Page 2 of 10

Re: Project TD42T Conversion

Posted: 21 Jun 2010 15:02
by Theuhan
By wie het jy daai 4.2 turbo gekoop?

Re: Project TD42T Conversion

Posted: 21 Jun 2010 20:29
by ChristoSlang
Eish ouens, dit is mos 'n fris projek hierdie!

Terwyl alles nou so mooi & oop is moet julle sommer hoor wat dit gaan kos om 'n intercooler op te sit - dit sit mos heelwat woema by so 'n 4.2 installasie :biggrin:

PS: Ek het ook onlangs 'n alternator upgrade op Chuck Norris uitgevoer - sal sommer later vanaand kiekies opsit...

Re: Project TD42T Conversion

Posted: 22 Jun 2010 15:08
by Pieter du Toit
Theuhan wrote:By wie het jy daai 4.2 turbo gekoop?

Engines for Africa in Jhb - hoekom vra jy?? Die salesman met wie ek gedeal het is n Herman - maar ek het ook tydens die transaksie per geleentheid met Steven (hy is glo die direkteur / eienaar) gepraat.

Sodra die starter storie uitgesorteer is gaan ek hulle roer - ek wil net eers n final figure kry wat die 24 na 12V omskakeling my gekos het.

Re: Project TD42T Conversion

Posted: 22 Jun 2010 15:16
by Pieter du Toit
ChristoSlang wrote:Eish ouens, dit is mos 'n fris projek hierdie!

Terwyl alles nou so mooi & oop is moet julle sommer hoor wat dit gaan kos om 'n intercooler op te sit - dit sit mos heelwat woema by so 'n 4.2 installasie :biggrin:

PS: Ek het ook onlangs 'n alternator upgrade op Chuck Norris uitgevoer - sal sommer later vanaand kiekies opsit...
Christo,

Ons gaan my 3.0L se intercooler opsit - daar is geen twyfel daaroor nie. Volgens daai fancy Nissan boek van ons het die 3.0l en TD4.2T in elkgeval dieselfde intercooler op - dis nou as ek die prentjies reg kyk!! :lol:

Ek het jou write-up oor die alternator gesien - en baie interessant. Ek moes mos ook die alternator vervang - en die beste wat ek kon kry was n 70Amp replacement - maar dis die alternator met die vacuum pomp op die alternator self. Die engin se vacuum pomp is nie apart soos op ons SA Patrols nie. Ons het n ander kleiner pulley laat maak by n engineering plek - dit sal darem help dat die alternator vinniger spoel op idling ook - maar weet nog nie werklik wat die eind resultaat / uitkoms gaan wees nie.

Sal eers weet die dag wanneer die engin draai - maar sal laat weet!!

Groete

Re: Project TD42T Conversion

Posted: 22 Jun 2010 19:51
by Pieter du Toit
Episode 3....

Frans got some time to have a bit of a rest and I started nagging him to get going again.....hierdie Patrollie moet loop!!! So no sympathy for the faint hearted - this is a MAN'S job - lets get going again!!

The block has been assembled, pistons, new rings, bearings etc all in - time fot the next step....

Tyd vir n "geheime" :eureka: modifikasie aan die head - ek gaan nog nie uitbrei hieroor nie want dit moet nog getoets word. Maar ek is seker hier is n paar ander manne met tegniese kennis wat dalk sal kan aflei wat ons hier besig is om te doen.....meer hieroor later!!! Let wel die head is ge-pressure test na die modifikasie - hy is :thumbup: Hierdie is uit en uit Frans se uitvindsel en blink :eureka: en ek kan geen rede sien hoekom dit nie sal werk nie!!
Image

Ok - so know it is time for the head to "join" the block. Valve clearences is set and the tappet cover goes on. Time to respray the block. Take note that this is a specialised engine enamel paint (duco) that can handle heat tolerances of up to a 1000 degrees celsuis - so it should not peel or anything.
Image

With the block finished being sprayed it was time for further assembly - oil pump, crank pulley, thermostat housing (with new 76.5 C Nissan thermostat), injectors (serviced at DupDiesel), 6 x new Febi 12V glow plugs (Stealers were way too expensive!!!) etc, etc.
Image

Ok - so far so good. Let's get the Patrol into the garage and get that bonnet off. We must get the engine mountings sorted!!
Image

Liewe Vader mense - waar pas al daai pype en plugs - gaan ons ooit weer die spul aanmekaar kry?? :think: :think:
Image

Ok - sal nie help om te sug nie. Frans klim in met die angle grinder en begin sny - soos n ware Dr baie versigtig met n skapel in sy hand!! :biggrin:
Image

So met die ou engin mountings weg gesny is dit tyd om die 4.2 mountings op die blok vas te sit. Eers die een.....
Image

En dan die ander een
Image

Nou vir die eerste groot oomblik - die engin moet bek toe sodat daar gemeet kan word waar die chassis mountings vasgeswys moet word. Frans het hier gesien die appi gaan dit nie maak nie toe vra hy maar sy Pa se hulp - nog n deskundige op die gebied van engins!! Man dis lekker om sulke mense te ken!!!
Image

Sak Sarel sak - dit gaan jou nuwe huis word hierdie!!!
Image

En siedaar - in is hy op sy plek en reg om die chassis mountings uit te meet en te swys....
Image

Hierna het die engin uitgekom en was dit tyd vir die swys werk......maar dis nou eers lunch tyd!!!

Re: Project TD42T Conversion

Posted: 22 Jun 2010 20:29
by Pieter du Toit
Episode 4....

