Page 7 of 10

Re: 29 March - 09 April 2018 Botswana Explorer's Route

Posted: 14 Apr 2018 20:17
by Alex Roux
2009

Re: 29 March - 09 April 2018 Botswana Explorer's Route

Posted: 15 Apr 2018 00:19
by SJC
Weet nie of dit voorheen genoem is nie, maar:
hoeveel kos so trippie?
hoe selfversorgend moet mens wees? (moet alles saam gery word of kan mens aanvul op roete? )
Is dit doenbaar sonder n yskas?

Re: 29 March - 09 April 2018 Botswana Explorer's Route

Posted: 15 Apr 2018 07:03
by Peter Connan
Fanus, daai is 'n moeilike vraag, waarvan die antwoord baie afhang van hoe jy persoonlik kamp en lewe.

So ek gaan dit probeer afbreek.
Op die spesefike toer was die gids se fooi R4250pp vir grootmense en R980 vir kinders (ek dink dis onder 12?). Hierdie was veronderstel om meeste van die etes (hy het gevra dat ons 4 aande se kos vir onsself voorsien) en meeste van die verblyf.

Maar op die ou einde moes ons weens weersomstandighede en veranderinge aan die roete heelwat meer self kook en ook meer in formele kampe bly.

My gerekende trip-afstand was 3770km. Hiervoor het ek R11 106 se brandstof begroot. Ek het uiteindelik heelwat minder as dit in my eie kar gebruik, maar dis waarskynlik nie raadsaam om bloot te aanvaar dat een van jou maats jou die laaste 1700km gaan sleep nie (ek het darem vir Errol so 'n bietjie petrol geskenk)...

Ons was seker so alke 4 dae in 'n dorp met winkels waar ons voorraad kon aanvul. As jy hou van blikkieskos of regtig weet hoe om 'n coolbox te bedryf, sal jy waarskynlik sonder 'n yskas kan regkom, maar as jou vrou hou van vars slaai kan jy maar vergeet.

Vir my toergroep van 3 grootmense was die koste dus net onder R30k. Verwag om bietjie meer te betaal as jy in die publike kampe van die wildtuine te boer.

Die probleem is natuurlik dat dit geen van die herstelkostes bespreek nie. Ek reken elke kar het ten minste een stel remskoene gebruik. Meeste van ons se handremme is ook vodde, en dan praat ek nog nie van ons paar wat groter probleme ondervind het nie.

Re: 29 March - 09 April 2018 Botswana Explorer's Route

Posted: 15 Apr 2018 09:20
by Peter Connan
Paar fotos...
Washing up
Washing up
DishWashersODP.jpg (394.28 KiB) Viewed 7495 times
Sandpad
Sandpad
SandpadODP-3.jpg (460.89 KiB) Viewed 7495 times
Mahambo Ferry.
Mahambo Ferry.
FerryODP.jpg (356.09 KiB) Viewed 7495 times
Toilet with a view
Toilet with a view
ToiletWithaViewODP.jpg (495.35 KiB) Viewed 7495 times
Sunset on the pan
Sunset on the pan
PerfectSunsetODP.jpg (482.84 KiB) Viewed 7495 times
Poler
Poler
PolerODP.jpg (408.06 KiB) Viewed 7495 times
Makoro view
Makoro view
MakoroRideODP-2.jpg (455.47 KiB) Viewed 7495 times
Khwai nag
Khwai nag
KhwaiNagODP.jpg (399.61 KiB) Viewed 7495 times

Re: 29 March - 09 April 2018 Botswana Explorer's Route

Posted: 15 Apr 2018 11:44
by Alex Roux
SJC wrote: 15 Apr 2018 00:19 Weet nie of dit voorheen genoem is nie, maar:
hoeveel kos so trippie?
hoe selfversorgend moet mens wees? (moet alles saam gery word of kan mens aanvul op roete? )
Is dit doenbaar sonder n yskas?
7 uit die twaalf dae sou ons ontbyt en aandete kry.
Elke oggend maak een van die gids se helpers moer koffie op die vuur.
Die probleem is as dit reen, dan is daar nie koffie of ontbyt nie. Die gids het nie 'n plan B met gas gehad nie.
Dit het baie gereen. Die ontbyt stel dan maar net uit na 'n oggend wat dit nie reen nie. Maar geen koffie as dit reen nie. Dan moes mens maar self gou op jou gas kan maak.

Daar was 'n paar 17/18 jariges wat nog gekwalifiseer het as "kinders". Ek dink dit was 'n vergunning. Nie seker of dit altyd met hierdie gids so sal werk nie

Re: 29 March - 09 April 2018 Botswana Explorer's Route

Posted: 15 Apr 2018 15:21
by Michael
Fanus my kostes was om en by soos volg
Brandstof R6,800
Vooie aan gids vir die trip R9,480
Extra vooie toe ons in Kaprivi was R1,500
Kos, snacks en koeldrank ongeveer R5,000

So ek sou se tussen R22,000 en R25,000. Eks te bang om na die bank state te kyk wat presies dit gekos het.........

Re: 29 March - 09 April 2018 Botswana Explorer's Route

Posted: 16 Apr 2018 09:58
by Andre_gtr
Michael wrote: 15 Apr 2018 15:21 Fanus my kostes was om en by soos volg
Brandstof R6,800
Vooie aan gids vir die trip R9,480
Extra vooie toe ons in Kaprivi was R1,500
Kos, snacks en koeldrank ongeveer R5,000

So ek sou se tussen R22,000 en R25,000. Eks te bang om na die bank state te kyk wat presies dit gekos het.........
Michael die brandstof klink nie sleg nie, het jy ook 3770km geklok?

Re: 29 March - 09 April 2018 Botswana Explorer's Route

Posted: 17 Apr 2018 02:36
by Michael
Andre, ek het 3,818km ver gery en het 6,06km/l op die ou end gekry. Dit sluit in meer as 200km se low range sleep werk deur die moeilikste gedeelte wat ons gedoen het so ek is heel tevrede.

Re: 29 March - 09 April 2018 Botswana Explorer's Route

Posted: 17 Apr 2018 08:32
by ricster
Michael.... diesels do that for you....hahaha... But even I am impressed with that consumption, considering the sand and towing that was needed. I have noticed that it doesn't make a big difference to the consumption when loaded or empty on the diesels. I assume its due to the revs generally being kept lower than on a petrol, as they just can't rev like a petrol motor.

All that said.... Damn... the Patrol is still the best machine out there !!!

Re: 29 March - 09 April 2018 Botswana Explorer's Route

Posted: 17 Apr 2018 17:41
by Chris Skinner
I haven't visited the forum much lately, so have just read through this entire thread to catch up.
Sounds like it was an epic adventure with all the trials and tribulations - wish I'd also been there!
Just for interest, were there any 4.8 autos there and how did they manage, and what technical problems (...no clutch problems I recon!)

Anyway, :goodpost: all!