4.2 TD begin warmer loop

Engines and Engine Systems
Ds J
Senior Member
Senior Member
Posts: 134
Joined: 23 Oct 2016 12:19
Full Name: Jaap Steenkamp
Nickname: Ds J
Home Town: Stella
Current 4x4: 1985 Hilux 4x4
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 1 time
Been thanked: 7 times

4.2 TD begin warmer loop

Post by Ds J »

Goeienaand mense,

Dis maar weer tyd om te kom raad vra.

Ons ou groen skip ('99 GU / YU61) het oor die laaste week of twee effe warmer begin loop.

Dit gebeur veral wanneer/nadat ek meer as 40km ry.

Madman se^ gewoonlik 360 grade @ 110km/u, en 82-85grade watertemperatuur.

Hy se^ nou 400-420 grade @110km/u, en 90-96 grade watertemperatuur.

Ons het laasweek die verkoeler deeglik uitgespuit. Dit help n bietjie maar ek bly bekommerd.

As dit net die daaglikse hitte is, sal ek gerus gaan slaap.

As ek erens moet begin krap of soek moet julle asb raad gee.

Mooi aand!
User avatar
Peter Connan
Moderator
Posts: 6011
Joined: 10 Sep 2010 07:21
Full Name: Peter Connan
Nickname: Piet
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1996 Patrol 4.5SGL
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 1067 times
Been thanked: 985 times

Re: 4.2 TD begin warmer loop

Post by Peter Connan »

Hoe vergelyk die buite-temperature oor dieselfde tydperk?
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry.
Ds J
Senior Member
Senior Member
Posts: 134
Joined: 23 Oct 2016 12:19
Full Name: Jaap Steenkamp
Nickname: Ds J
Home Town: Stella
Current 4x4: 1985 Hilux 4x4
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 1 time
Been thanked: 7 times

Re: 4.2 TD begin warmer loop

Post by Ds J »

Dit is goed warm hier. Dagtemperature is maklik bo 34 grade, en 38-42 grade is nie uitgesluit nie.
User avatar
Peter Connan
Moderator
Posts: 6011
Joined: 10 Sep 2010 07:21
Full Name: Peter Connan
Nickname: Piet
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1996 Patrol 4.5SGL
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 1067 times
Been thanked: 985 times

Re: 4.2 TD begin warmer loop

Post by Peter Connan »

Wat ek bedoel het is of dit koeler was toe hy koeler geloop het, met ander woorde of die buite-temperatuur die watertemperatuur beinvloed.

Die ander goed waarna jy kan kyk, is of die temperatuur afkom wanneer jy afdraande ry (coast) as wanneer jy opdraande ry. As dit die geval is, is die verkoelingstelsel besig om te sukkel om by te bly, maar as die temperatuur redelik konstant bly, dan is daar waarskynlik nie 'n probleem nie.

Laastens, as die ander mates op die madman ook verander van die normale, kan dit dalk 'n swak aard op die madman wees.
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry.
User avatar
ChristoSlang
Patrolman
Patrolman
Posts: 851
Joined: 07 Apr 2009 16:54
Full Name: Christo van Rensburg
Nickname: ChristoSlang
Home Town: Pretoria, ZA
Current 4x4: Nissan 4.2 GL Patrol
Home Language: Afrikaans
Location: Garsfontein, Pretoria
Has thanked: 17 times
Been thanked: 116 times

Re: 4.2 TD begin warmer loop

Post by ChristoSlang »

Ek het 'n soortgelyke probleem gehad met my 4.2, en die antwoord was eenvoudig om 'n "vars" lugfilter in te sit...

Die TD 4.2 het geen manier om lugvloei te meet en sy brandstoftoevoer daarby aan te pas nie. Wanneer die lugfilter begin verstop, raak die mengsel te ryk teen hoë omwentelinge, en in diesel terme beteken dit oorverhitting (met heelwat rook as jy voet neersit teen snelwegspoed!).

Op my Patrol was die EGTs amper 100 grade laer na die vervanging! :mytwocents:
Christo (the snake man)
1998 4.2 GL Patrol (Chuck Norris)
2007 350Z twin-turbo coupe (Batmobile)
Image
Ds J
Senior Member
Senior Member
Posts: 134
Joined: 23 Oct 2016 12:19
Full Name: Jaap Steenkamp
Nickname: Ds J
Home Town: Stella
Current 4x4: 1985 Hilux 4x4
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 1 time
Been thanked: 7 times

Re: 4.2 TD begin warmer loop

Post by Ds J »

Goeiemore Patrolers,

Baie dankie vir die antwoorde.

Ek het die sake fyn dopgehou oor die laaste twee weke en in die omgewing ook rondgevra - die plaaslike mense weet gewoonlik ook waar om fout te soek.

Wanneer ons in die aande ry was die temperature verbasend laag: tot 270 grade EGT en 75 grade watertemperatuur.

