Page 1 of 6
Petrol Pomp
Posted: 08 Mar 2012 10:55
by Marino4x4
Hi
Ek het die manne met die langkoppe en dik brille se raad nodig.
Ek het my 1998 4.5 GL Partol in gevat vir n diens. Die werktuigkundige sê vir my die Patrols het n probleem met hulle
petrol pompe gehad. Hy sal dié
petrol pomp moet vervang. Lyk my dit is iets met hulle druk wat hulle lewer te doen.
Is dit so dat die pompe n probleem met hulle druk gehad het? Is dit n algemene ding? Of skiet die man spek?
Dit is n dienssentrum in Bloem se mense, gelukkig nie Nissan agente nie. Hy kan die parte vir my teen n baie goeie prys kry. Blykbaar van die fabriek wat die parte vir Nissan maak. (Sny die duur Nissan boks uit). So ek dink ek kom goedkooperig weg, alhoewel dit nog n plaas se prys is.
Ek het nie n probleem gehad nie. Het die kar verledejaar September gekoop. Die idling van die kar was nie glad nie, maar het gedink dit is net die kar wat bietjie gestel moes word. Dit is hoekom die kar na die werktuigkundige toe is.
Wil net n tweede opinie he.
Dankie
Re: Petrol Pomp
Posted: 08 Mar 2012 11:19
by johanp
Die idling wat nie glad is nie is 'n algemene probleem met die 4.5. Op die australiese website het die mense allerhande dinge probeer, maar daar is nog nie 'n werklike oplossing gevind nie. Hulle het distributor caps, spark plugs en spark plug leads vervang, valve clearances gestel ens. Die meeste het 'n verbetering gehad maar die enjins het nog steeds nie heeltemal glad ge-idle nie. Ek kan nie onthou of iemand al 'n petrolpomp probeer het nie, maar volgens my sal 'n foutiewe pomp eerder probleme veroorsaak teen hoër revolusies as teen lae revolusies.
Re: Petrol Pomp
Posted: 08 Mar 2012 12:12
by Jules
Marinus wat kwoteer hy jou vir die pomp, vind dan ook by Nissan uit wat kos die pomp by hulle, Herrie het so ruk terug op een van die treads genoem dat hy n pomp by een van die spares shops gekoop het. Ons ouens met die 4.2 petrol sal ongelukkig ons meganiese pompe slegs by Nissan kan koop en dit is darem nie n plaas se prys nie saam met BTW so R850.
Hier is n paar slim manne wat die goed behels stuur n pm vir Gerrit Loubser ek dink hy net syne ook so n ruk gelede vervang
shalom
Re: Petrol Pomp
Posted: 08 Mar 2012 12:27
by Kagiso II

-- ek dinki, ek dink ek dink.. Marino - maak daai Mecchi 'n 'deal' - Laat hy die
pomp vervang [hy sit mos binne in di etenk, jy kom hom by via die "luik" agter in die bagasie-kamer [

nuwe woord???]
Die deal - AS jopu Patrol dan REG is, dan betaal jy hom .. as dit NIE is nie, haal hy sy
pomp uit - en dit kos jou niks nie ??? dink ek nou hardop.
ANDERS dink oompie dat Herrie [Kobus] se sports met sy
pomp konneksie dalk almal se probleem is .. vervang net eers die "lugs" wat op die
pomp koppel en druk hulle met 'n knyptang STYFFFFF vas.
Re: Petrol Pomp
Posted: 08 Mar 2012 13:50
by Peter Connan
Ekke dink Oom Mac se plan is 'n goeie een, want ek dink die kanse dat die pomp self so 'n probleem kan veroorsaak, is maar klein.
En as hy nie daaraan wil byt nie, tas hy self in die donker.
Re: Petrol Pomp
Posted: 08 Mar 2012 13:59
by Marino4x4
Hy vra my R1250 vir, wat hy se, die selfde pomp is as die een wat die Nissan agente verkoop. Nissan het hom R3500 gekwoteer vir die pomp. Ek sal by hom n draai maak en bietjie hoor wat aangaan. Watter druk moet so pomp kan lewer? Het iemand ervaring in die 4.5 petrol pomp en pryse?
Oom Mac ek sal bietjie kyk of hy byt aan oom se plan.
Dankie
Re: Petrol Pomp
Posted: 08 Mar 2012 15:16
by Herrie
My Patrol het ook nie mooi ge-idle nei en sodra ek oor 800revs gegaan het was als reg.
Wat ek gevind het was dat nommer 2 vonkprop los was - het hom vas gemaak en toe loop hy reg!
So twee weke later weer die selfde probleem - die selfde vonkprop was weer los!
Dis nie maklik om die plek van die vonkprop mooi te sien nie - staan toe op 'n kas en sien dat daar stof (seker carbon) teen die head is wat veroorsaak dat die vonkprop los gaan. Ek het toe die stofsuier gevat en die plek skoon gesuig - sommer dit met al die vonkprop plekke gedoen.
Nog nooit weer die probleem gehad nie!
My ander probleem was toe ons terug gekom het van Botswana af en die engin het geloop en mis - nie terwyl hy idle nie - en die probleem was die konneksie op die
pomp in die tenk.
Re: Petrol Pomp
Posted: 08 Mar 2012 20:11
by Grootseun
Marino maak ook seker dat daai omp die regte vloei per minuut voorsien , ek was vandag weer by n klient wat n Universal pomp ( net so goed soos OE se hulle )ingesit het in n Pajero en raai wat te min vloei op hoor revs
Maar rowwe idling agv n petrolpomp , nie in my opinie nie
Re: Petrol Pomp
Posted: 11 Mar 2012 09:54
by tour de frans
Oom Mack se raad.... Sal maar sleg tweede kom by my. Ek het al n klieent se ringe en gasgets met bearings voor hom uitgehaal toe hy my nie wou betaal nie.Dit was n opel kadet. Alles onder n uur gebeur. Die res van die engine parte wat syne was in die boot netjies gepak op n koerant en hom mooi uitgestoot in n parkeerplek buite...
Nissan Patrols het n petrol pomp probleem. Hulle begin lean loop en met n simpel petol druk toets, is die druk te laag. Nuwe pomp fix dit weer. Koop n bosch intank pomp vir n VW polo by midas en bou dit self in. Die twee lewer dieselfde druk.
Ek het al een gekry wat n groot volt drop gehad het na die pomp, meet ook die volts.
Groete
Re: Petrol Pomp
Posted: 11 Mar 2012 21:34
by van niekerk
Vandag klaar gemaak met my pomp insit.Bosch pomp by Autozone vir onder R400-00 gekry en met die bakkie gaan ry en kon werklik verskil voel. Tot SWAMBO het opgemerk die trolllie is nou beter.
Eerste kwotasie was R4900-00 parte en arbeid. Nou wonder ek maar.
Kan nou elke jaar pomp vervang vir tien jaar.