


Time to start planning for the biggest annual trip of the forum.
Yes it is River trip


As we know 5 days are required, This year we are doing it slightly different.
The trip will kick off on Saturday 06 Aug and end on Wednesday 10 Aug, so still 2 days of leave, however for those that is in a hurry to get back to the grind it would be possible to head home on Tuesday the 9th as this is a public holiday.
As we are only starting the River on Saturday a suggestion was made on the Watsup group that those who are a bit more flexible will get together on Friday somewhere on the way (Destination to be confirmed) and have a pre river trip braai
Roete:
Krugersdorp tot by ingang van KLEI LETABA 490km - teerpad
Petroport op N1 tot by ingang van KLEIN LETABA 397km - teerpad
Shell Ultra City Polokwane tot by Ingang van Klein Letaba 166km
Klein Letaba so 56km dik sand
Molototsi so 94km dik sand
Basiese reelings vir die trip:
Saterdag 06 Augustus van waar ook al jy gewoonlik jou hoof ter ruste le...... - Konvooi vertrek 06h00 van N1 Petroport net buite Pretoria.
Die wat nie wil konvooi ry - 12h00 by die ingang na die KLEIN LETABA. ONTHOU OM VOL TE MAAK IN VOOR JY AFDRAAI NA RIVIER, daar is garage 12km in GYANI voor ingang van rivier!!!
Saterdagdagaand word daar ge kamp in die Klein Letaba net voor die Rotstuin. LET wel daar gaan Saterdag reeds 'n ent in die rivier gery word, wil uit die beskawing uitkom.
Sondag 07 Augustus van 07h30 begin voertuie wat wil die rotstuin ry, die wat nie rotstuin wil ry kan bietjie later le of spectator speel en kyk hoe die manne die rotstuin aanvat.
Afhangende van hoe laat rotstuin klaar gery word sal kampplek vir Sondag aand bepaal word, sal kyk hoe lyk dit langs die heining van Kruger.
Maandag 08 Augustus Vanoggend vertrek ons so 20km al langs die heining van die Kruger Wildtuin, dan is dit 25km Grondpad en maak ons brunch onder die groot bome, sodra ons deur die Groot Letaba is. Vanaand slaap ons so na moontlik aan Dzumiri.
Dinsdag 09 Augustus 07h30 begin voertuie in die rivier af ry, ons ry tot so naby moontlik aan die uitgang van die Moletotsi. Soos gese die wat moet terug huistoe daar is n paar uitklim plekke en sal dit moontlik wees om vroer uit te klim - weet net julle mis Des se poging om die grootste kampvuur van die trip te maak op die laaste aand.
Woensdag 10 Augustus oggend rustig oppak, klim uit die rivier en vat die pad huis toe.
(Indien werklik nodig kan brandstof verkry word halfpad deur Moletotsi by Dzumire), (daar is ook n klein garage aan die einde van Klein Letaba so 9km van Moletotsi ingang- afgelope 7 jaar weet ek van 1xkeer wat daar nie brandstof was nie mar dis 2 pompe... en KONTANT!!!!!),
Brandstofverbruik teerpad soos wat jy natuurlik jou voertuig ken

Verblyf: Slaap in die rivierbedding en jy moet 100% selfversorgend wees, geen koste vir verblyf. dus ook GEEN GERIEWE.
Innerlike Jy moet alle kos, water en "bruin Fanta" saam ry, hoe hongerder en dorser jy is, hoe meer is jou koste

Jy het minstens so 6 ure nodig om daar en dan weer terug te kom, dus ook die rede waarom daar twee dae uitgesit word net om heen en weer te ry.
Kostes
Brandstof = 900km teerpad en 170km dik sand vir beide riviere.
Tolgeld vir die N1
Kos vir die 5 dae
Drinkgoed - so dors as wat jy kan raak moet jy maar inpak....
Basiese verloop van die dag:
Aangesien dit nog winter is kom die sonnetjie nog nie so vroeg op nie en kan dit redelik koel wees in die oggend....
Daar kom gewoonlik so om en by 6uur lewe in die "kamp"
Die ketels word aangesit vir 'n koffietjie
Kampgoed en slaapplekke word opgeslaan en afgebreek
Eet 'n beskuitjie saam met 2de koppie koffie
07h00-07h30 begin die voertuie vertrek vir die dag se ry (NIKS later as 09h00 vir laaste voertuig)
Volg die rivier en geniet die speel...........
Hier om en by 10h00/11h00 stop jy waar ookal jy is en word daar brunch gemaak, aangesien dit so n' groot groep is stop die voertuie in die geval in kleiner groepe en doen elkeen sy ding.
Volg die rivier en geniet die speel..............
Hier rondom 15h00 begin die voorste voertuig soek na geskikte staanplek vir die aand (kamp word gemaak niks later as 16h00 - onthou agterste voertuig is maklik uur of meer agter voorste voertuig)
Toegang tot "kamp" is hout van elke voertuig - daar is gewoonlik genoeg hout in die rivier en elke voertuig sleep maar so halwe boom na die kampplek. HOUT begin baeie skaars raak
So rondom 17h30 steek ons die vuur aan en begin die groot kuier - elkeen braai maar sy vleisie op sy tyd en dan kuier ons tot..... wel

LET DAAROP DAT DIE "TRIP" VER VAN DIE BESKAWING IS, DAAR WORD NIE VOORSIENING GEMAAK VIR MEDIESE BYSTAND NIE EN ELKE PERSOON WAT SAAM GAAN MOET SELF VERANTWOORDELIKHEID VAT VIR ENIGE GEBEURE WAT MAG OPDUIK!!!!!
DIE FORUM NEEM GEEN VERANTWOORDELIKHEID VIR ENIGE PERSOON OF VOERTUIG NIE!!