Ok - so lunch is verby (man is ek spyt ek het nie n foto hiervan geneem nie - maar eina daai rekening van Melani gaan seer maak)!!!

Nou is dit tyd om verder te werk. Eers die een engine mounting swys....
Image

En dan die volgende een.....En soos n ware Dr met n uiterste proffessionele en delikate operasie is dit die eind resultaat!! Bakgat Frans - jy mag maar hoor :thumbup: :clap:
Image

O gaats - amper vergeet ons - die gearbox moet eers terug in. Die het ook uitgekom vir n "service"!! Kyk dit was nou geen grap vir twee man alleen om dit te vermag nie - maar ons is bang vir niks. Net terloops - dit het vier man gekos om daai gearbox by Triangle Transmissions in my bakkie te laai - ek en Frans het hom alleen uitgetel.
Image

Op sy plek.....amper daar!!
Image

En siedaar - op sy plek met die 4.2 talk converter (ook oorgedoen) in sy bek. Man dit laat sommer n man se hart warm klop!!
Image

Kyk net hoe mooi smile daai gearbox met die nuwe engine mountings vir ons - dit lyk soos n prentjie uit n sprokies verhaal!!! Maar nou moet ons eers n smoke break vat - dit was bietjie rugbreek werk hierdie!!

Re: Project TD42T Conversion

Posted: 22 Jun 2010 21:22
by Pieter du Toit
Episode 5.....

Ok so die engine en chassis mountings en gearbox sit - en die engine is weer uit om klaar gebou te word.

Nou waarna toe nou - ons moet op die grond werk want die flex ens moet nou ook terug. Man gaan hierdie verdomde engine nooit klaar kom nie!!!
Image

Ok tyd vir die diesel pomp en die timing gear (ek dink dis wat hulle dit noem :think: ) - dalk het ek :sleep: toe Frans my leer!!! Askuus mnr - sal nie weer in die klas slaap nie maar jy is n regte slawe drywer!!! :rolling:
Image

Dieselpomp (serviced at DupDiesel) en intake manifold is op - man dit begin mos nou alweer na n engine lyk!! :thumbup:
Image

Volgende was die turbo (ook by DupDiesel gediens) en exhaust manifold met covers ook op!! In hind sight moes ek seker maar die covers ook gespray het - maar dis nou te laat. Hier raak dit darem ook baie warm en Frans is tog versigtig dat die duco kan op dop - en dan gaan dit nie mooi lyk nie!! Anycase - whats done is done - dit lyk nog steeds bleddie mooi. Take note die ewige belangrike EGT Probe wat daar bo die Turbo cover uitsteek - sommer seker gemaak dit is in nog voor die engine 1km geloop het!!! Flex plate is op en siedaar - DIE ENGIN IS KLAAR GEBOU!!
Image

Nou vir die groot oomblik - en n paar ander belangstellendes het ook kom inloer om die groot oomblik te aanskou!!
Image

Die engine word vir die finale keer gehys....nou is dit huis toe gaan tyd!!!
Image

Frans maak seker alles is mooi in en op sy plek.....
Image

Nog net n laaste paar verstellings en bietjie fiddle....
Image

En SIEDAAR - DIE 4.2 ENGINE IS OP SY PLEK!! En die beste van als is die flex plate, gearbox en engine pas op mekaar asof dit n handskoen is wat n mens aangetrek het- daar is nie n tiekiese fout nie!!! Manne dit was n groot oomblik vir my - glo my vry ek het amper n traan gepik op hierdie staduim!!! Dit was die lekkerste gevoel wat ek vir geen mens kan beskryf nie - en nou sit daai 4.2 splinternuut oorgedoen en reg vir die volgende paar honderd duisend kilometer - en ek vertrou dit gaan trouble free kilometers wees!!!
Image

DUISEND DUISEND DANKIES FRANS - JY HET JOUSELF GESTAND GEDOEN EN OORTREF!!!

Nou kom die res van die projek....die plumbing en electrical goedjies - wat ja baie "time consuming" kan wees maar persoonlik dink ek ons is oor die hond se rug!!!

Groetnis tot volgende keer!!

Re: Project TD42T Conversion

Posted: 23 Jun 2010 07:24
by SRXy
That's incredible! Well done guys! Awesome job there. It's really amazing to see that engine in so many pieces. Congrats! :woo:

Can you post what the part numbers for the 24V conversion were? So that if anyone has to do this in the future they can can easily get the info. I'm going to be replacing my clutch soon and I'm going to replace the engine and gearbox mounts. Did you replace the engine mounts with TD42 ones? Are they the same as the ZD30's engine mounts? It would be cool if you could also post the part numbers for those mounts.

Re: Project TD42T Conversion

Posted: 23 Jun 2010 10:13
by Ross
:clap: :clap: :clap: :clap: :clap: :clap: :clap: :clap: :clap: :clap: :clap:

Frans and Pieter.....this is really AWESOME!!! Well done.....I think I was almost as excited as Pieter must have been, as I read through this thread!!! :biggrin:

I think SRXy`s suggestion on posting part numbers for future reference is a good one, would be a lekker resource for others who may contemplate doing this, or the rest of us td42 owners as well. Might be a good idea to post where you bought all the parts for the engine re-build as well (rings, bearings, gasket sets etc etc).

Congratulations Pieter....can`t wait to see your van running again!! It looks like the end is definately in sight now!!

:salute:

Re: Project TD42T Conversion

Posted: 23 Jun 2010 10:39
by Jules
Welgedaan sover Dr Frans en assistent Troep Pieter dit lyk excellent, sterkte met finale aanslag tot voltooiing van hierdie Hart omlynings operasie

Shalom
Jules