17-21 Maart 2017 DUINE TRIP

Planning a get together (GTG), trip or competition?
Post Reply
User avatar
offroadbiker
Moderator
Posts: 2840
Joined: 25 Jul 2012 08:36
Full Name: Dirk de Clerk
Nickname: ORB
Home Town: Krugersdorp
Current 4x4: Patrol GQ 4.2 ST
Home Language: Afrikaans/English
Location: Krugersdorp
Has thanked: 186 times
Been thanked: 260 times

17-21 Maart 2017 DUINE TRIP

Post by offroadbiker »

Die Patrol duine trip vir 2017 sal plaasvind van 17 tot 21 Maart 2017.

Reelings vir die 2017 trip - aan onderkant van die post.


AGTERGROND
Van laasjaar se inligting...............

Dag Maats.
Ja ons sal kamp by Boegoeberg, maar sal die Soutput, en Waterford roetes gaan ry, ek gaan moontlik die naweek kyk of ons n 3de roete sal kan ry. Kamp plek is so 3ster, en daar is ook net krag van 7die ogend tot 10uur, en dan weer van 5 die middag tot en met 10uur die aand. Ons kamp langs die Oranje rivier. Kostes is R100 volwassene en R50 n kind,onder 12. Dit was die laaste kostes gewees, glo nie dat dit sommer sal opgaan nie. Die roetes is baja lekker met "escape routes" vir die wat nie kan uitkom nie. Magtig waarvan praat ekke tog nou, die is mos die Patrol Forum, ons ken nie van "escape routes" nie. Indien enige iemand nog inligting soek vra maar. Dit is omtrent so 710km vanaf PTA.

Alex baja beslis n famielie naweek. Ons almal geniet die duine ry baja. Russ, een van my vriende het ook n pick up Patrol, en hy het altwee die roetes gery. Flex is glad nie belangerik nie, net momentum en n banddruk van 0.5 bar. En as dit moet kan ons tot 0.4 ook ry. Ons gaan baja lekker kamp, en sal vir julle koordinate opsit sodat julle kan kyk op google waar die plek is. Net voorstel, moet asb nie die Kimberley, Griekwastad pad in die donker ry nie, daar is verskriklik baja Kudu's op daai pad, en veral nou in die winter kom hulle al nader aan die pad. Onthou dat ons hout moet saamvat, en die naaste dorp is Groblershoop wat 40km weg is. So bring maar alles saam soos ys en proviant. Petrol moet volgemaak word by Griekwastad. En dan moet julle toelaat vir so 80km se speel op die sand teen so 4km/ lt. Sal ook vir julle se hoe ver dit is van Griekwastad tot by die kampplek. Ek skat dat dit so 200km is. Doen beplanning daarvolgens.

Hiermee die koordinate vir die blyplek en die 2 roetes.

Waterford roete.
-28.939750°, 22.352111°

Boegoeberg eco resort.( Kamplek).
-29.041444°, 22.206000°

Soutput Roete
-29.003861°, 22.222528°

gaan by Boegoeberg eco resort bly. Dit is wel net n 2-3 ster kamplek, met krag net vanaf 5 in die midag en 7-9 in die ogende. Daar is wel gas geysers by die storte en water is drinkbaar. Ons moet ons eie hout, ys ens saamvat. Bring maar ook die nodige medisynes saam.

Onthou om die visvang goed saam te bring. Die hengel is regtig goed daar, en indien julle n boot of jetski wil saambring:-).... Daai is sy plek.

Onthou om genoeg hout ook saam te bring, daar word nie hout verskaf nie. Ek sal sorg dat ons n vooraad van hout daar kry ook, maar bring maar ook saam. En dan ook die ys, dit raak lekker warm in die dag, en wanneer ons op die roete is, is n koue bier net soveel lekkerder as n warm een.

Onthou ook die nodige recovery kit. Snatch straps, shackles, pompie vir die bande, en banddruk meter. Miskien se ek die dinge onnodig, want ons Patrol manne weet mos hoe en wat om alles te pak.

2017 Arrangements
Ons gaan daai een dag wanneer ons die drags doen 3 klasse he. Diesel, Petrol en Modified. Dit gaan baja lekker ondervinding wees vir die van julle wat nognie duine gery het nie. Ons gaan die Saterdag Waterford ry, en die Sondag drags, en dan die Maandag Soutput roete doen. Soutput is korter maar meer tegnies as Waterford, maar Waterford is n beter leerskool. So wanneer ons by Soutput kom ken die manne al hulle karre beter en die ratkeuses ens. Ek sal nader aan die tyd n lyse van kritieke benodighede opsit. En dan ook finale reelings tref hoe laat wie en waar ry. Dit is nogal n entjie se ry vanaf PTA.

Vanaf PTA is dit n goeie 10ure se ry. As jy teen 100km/uur ry. Onthou dat daar 2 kante van Boegoe berg dam vakansie oord is. Ek sal die koordinate op sit en asb gebruik daai koordinate, nie die wat jy van google af kry nie, anders gaan jy vir ons waai vanaf die oorkant van die dam. Glo my dit het verlede jaar gebeur met van ons manne.

Daar is beperkte selfoon opvangs, net MTN, by die kamp self, anders moet daar ver gery word vir opvangs. In die Noord kaap, is MTN oor die algemeen maar beter met sein. Dit werk nogal om n goed koop nokia foontjie te kry met n pay as you go simkaard.

Dag Maats.
Die besprekings sal ek hanteer nader aan die geleentheid. Ja ons betaal daar, slegs kontant asb. Die naaste dorp om proviant en diesel,perol te kry is Groblershoop. Dit is so 40km van ons af waar ons gaan kamp. Indien daar nie petrol of diesel saam gery kan word in kanne nie. Gaan ons beslis die Sondag ogend moet ry vir die nodige na Groblershoop.

Ja die kamplek kan bereik word met gewone karavaan. Sal maar net moet stadig ry op die grondpad. As ons vanaf PTA af ry is dit teerpad tot en met so 25km voor die kampplek wat dan grondpad word wat gewoonlik in goeie kondisie is.

Die afstand vanaf Griekwastad tot bt ons kampplek is 138km. Griekwastad kan ons brandstof kry. Die bereking is gedoen as mens vanaf Kimberly ry na die kampplek.

Afstand vanaf PTA tot en met Boegoeberg kampplek. Is 813km

Roetes ook betaal in kontant asb

Van Griekwastad/Groblershoop pad draai (links as jy van Griekwastad kom of regs as jy van Groblershoop kom) by;
-28.930629,22.326065
S28*55'50.3"E022*19'33.8"

Ry tot by T aansluiting en draai links;
-29.011700,22.244536
S29*00'42.1"E022*14'40.3"

Ry tot by;
-29.041030,22.269869
S29*02'27.7"E022*16'11.5"
en draai regs

Ry tot by;
-29.039673,22.209400
S29*02'22.8"E022*12'33.8"
en draai links in kampplek in.

Kampplek se ko-ordinate is;
-29.04144,022.206000
S29*02'29.2"E022*12'21.6"

Beslis op die noord oewer en nie die suid oewer nie. Die een onder die bome en nie die een wat oop is. Op google maps is hy aangedui as "Boegoe Rivier Kamp".

Dag Maats,

Onthou asb R 300-00 kontant vir die Waterford roete, Hendrik neem dit by die hek of by die " Braaiduin " ( Dit is per voertuig )

Die R 350-00 vir Soutput roete kan in Lourens se rekening inbetaal word. Dit is dieselfde rekening vir die kamp fooie. Of as julle kontant vir hom wil gee.
( Ook per voertuig ).

Daar is spoel toilette en storte by Waterford maar ongelukkig nie by Soutput nie. Onthou genoeg drinkgoed en ys vir albei roetes.

Ek sal ook die ORRA 1,2 frequency gebruik vir die naweek, moet nog net die radios so laat opstel.
Last edited by offroadbiker on 21 Nov 2016 10:37, edited 7 times in total.
Dirk
1996 Nissan Patrol 4.2 ST
User avatar
offroadbiker
Moderator
Posts: 2840
Joined: 25 Jul 2012 08:36
Full Name: Dirk de Clerk
Nickname: ORB
Home Town: Krugersdorp
Current 4x4: Patrol GQ 4.2 ST
Home Language: Afrikaans/English
Location: Krugersdorp
Has thanked: 186 times
Been thanked: 260 times

Re: Duine trip - 17-21 Maart 2017

Post by offroadbiker »

Bywoning

Voorlopige lysie

1) Tommie Yster KAMP KOMEDANT
2) Alex Roux
3) Tinus Lotz
4) Abri Hofman
5) Oom Mac
6) Graham G-Tech (aka PathMaker)
7) Dawid Pieterse (Ossewa)
8) Picasso (Henning)
9) David M
10) Ckaber
11) Wilkie (Errol)
12) Maginty (Manie)
13) hitsch
14) Pst JJ
15) tijmenvdS
16) Michael
17) Frans
18) Faan
19) Jasper
20) Broewer
21) Slowlux

Miskien

1) Jonathan
2) Anton Schutte
Dirk
1996 Nissan Patrol 4.2 ST
User avatar
Peter Connan
Moderator
Posts: 6005
Joined: 10 Sep 2010 07:21
Full Name: Peter Connan
Nickname: Piet
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1996 Patrol 4.5SGL
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 1065 times
Been thanked: 983 times

Re: Duine trip - 17-21 Maart 2017

Post by Peter Connan »

Ag nee blikemmer. Ek gaan die 8ste April Namibie toe, so ek glo nie ek gaan die een kan maak nie...

