Page 1 of 13

Duine trip 20 Sept- 24 Sept 2018

Posted: 18 Oct 2017 10:57
by Tommie
More Maats.

Weet dit nog baja vroeg, maar wil net verhoed dat ons nie nog ander trips reel vir daai tyd nie. Die idee is om die Donderdag 20September te ry. En dit gaan ver wees, noord van Upington. Die 21,22,23 duine en kwartmyl te ry. En die Maandag die 24ste die langpad terug aan te pak. Kostes ens sal ek nader aan die tyd bevestig.

Groete

Daar is 'n "dubbel booking" vir ons op GOERAPAN. Die knaap wat daar gewerk het is weg,en so ook ons 'booking'. Ek wil die volgende voorstel.
Ons kom daar aan die 21ste SEPTEMBER (VRYDAG). En dan die Saterdag ry ons die 'Mild Roete', en indien ons vroeg genoeg terug is doen ons Quater Mile.
22ste September(SATERDAG), Is dit heeldag Quater Mile jaag en speel. Ek weet dat daar paar uitdagings is tussen party Maats.
23ste September(Sondag). Extreme roete. die dag is heeldag duine ry en daar is paar groot duine. Maats die roete is ook baja tegnies, en vereis baja konsentrasie. Ons gaan baja lekker speel.

Tinus het my gese dat daar ook n Y62 gaan wees, en ek ook gehoor dat Frans daar gaan wees met sy sterk Patrol, ook gaan daar 4.8's wees met superchargers en turbo's. Yster(427) se ou motor gaan ook daar wees. Darem weer in n Patrol.
Maandag die 24ste pak ons op en ons ry terug. :thumbdown:

Hoekom ek die '"DUBBLE BOOKING" noem is dat daar nie chalets gaan biskikbaar wees nie. Ons gaan almal moet kamp. Die pan is groot genoeg om almal te huisves. En ons program sal nie inmeng met die ander groep sn nie.

Hiermee die tariewe.
KAMP:
Volwassene R100p/p/n
Kinders 6-12jaar. R50p/p/n
0-6jaar Gratis

4x4 ROETES;
R600 vir altwee roetes.
Julle kan bespreek by die volgende epos adres. julindaleroux69@gmail.com of info@kalaharigoerapan.co.za . Verwysing sal wees PATROL NAWEEK.

Afstande. Vanaf Upington is dt so 90km tot op die pan. Ons moet volmaak op Upington en ook die nodige hout en inkopies doen aangesien daar nie winkel is op die pan nie. Daar is krag maar sal nie op dit staatmaak nie. aangesien daar baja mense gaan wees. So bring maar die sonpanele saam. Onthou dat die storte n "donkie" is wat vir ons warm water maak. Ablusie geriewe is 2ster. Daar is darem spoel toilette.

Stuur asb vir my julle bewys van betaling na .... tommiepatrol@gmail.com.

Maats daar is nie n beperking op hoeveel voertuie wil kom nie.

Groete

Meer inligting. Goerapan is 80km noord van Upington. Ons sal almal ons voertuie daar moet vol maak,want na Upington is daar nie meer vulstasies nie. die nodige hout en proviant moet ook daar aangevul word, ons moet selfvoorsienend wees . Maw... ys, hout, water eetgoed en koeldranke. Daar is n kroeg beskikbaar, maar dit is alleenlik vir daar kuier se gebruik. daar is wel storte en toilette, maar onthou dat dt maar 2 ster is. Donkie om water warm te maak ens. Dt gaan koel word in die aande. So bring maar Mamma se knie kombersie saam. In die dag gaan ons temprature he van om en by 30-35 grade. Ons sal die Patrol groep in n sirkel laat kamp op die pan, onthou dat daar n ander groep ook daar is die naweek.

Ons sal een gemeenskaplike vuur maak waarby ons almal kan sit, kuier en braai. Die beplanning is om Saterdag ogend die kort agterste duine roete te gaan ry,net om almal weer gewoond te kry om sand te ry :biggrin: en die middag die 'DRAGS' te doen. en dan Sondag die meer tegniese roete.

Wat die brandstof betref. as jy 100LT in jou voertuig het dan sal jy genoeg he om vanaf Upington te ry, te speel en terug te kom tot by Upington.

Die beplanning is dat almal al Vrydag aand by Goerapan sal slaap. Sodat ons die Saterdag ogend vroeg kan begin. Nadat ons koffie en beskuit gehad het. Pak maar genoeg drinkgoed en 'snacks' in vir die roete.

Maats indien daar enige vrae is.... Laat maar weet dan sal ek antw. Moet nie vergeet om te bespreek nie, en stuur asb vir my die betaal bewys aan. Ek het op vorige 'post' die details aangeheg.

Re: Duine trip 20 Sept- 24 Sept 2018

Posted: 18 Oct 2017 11:04
by Kagiso II
Dankie Tommie -- Oompie sit juis Uitreike en beplan vir 2018 so dit is goud werd as mens sulke "iinings" vroegtydig kry.

Re: Duine trip 20 Sept- 24 Sept 2018

Posted: 19 Oct 2017 20:23
by Tinus lotz
:thumbup: :thumbup:

Re: Duine trip 20 Sept- 24 Sept 2018

Posted: 19 Oct 2017 20:44
by Michael
Gaan seker maak ek mis nie die een nie!

Re: Duine trip 20 Sept- 24 Sept 2018

Posted: 19 Oct 2017 22:02
by Alex Roux
Michael wrote:Gaan seker maak ek mis nie die een nie!
En ‘n rematch op 1/4 mile.
Die keer teen Skilpad!...

Re: Duine trip 20 Sept- 24 Sept 2018

Posted: 19 Oct 2017 22:04
by Tinus lotz
Ga ons n doughnut comp ook hê???

Re: Duine trip 20 Sept- 24 Sept 2018

Posted: 20 Oct 2017 05:03
by Michael
Alex Roux wrote: En ‘n rematch op 1/4 mile.
Die keer teen Skilpad!...
klink na n plan :biggrin:

Re: Duine trip 20 Sept- 24 Sept 2018

Posted: 20 Oct 2017 07:28
by Tommie
Michael ek het skilpad gesien..... En ek dink jy sal moet nog n ekstra pomp iewers moet insit. Daai GQ is kwaad hoor. Ja ons kan dougnuts gooi daar en kyk hoeveel jy kan doen. Pas net op dat jy nie op jou dak gaan land nie.

Maats ons kamp op die soutpan. Sal kyk of ek fotos nog iewers het. Daar is wel n paar you tube videos van Yster by Goerapan.

Re: Duine trip 20 Sept- 24 Sept 2018

Posted: 20 Oct 2017 07:30
by Tommie
Alex.

Die naam "SKILPAD" is dt n skuilnaam.? :think:

Re: Duine trip 20 Sept- 24 Sept 2018

Posted: 20 Oct 2017 09:27
by Kagiso II
A-nee-a Lexi ... Skilpad is Skilpad since forever mos ... ons ken ammal daai Goue Trollie