Bekker wrote:Wat net opvallend was dat halfpad teen die klip op was almal se momentum ± dieslefde met baie "wheel spin" maar nie Josh se 3.0 l nie.
Van die Youtube videos wat ek van verlede Saterdag se uitstappie gesien het, het Josh die vinnigste geklim.
Sien hoe Michael met sy eerste poging terug gegly het.
Dit is amper 'n kopie van hoe ek in Maart maand ook met my eerste poging terug gegly het.
In beide gevalle het ons na my mening te stadig begin. En toe ons in die dippie kom, was daar nie genoeg momentum nie.
Ek dink nie die hoeveelheid momentum was hoegenaamd dieselfde as in Josh se geval nie.
So buiten wringkrag, bande, en bandruk, moet ook nie die "moer" agter die wiel vergeet nie!
Wat betref die mate waarin die karre oplig, is daar ook ander faktore om in ag te neem.
Ek dink Josh se kar is die mees beskaafde onder die lot, met beide stabilisers nog in.
Ek het die afgelope drie jaar die klip drie keer gery, en elke keer het ek so baie gelig dat my towbar geskraap het.
Ek doen dalk iets verkeerd, maar tenminste maak dit vir goeie fotos.