Jorrie as daar 'n CAT is, sal hy in die uitlaatpyp redelik naby aan voor wees, kort agter die manifold. Dit lyk soos 'n baie klein silencer, maar het gewoonlik nie stomp punte soos 'n silencer nie.
Daar sal ook een of meer sensors (meeste mense noem hulle Lambda of CO2 sensors), een voor en dalk een agter die Cat wees, met elektrise draadjies.
Kagiso II wrote:I also frmly believe that a tank must NOT have square edges, they should be rounded .. it is always along those straight joints where the leaks occur.
Oom Mac ek stem eintlik saam, maar ronde hoeke is baie moeilik om te maak as jy nie duisende tenks gelyk maak nie. Standaard tenks word gepers, gewoonlik in twee dele, en dan word die twee dele net aanmekaar gesweis. Maar om die vorms te maak om dit te doen, is baie duur, en dus word "aftermarket" tenks amper nooit so gemaak nie, en sekerlik nie vir skaars voertuie soos 'n Patrol nie. Die ander nadeel van hierdie konstruksie-metode is dat dit gewoonlik baie plek mors, en dus is die tenk se kapasiteit uiteindelik heelwat minder.
Die enigste manier om ronde hoeke op 'n gafabriseerde tenk te kry, is om pype wat in kwarte gesny is in die hoeke in te sweis, en dit is eerstens baie moeite, soo dit jaag die prys op, en verder maak dit dat daar baie meer swyswerk betrokke is, wat weer die kans van lekplekke verhoog.
Tenks met skerp hoeke is dus ons voorland, maar as hierdie hoeke verserk word met 'n tweede plaat of hoekyster buite om, en verkieslik moet die tenk in 'n raam le eerder as dat die monterings aan die tenk vasgeswys word, maar dit mors ook weer plek.
Verder is sekere materiale baie meer geneig tot "metal fatigue", wat die rede is hoekom hulle uiteindelik om die monteerpunte skeur. Die ergste van almal is Aluminium, vlekvrye staal is tweede en gewone sagtestaal is omtrent die beste. van die metale.
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry.