Page 6 of 10

Re: 29 March - 09 April 2018 Botswana Explorer's Route

Posted: 13 Apr 2018 06:20
by Peter Connan
Kagiso II wrote: 12 Apr 2018 20:56 Janee - Silinda Spilway is NIE 'n grap in reenseisoen nie.
Respek vir julle wat hom aangepak an klaargemaak het
Oom Mac, die Spilway self was kinderspeletjies teenoor sommige van die plekke waar ons gery het.

Daar was plekke waar Errol en Graham (as gevolg daarvan dat hulle kleiner bande as die res van ons op gehad het) op droe grond vasgeval het omdat hulle sulke groot bolle gras en bossies ge-stootskraap het onder hulle pense, waar ons eers daai goed moes uitgrou sodat hulle wiele weer kon grond vat.

Maar as 'n Patrol se wiele wel grond vat, dan ry hy net...

Re: 29 March - 09 April 2018 Botswana Explorer's Route

Posted: 13 Apr 2018 07:03
by Michael
Errol, dankie vir daai mooi beskrywing. Eerlik waar sou ek ook graag daai prentjie wou sien van voor af.
Van binne af moes ek net konsentreer om die regte lyn te vat en seker maak ek hou my momentum deur daai diep moder gat.

Op die eerste gedeelte van die sleep het die kinetiese tou waarmee ek Alex gesleep het gebreek en my klein agter deir afgeskryf. Ek het ook vroer in Muremi my linker twee deure lelik seergemaak agv n stomp wat agter die gras weg gesteek was.
My agter brieke was op die yster in die Kaprivi en my handrem het ook nie meer gewerk na daai modder nie.

Ek het darem 6km/l kon kry op ons "round trip" wat ek heel tevrede is en my Patrol het hom goed gedra.

So paar van die eerste paar dae se fotos

Re: 29 March - 09 April 2018 Botswana Explorer's Route

Posted: 13 Apr 2018 08:18
by Alex Roux
This is where my tire ended up:

The TPMS did not respond quick enough. In fact the alarm only when off after I got the car to standstill.
I am replacing that system before the next trip.

Graham used his car and winch to lift my car up from the back, since the ground was not firm enough for the bottle jack on its own.
TyreIncident TracksAfterBurst2.JPG
TyreIncident TracksAfterBurst1.JPG
TyreIncident Rim.JPG
TyreIncident GrahamWinchLift.JPG
TyreIncident CooperSTT2.JPG
TyreIncident CooperSTT1.JPG
TyreBurstDamage1.JPG

Re: 29 March - 09 April 2018 Botswana Explorer's Route

Posted: 13 Apr 2018 08:25
by Alex Roux
One lesson learned:

When getting towed by Michael I used the recovery point that Piet supplies. It has three bolts that screw into the chassis.
When finally getting back to Maun, we found that the bumper was loose. The three bolts had loosened. Two of these could not tighten any longer, as the thread seemed to have damaged (either from the bolt side or the chassis side).

Three days of 3.5 tonnes being yanked around eventually took its toll.
note these are all high tensile bolts.

Going forward, to make this point stronger and more secure, I would used longer bolts, and tighted them with nuts on the opposite side, and then tap weld them.

Saronga Departure 2.JPG
Saronga Departure 1.JPG

Re: 29 March - 09 April 2018 Botswana Explorer's Route

Posted: 13 Apr 2018 11:20
by Kagiso II
Peter Connan wrote: 13 Apr 2018 06:20
Kagiso II wrote: 12 Apr 2018 20:56 Janee - Silinda Spilway is NIE 'n grap in reenseisoen nie.
Respek vir julle wat hom aangepak an klaargemaak het
Oom Mac, die Spilway self was kinderspeletjies teenoor sommige van die plekke waar ons gery het.

Daar was plekke waar Errol en Graham (as gevolg daarvan dat hulle kleiner bande as die res van ons op gehad het) op droe grond vasgeval het omdat hulle sulke groot bolle gras en bossies ge-stootskraap het onder hulle pense, waar ons eers daai goed moes uitgrou sodat hulle wiele weer kon grond vat.

Maar as 'n Patrol se wiele wel grond vat, dan ry hy net...
Danki Peter, OOmpie ken daai paaie. Dis waar ons Uitreik al van 1997 af [in die begin was daar NIKS] Die hele pad van Ghudikwa af tot by Kwai of die altyernatief Buffel Kaplyn by Mankwe verby of die "Poach trail" [NIE Hunters Road nie] asook die pad deur die Swamps tot by Katshikau en dan Chobe, Kasane, Oompie het hulle al gery en gesukkel [daai 50 km tussen Beetsha en Seronga het ons 9 ure gevat in die begin.
Ek sê weer - Hoed af vir julle wat daai stuk aangepak het.

