Page 2 of 5

Re: Patrol Forum and NOROC Event: Saturday 24 November 2018

Posted: 05 Oct 2018 15:27
by georgeb
Middag Jorrie

Dankie vir jou reëlings sovêr.

Ek ondersteun die 2de Februarie vir Sandwani. Ek glo daar is 'n aantal manne/dames wie nie die Patrol jaareind kan bywoon nie, so ons sal kyk om 'n geleentheid by 'n ander venue te reël vir die 24ste November - wanneer Sandwani sou plaasvind.

Re: Patrol Forum and NOROC Event: Saturday 24 November 2018

Posted: 07 Oct 2018 18:30
by Jorrie
Regso
Ek kanselleer die Sandwanidag van 24 November.

Re: Patrol Forum and NOROC Event: Saturday 2 February 2019

Posted: 02 Jan 2019 10:29
by georgeb
Môre Jorrie

Sal jy asb weer vir ons die reëlings vir DV 2 Februarie hier publiseer wanneer dit beskikbaar is?

Re: Patrol Forum and NOROC Event: Saturday 24 November 2018

Posted: 04 Jan 2019 14:26
by georgeb
Goeie middag

Kan 'n Moderator asb hierdie draad se naam verander na: Patrol Forum and NOROC Event: Saturday 2 Februarie 2019 of moet ons 'n nuwe draad skep?

Laat weet asb en dankie.

Re: Patrol Forum and NOROC Event: Saturday 24 February 2019

Posted: 05 Jan 2019 12:35
by georgeb
1. Jorrie
2. Missey
3. Juan L
4. Pieter B
5. George B
6. Frikkie dP
7. Renier C
8. Andre D
9. Riaan D
10. Andre en Heleen K

Re: Patrol Forum and NOROC Event: Saturday 02 February 2019

Posted: 06 Jan 2019 06:59
by Jorrie
Neem asb kennis: Die datum is Saterdag 02 Februarie 2019.
Sandwani kostes R120 per voertuig plus R60 per persoon.
Daar is 6 karavaan/tent staanplekke met krag. Ablusie geriewe is beskikbaar
Daar is ook 'n paar chalets beskikbaar.
Ek het gereel dat hulle vir ons koffie en beskuit by aankoms sal gee en vir braai geriewe en pap en sous en 'n mengelslaai (13H00). Elkeen moet sy eie vleis en ander eetgoed bring. Bring eie eetgerei asb. Daar is 'n volledige kroeg - Wet van Transvaal. Ons sal die braaigeriewe agter die kroeg/restaurant gebruik. Daar is 'n groot tafel waar almal sal kan sit en eet.
Ons sal oorkant in die gruis gate gaan speel. Dit belowe om 'n interessante dag te wees want dit het baie gereën en die 4x4 fasiliteit het baie verander. Die plek is tans baie groen en die bos is ruig. Die dam by die lapa van die 4x4 baan is vol water. Daar is ook heelwat moderpoele.
Daar is tans baie wild (blesbokke, nyalas, koedoes, springbokke, volstruise, rooibokke, swartwildebeeste, vlakvarke, ,gemsbokke, bontebokke, meerkatte, likkewane, ens. Heelwat albinos ook.) met baie kleintjies. Daar is ook baie voëllewe.
Sandwani sal in die week vir my die kostes deurgee.
Ons sal by die braaigeriewe agter die restaurant bymekaar kom vir die registrasie.
Iemand het verlede week sy Landcruiser daar afgeskryf en 'n rukkie gelde het 'n Amarok daar gerol. Ons sal hierdie keer nie die akademiese baan gebruik nie.

Re: Patrol Forum and NOROC Event: Saturday 02 February 2019

Posted: 08 Jan 2019 08:51
by Alex Roux
Jorrie, George

Sit my op asb.
Hierdie keer gaan ek hom nie mis nie.

Re: Patrol Forum and NOROC Event: Saturday 02 February 2019

Posted: 08 Jan 2019 09:23
by georgeb
Alex Roux wrote: 08 Jan 2019 08:51 Jorrie, George

Sit my op asb.
Hierdie keer gaan ek hom nie mis nie.
Môre Alex - bakgat - hoeveel mense?

Re: Patrol Forum and NOROC Event: Saturday 02 February 2019

Posted: 08 Jan 2019 14:39
by Jorrie
Alex Roux wrote: 08 Jan 2019 08:51 Jorrie, George

Sit my op asb.
Hierdie keer gaan ek hom nie mis nie.
Hi Alex

Ek is bly dat jy dit hiedie keer kan maak!

Groetnis

Re: Patrol Forum and NOROC Event: Saturday 02 February 2019

Posted: 09 Jan 2019 20:40
by Jorrie
Any more takers?