm
Die 1UZ-FE het 191Kw en 363Nm

Volgens my boekie en Nissan SA se website sit my Suid-Afrikaanse Nissan TB48DE 190 kW @ 4800 RPM en 425 Nm @ 3600 RPM uit, wat 1kW swakker as die Lexus is en 62 Nm meer as die Lexus.

Ek weet byvoorbeeld egter die Aus 4.8 sit minder krag uit ens, so ek weet nie watter syfers Wikilieg daar beet het nie! :confused:

Re: patrol motor

Posted: 21 Jan 2011 06:31
by JG Shields
Saltman, jy's reg. Dit is die spec vir die 4.8 in SA.

Re: patrol motor

Posted: 21 Jan 2011 08:27
by duckitt
Dit is presies hoekom skilpad Sias se ou motor kry en nie n v8 nie onthou ek is maar n v8 man maar ek hou maar van soort by soort

Re: patrol motor

Posted: 21 Jan 2011 11:35
by Theuhan
Ek moet se ek hou ook van soort by soort, maar op die ou ent is dit maar die Dollars wat praat, en rand/Kw is daar nie veel wat by die Lexus kom nie, die hang natuurlik af wie die ombouing doen.

Re: patrol motor

Posted: 22 Jan 2011 00:07
by Tinus lotz
ek hou ook van soort by soort maar die ouens praat van 10l/100km met lexus motor kan dit waar wees????

Re: patrol motor

Posted: 22 Jan 2011 01:03
by Mammoth
Heng ouens ek hou ook van soor by soort en ek bly n' Nissan man, maar daai Lexus sing darem maar mooi as hy reg gedoen is. n' vriend van my het hom in sy Mazda B250 bakkie ingesit en hy skimp ook op 10l/100km. Kry somme hoendervleis van daai mooi perde se klank.

Ek dink egter die gewig van die Patrol sal die prentjie baie verander as dit by die verbruik kom.....

Re: patrol motor

Posted: 22 Jan 2011 08:43
by Theuhan
8Km/L klink vir my nog steeds baie goed.

Re: patrol motor

Posted: 22 Jan 2011 09:38
by duckitt
Ek het daai gewig grappie nou gesien met my SSv8 , 8km/l
Is niks tot ek my explorer moes huis toe bring(skilpad se werk )
Skielik teen die selfde 100km p uur kry ek toe maar net 4km/L en die spul is nog n 1.5 ton ligter ook
Ons troller doen glad nie so sleg nie maar ja niks klink soos n goeie ou V8 nie .Iemand het eendag gese.
As jy wil he n perd moed spring gee hom kos , so ons moet maar die petrol gooi!

Re: patrol motor

Posted: 24 Jan 2011 09:39
by JG Shields
Dis 'n lekker "elke man het sy siening" gesprek hierdie... En gelukkig verskil smaak. Hier is myne.

1. Ek verstaan die voordele van 'n "freeflow" uitlaat, maar ek hou nie van die gebrul van die ding nie. (Ja, my lorrie het ook tans so pyp in...) Dit klink die heel tyd of iets stukkend is. Daarmee saam laat dit my aan die klein karretjies dink wat "brul" uitlaatstelsels gekry het om hom kwansuis vinniger te maak. Dit werk egter net as die "drywer" die regte donkerbril ook op het.....ha...ha..

2. Daar is niks wat by 'n Patrol 4.8 enjin kom...veral wanneer krag regtig begin saak maak nie. The proof of the pudding lies in the eating! Die ete word net op een plek opgeskep en dit is in die gramadoelas, in die duine en onder vrag. Sodra die kalf daar in die put is dan maak klank, koste besparing en brandstof verbruik nie meer saak nie. Dis dan wat jy seker wil wees jy kom heel-huids anderkant uit. Jammer....maar enige iemand wat nog nie in daai posisie was en die 4.8 daar ervaar het nie, sal nie die 4.8 se onbetwisbare heerskappy oor ander enjins verstaan nie. Hy het eenvoudig nie sy gelyke nie.

3. Brandstof verbruik: Maak daarmee vrede. Bogenoemde kom nie verniet nie. Wat jy uitkry is gelyk aan wat jy insit. Daar is nie 'n kompromie vir hierdie beginsel nie. Terloops, 'n vriend het by geleentheid saam met ons 'n 4x4 "overland" trip in veral diep sand toestande meegemaak in sy 2,7 turbo diesel voertuig. Tot waar ons die sandpad geslaan het, was sy verbruik byna 10km/l. Toe ons anderkant die 450km sand uitkom, was sy verbruik 3,2km/l. My 4.8 het gesak van 5,8km/l na 5,1 km/l op dieselfde roete.

Oom Mac het 'n video clip geneem van my 4.8 se enjin op die dyno by SAC. Die beker koffie wat op die enjin gestaan het dwarsdeur die toets lyk op hy op 'n kombuiskas staan. Die klank weerspieel brute krag, tog met grasie en waardigheid...asof hy 'n tuxedo aan het. Nou ja, dan praat ons nie eers van daai krag, veral in lae ratte waar wringkrag teen lae revolusies nie sy gelyke het nie. LANK LEWE DIE 4.8 SE HEERSKAPPY!!!!