Re: 29 March - 09 April 2018 Botswana Explorer's Route

Posted: 13 Apr 2018 12:27
by Peter Connan
Alex, twee dinge:

Eerstens, geen TPMS gaan vinnig genoeg reageer om jou van so 'n blowout te waarsku nie. Die band het effektief van buite af uitmekaar geval, en die TPMS het niks daarvan geweet totdat een van daai dwars skeure gebeur het nie, en in ek reken die banddruk het in minder as 2 sekondes van vol na zero druk geval.

Om die stelsel te ruil gaan niks help nie. Mag ek vra wat die band se temperatuur was die laaste keer wat jy daarna gekyk het?

Dan in terme van die boute:
Wat waarskynlik gebeur het is dat die boute gerek het. Langer boute gaan vinniger rek. En om hulle te tack weld gaan ook net probleme veroorsaak, want dit keer nie die rek nie.

Die antwoord is om die gate groter te boor en die volgende groter grote boude in te sit.

Re: 29 March - 09 April 2018 Botswana Explorer's Route

Posted: 13 Apr 2018 12:56
by Alex Roux
Peter Connan wrote: 13 Apr 2018 12:27 Alex, twee dinge:

Eerstens, geen TPMS gaan vinnig genoeg reageer om jou van so 'n blowout te waarsku nie. Die band het effektief van buite af uitmekaar geval, en die TPMS het niks daarvan geweet totdat een van daai dwars skeure gebeur het nie, en in ek reken die banddruk het in minder as 2 sekondes van vol na zero druk geval.

Om die stelsel te ruil gaan niks help nie. Mag ek vra wat die band se temperatuur was die laaste keer wat jy daarna gekyk het?

Dan in terme van die boute:
Wat waarskynlik gebeur het is dat die boute gerek het. Langer boute gaan vinniger rek. En om hulle te tack weld gaan ook net probleme veroorsaak, want dit keer nie die rek nie.

Die antwoord is om die gate groter te boor en die volgende groter grote boude in te sit.
Ek sal nie vir jou kan se presies wat die temperatuur was voor die band ingegee het nie.
Die temperatuur kon nie meer as 40 grade gewees het nie. Ek het nog nooit voorheen meer as 40 grade gelees nie, behalwe vir die twee vorige kere wat die alarm wel afgegaan het.

Ek het ander issues met daardie TPMS stelsel. Van die sensors moet ek gedurig uithaal om weer kontak te bewerkstellig. Regsagter was egter nog nooit een van die punte wat gesukkel het nie.

Wat boute betref:
Wat van as mens die herwinnings punt vas sweis na die boute vas gedraai is?

Re: 29 March - 09 April 2018 Botswana Explorer's Route

Posted: 13 Apr 2018 13:31
by Peter Connan
Alex, is jou TPMS een wat buite op die valve stem opskroef?

Myne, wat binne-in sit, lees gereeld baie hoer temperature as dit. Op daai selfde dag wat jou band gebars het, het ek op pad na Maun toe op 'n stadium 62 grade gesien...

Maar selfs temperatuur sou waarskynlik nie oor die failure gewaarsku het nie.

Die materiaal waarvan die recovery points gemaak is, is tegnies 'n koolstofstaal. Met ander woorde, die hardheid daarvan word deur hittebehandeling geaffekteer. Dit is gewoonlik nie raadsaam om sulke stale te swys tensy jy hittebehandeling kan doen na die tyd nie.

Maar ek het hom so ontwerp dat daar baie vleis om die boutgate is, en swyswerk daar behoort nie regtig die punt swakker te maak nie, solank jy nie na die tyd water op spuit terwyl die metaal nog warm is nie.

Net nog een ding: ek sou nie die recovery punte direk aan die chassis vas swys nie. My rede is dat jy die roesbehandeling aan die binnekant van die chassis sal beskadig, en daar is geen manier om dit weer reg te maak nie, maar as ek reg onthou monteer jou recovery point eintlik aan die bosbreker?

Probleem daarmee is, jou bosbreker is vlekvrye staal, wat weer sy eie probleme veroorsaak. Weet jy dalk watse staal Charles gebruik het?

Re: 29 March - 09 April 2018 Botswana Explorer's Route

Posted: 13 Apr 2018 13:54
by Alex Roux
Ja dis reg, dit monteer op die selfde boute wat die bosbreker aan die chassis vas maak.
Ek sal uitvind watse staal Charles gebruik het.

Re: 29 March - 09 April 2018 Botswana Explorer's Route

Posted: 14 Apr 2018 19:45
by SJC
Alex Roux wrote: 13 Apr 2018 08:18 This is where my tire ended up:

The TPMS did not respond quick enough. In fact the alarm only when off after I got the car to standstill.
I am replacing that system before the next trip.

Graham used his car and winch to lift my car up from the back, since the ground was not firm enough for the bottle jack on its own.


hoe oud was hierdie band gewees?