Sal kyk of daar dalk 'n hasie iewers in 'n hoedjie skuil. Sit my maar op die reserwelys vir eers asb.
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry.
User avatar
Tinus lotz
Moderator
Posts: 7579
Joined: 29 Aug 2010 13:07
Full Name: Tinus lotz
Nickname: Tinus lotz
Home Town: Centurion
Current 4x4: Nissan patrol 4.8 GRX 2005

Toyota 2.7 legend 35 LWB 4X4
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 800 times
Been thanked: 549 times

Re: Duine trip - 17-21 Maart 2017

Post by Tinus lotz »

Ek is in soos n bad rash.... :salute:
User avatar
Tinus lotz
Moderator
Posts: 7579
Joined: 29 Aug 2010 13:07
Full Name: Tinus lotz
Nickname: Tinus lotz
Home Town: Centurion
Current 4x4: Nissan patrol 4.8 GRX 2005

Toyota 2.7 legend 35 LWB 4X4
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 800 times
Been thanked: 549 times

Re: Duine trip - 17-21 Maart 2017

Post by Tinus lotz »

So???? Waar is ons wynkop makkers ????slaan bietjie uit :thumbup:
User avatar
Abri Hoffman
Patrolman
Patrolman
Posts: 526
Joined: 30 Apr 2009 14:06
Full Name: Abri Hoffman
Nickname: Abri
Home Town: Monument Park
Current 4x4: 2013 FJ Cruiser
Home Language: Afrikaans
Location: Monument Park
Been thanked: 7 times
Contact:

Re: Duine trip - 17-21 Maart 2017

Post by Abri Hoffman »

Natuurlik is ons daar :blonde:
2013 FJ Cruiser
"Jack Russel"
User avatar
Kagiso II
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 3452
Joined: 10 Jun 2009 16:58
Full Name: Mac Mc Menamin
Nickname: Oom Mac [Uncle Mac] [Uncle] [Oompie] Kagiso
Home Town: BrentwoodPark, Benoni
Current 4x4: 1982 Datsun Safari 2,8 aka LOBO; [1,300,000 Km verby !]
'99 PATROL 4,2 diesel.
2012 Jimny [SWAMBO se Kantoor-toe]
Home Language: AFRIKAANS
Location: Benoni and wherever the Outreach takes me.
Has thanked: 299 times
Been thanked: 155 times
Contact:

Re: Duine trip - 17-21 Maart 2017

Post by Kagiso II »

5) Oom Mac
Don't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
Tommie
Senior Member
Senior Member
Posts: 303
Joined: 27 Dec 2011 18:51
Full Name: Tommie Watkins
Nickname: Tommie
Home Town: Centurion
Current 4x4: Patrol 4.8 GRX
Home Language: Afr
Been thanked: 29 times

Re: Duine trip - 17-21 Maart 2017

Post by Tommie »

Oom Mac, regtig bly dat Oom dit sal kan maak. En Abri, julle ook. Daai manual 4.8 was sterk in die sand. Manne, daar is nie n beperking op hoeveel voertuie nie, so kom almal maar saam.
User avatar
Kagiso II
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 3452
Joined: 10 Jun 2009 16:58
Full Name: Mac Mc Menamin
Nickname: Oom Mac [Uncle Mac] [Uncle] [Oompie] Kagiso
Home Town: BrentwoodPark, Benoni
Current 4x4: 1982 Datsun Safari 2,8 aka LOBO; [1,300,000 Km verby !]
'99 PATROL 4,2 diesel.
2012 Jimny [SWAMBO se Kantoor-toe]
Home Language: AFRIKAANS
Location: Benoni and wherever the Outreach takes me.
Has thanked: 299 times
Been thanked: 155 times
Contact:

Re: Duine trip - 17-21 Maart 2017

Post by Kagiso II »

Dankie Tommie :-) .. Dis onderweg op ons RICHTERSVELDT Uitreik wat nat daarna in die skoolvakansie begin. EN Oompie tjor nie meer met Toy nie .. Het nou vir INYATHI [diew Buffel] .. lekker OU skool diesel 4,2 PATROL :woo: :blonde:
Don't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
User avatar
Michael
Moderator
Posts: 2479
Joined: 05 Mar 2014 14:39
Full Name: Michael
Nickname: Steyn
Home Town: Centurion
Current 4x4: Patrol GU 4.2 Turbo Diesel
Home Language: Afrikaans
Location: Centurion, PTA
Has thanked: 189 times
Been thanked: 336 times

Re: Duine trip - 17-21 Maart 2017

Post by Michael »

Ish.....ek wil gaan, maar sal nie nou al kan bevestig nie

Sit maar my naam op die miskien lysie
"The Just shall live by Faith" Rom1:17

Check out my build here My Patrol
And my engine rebuild here mostly engine related stuff
Post Reply

Return to “29. Events”

Who is online

Users browsing this forum: Semrush [Bot] and 7 guests