Page 1 of 2

Terrano II

Posted: 25 Aug 2017 13:03
by Bre
Goeie dag manne,

Ek is op soek na 'n SWB Terrano. Ek het op die afgekom op die nuwe aaklige oxl https://www.olx.co.za/item/2007-nissan- ... 1009645308
Ek sien op die ou se profile hy het 'n paar ander voertuie wat hy verkoop maar ek kan hom nie in die hande kry nie. Weet enige van julle daar in die noord van die Tom?

Of van enige SWB Terrano wat te koop is in die 50-65k price range?

By voorbaat dank

Re: Terrano II

Posted: 25 Aug 2017 13:22
by Tinus lotz
Rudgar het na n mooi een gaan kyk sal gou hoor

Re: Terrano II

Posted: 30 Aug 2017 16:17
by Bre
Het nog 'n mooi ene gevind maar hy's op die anderkant van die werld :confused:
https://www.gumtree.co.za/a-cars-bakkie ... 1188335309

en hy's wit :sad:

Re: Terrano II

Posted: 06 Sep 2017 11:42
by SJC
Het n Terrano low range?

Re: Terrano II

Posted: 06 Sep 2017 12:46
by nisjeep
Jip, Lowrange en 'n LSD agter. Het al die hele reeks Toyotas insluitend 2 Cruisers uit die duine gehaal met SWAMBO se skoolkar.
Een van die mees underated 4trek voertuie ooit. Ek wil eendag vir my seuns elk 'n kortgat Terrie gee vir hulle eerste karre. Miskien nou al begin bou!

Re: Terrano II

Posted: 06 Sep 2017 13:00
by Bre
SJC wrote:Het n Terrano low range?
ja. Volgens die workshop manual het hy die selfde TX10A transfer case as die Hardbody

Re: Terrano II

Posted: 09 Sep 2017 06:31
by davidvdm
Bre wrote:
SJC wrote:Het n Terrano low range?
ja. Volgens die workshop manual het hy die selfde TX10A transfer case as die Hardbody
Enigste verskil tussen Hardbody en Terrano, is dat die Terri coils agter het. Anders is die drivetrain die selle. H233 met LSD agter, maar meeste is teen die tyd bietjie slap op die LSD.

Re: Terrano II

Posted: 09 Sep 2017 22:52
by Kagiso II
Gumtree het n mooi wittetjie .. Vrystaat girlie wat verkoop 60 K laag kilos .. Daai rooie se klok is bikki oorvol.

AL wat ooit op daai goed pla is air flow meter ; die digitale km lesing op die 'dash' en elektriese ruite ..
Maak die AFM met "Elektrokleen" skoon
Hou die ruite se koppelings skoon
maak die kontakte in di edash skoon

en ALLES doen jy met Electrokleen"

Maak die LSD met parafien skoon, gooi NISSAN se LSD diff olie in enjy kan Baboons gaan ry met daai karretjie
Dwergie nonog die (*&^%#$ in vir my oor ek haar "shortie" verkoop het

[in my boek n beter voertuig as Toy se Prado en Mitshu se Pajero SWB ..

Re: Terrano II

Posted: 29 Sep 2017 13:49
by Bre
Dag sê mense.

Ek het toe a 2000 Terrano II in die hande gekry hier om die draai in Robertson. Kar is in ‘n goeie toestand en die prys was selfs beter. Maar hy het 'n paar dingetjies was ek moet reg maak.

Weet iemand miskien waar ek die volgende goed in die hande kan kry?
  • 'n Intercooler
  • hooflig op die passasier se kant (nie die ronde ene nie)
  • window winder meganisme op die bestuurder se kant
Daar is ook fout met die sunroof maar daai kan wag,

Re: Terrano II

Posted: 29 Sep 2017 13:58
by hugejp
:gotpics: