beast wrote:
Gerrie, jy het die hele koop van Lobo vir ons ander so interessant en nice om te lees gemaak, dat dit amper soos n vervolghaal is. Dit is nice dat iemand so verlief is op hul voertuig. Ons hier in Gauteng het so n jaar of wat ook iemand gehad wat ons vermaak het met sy Fear Factory. Toe gaan verkoop hy die masjien en nou het ons net vir jou en Lobo. Hou so aan, jy is n ster. Sal erns n groepie bymekaar maak en vir jul in die Kaap kom kuier. Groete daar

Jy sal my mos nou laat bloos soos 'n skoolseun wat uitgevang is dat hy na 'n meisie staar...
Thanks, ek bly julle geniet die lees... ek moet net 'n bietjie meer tyd kry om als en als van voor tot agter skoon te maak...
My volgende plan is om die petrol wat nou in is uit te ry en dan die petroltenk af te haal en die hele fuel line skoon te maak en heel te maak... Want nadat ek laas keer die petrolpype in die enjinruim vervang het, is daar steeds 'n petrol reuk terwyl ek ry... so nou moet ek verder soek... En ek wil sommer kyk of ek die petrol guage se thingy in die petroltenk kan regmaak dat hy akkuraat wys... hierdie geraai-raai oor hoeveel petrol ek oor het werk nie goed vir my senuwees nie... en dan is daar die kwessie van die olielek...
Ek vermoed met die toe die crank pulley afgekom het, het die seel voor op die crankshaft dalk sakde gekry, want daar is 'n olielekkie wat my bekommerd maak. Gelukkig brand Lobo nie olie nie, want anders sou dit seker iets meer ernstigs gewees het, maar ek wil dit graag uitsorteer sodat ek die enjin ook mooi skoon kan maak (fisies aan die buitekant). Dan gaan dit mos makliker wees om te onderhou...
Maar nou ja, gelukkig trek ek einde van die maand in 'n nuwe huis in wat stap afstand van die stasie af is en daar is 'n garage... so ek kan aan Lobo werk in die aande en ek hoef nie te worry dat ek moet klaarkry voor more oggend nie, want ek stap sommer stasie toe om die lang-kar te vang!