Ja, so besef ek nou van die geduld wat nodig is. Ek het die fan bestel voor ek aan prys gedink het. Kan mos nie lank vat nie...

My probleem le eerder by die seel op die alternator. Ek is ook nie oorspronklik na Nissan toe daarmee nie. Die parte ou by Nissan het selfs al by Bearing International en Bearing Man gedraai. Hulle se hul sal een kan laat maak, maar dit kan ook 'n maand vat. REGTIG? Ek meen, is dit moontlik dat daar nie so een erens te vinde is nie! Nou wil ek nie ry met die alternator wat effe sweet op sy seel nie - kort afstand is mos OK, maar kan dit nie ad invintum doen nie. As een van jul se 4.2D vakuumpomp op die alternator sit, laat weet my asb, dan kan ons dalk op daardie VIN nr die regte seel opspoor.
SOOOooo, ek dink ek moet maar net eers die nodigste doen, druktoets, en dan besluit wat ek maak. Obviously as die druktoets OK is, is dit makliker (en goedkoper!) As nie, dan sal ek my opsies oorweeg. As ek die kar wil hou, sal ek moet geld spandeer en ordentlik regmaak. Either way, ek sal jul op hoogte hou.
Christoph