Ek sal so gou moontlik die lugfilter vervang, en binnekort die hele verkoeler laat uitspoel en was.
Ds J
Senior Member
Senior Member
Posts: 134
Joined: 23 Oct 2016 12:19
Full Name: Jaap Steenkamp
Nickname: Ds J
Home Town: Stella
Current 4x4: 1985 Hilux 4x4
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 1 time
Been thanked: 7 times

Re: 4.2 TD begin warmer loop

Post by Ds J »

Peter Connan wrote: 22 Dec 2018 19:47 Wat ek bedoel het is of dit koeler was toe hy koeler geloop het, met ander woorde of die buite-temperatuur die watertemperatuur beinvloed.

Die ander goed waarna jy kan kyk, is of die temperatuur afkom wanneer jy afdraande ry (coast) as wanneer jy opdraande ry. As dit die geval is, is die verkoelingstelsel besig om te sukkel om by te bly, maar as die temperatuur redelik konstant bly, dan is daar waarskynlik nie 'n probleem nie.

Laastens, as die ander mates op die madman ook verander van die normale, kan dit dalk 'n swak aard op die madman wees.
Peter,

Dit was ongeveer 5-10 grade koeler toe hy koeler geloop het. Ons het die laaste paar dae n bewolkte atmosfeer; gister en laasnag het dit effe gereen - ek sal vandag weer ry en kyk wat hy maak.

Ek het gemerk dat die temperature (EGT en water) styg wanneer ek opdraande ry. Ons was na Kersfees naby Loskopdam en tussen die berge het hy merkbaar gestyg.

Nogmaals dank vir almal se raad.
User avatar
Michael
Moderator
Posts: 2479
Joined: 05 Mar 2014 14:39
Full Name: Michael
Nickname: Steyn
Home Town: Centurion
Current 4x4: Patrol GU 4.2 Turbo Diesel
Home Language: Afrikaans
Location: Centurion, PTA
Has thanked: 189 times
Been thanked: 336 times

Re: 4.2 TD begin warmer loop

Post by Michael »

Jaap

Daai temps van jou lyk nie aleg nie. Die TD42 se water temp word baie maklik beinvloed deur die buite temperatuur en selfs die aircon tel jou water temp op tussen 7 en 10 grade.

Ek het nou in Desember Parys toe gery vir n wegbreek.
Soontoe was dit baie warm en diep in die 30's. Water twmp was tussen 95 en 100 grade.
Oppad terug was dit baie koel en bewolk en water temp was tussen 82 en 85. Ek het die selfde apoed gery en die voertuig was dieselfde gelaai.
"The Just shall live by Faith" Rom1:17

Check out my build here My Patrol
And my engine rebuild here mostly engine related stuff
Ds J
Senior Member
Senior Member
Posts: 134
Joined: 23 Oct 2016 12:19
Full Name: Jaap Steenkamp
Nickname: Ds J
Home Town: Stella
Current 4x4: 1985 Hilux 4x4
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 1 time
Been thanked: 7 times

Re: 4.2 TD begin warmer loop

Post by Ds J »

Michael wrote: 03 Jan 2019 05:49 Jaap

Daai temps van jou lyk nie aleg nie. Die TD42 se water temp word baie maklik beinvloed deur die buite temperatuur en selfs die aircon tel jou water temp op tussen 7 en 10 grade.

Ek het nou in Desember Parys toe gery vir n wegbreek.
Soontoe was dit baie warm en diep in die 30's. Water twmp was tussen 95 en 100 grade.
Oppad terug was dit baie koel en bewolk en water temp was tussen 82 en 85. Ek het die selfde apoed gery en die voertuig was dieselfde gelaai.
Dankie. Dit bring my by n volgende vraag: wanneer moet ek begin bekommerd word?

Die Patrol is my werkvoertuig as ek met die gesin plase besoek, ons het al die Madman laat protesteer as ons op warm dae deur die los sand gery het. Hy was al op 101-105 grade na n uur of twee se ry, en dan moes ek eers stilhou om die verkoeler nat te gooi.

Laaste vrae vir hierdie rondte: wat is die korrekte mengsel vir die verkoelvloeistof in ons warm wereld? Ek het oorweeg om skoon verkoelmiddel in te gooi, maar het baie raas gekry daaroor.
User avatar
Peter Connan
Moderator
Posts: 6011
Joined: 10 Sep 2010 07:21
Full Name: Peter Connan
Nickname: Piet
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1996 Patrol 4.5SGL
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 1067 times
Been thanked: 985 times

Re: 4.2 TD begin warmer loop

Post by Peter Connan »

Ek dink nie verkoelmiddel het 'n effek op water temperatuur nie, maar dit kan 'n effek he op kooktemperatuur.

Solank jy onder kooktemperatuur bly sal jy nie skade he nie. Kooktemperatuur vir skoon water teen 0.9 bar (die sisteem druk vir die Patrol) is 118.8 grade. 50% verkoelmensel se kookpunt kan maklik 10 grade hoer wees.

Ek glo jy kan dus die alarm-temperatuur opstoot na 110 grade.

Het jy al gekyk na die lugfilter soos Christo voorgestel het?
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry.
Post Reply

Return to “09. Engines”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 15 guests