Trip 4 River trip 5-9 August 2016

Planning a get together (GTG), trip or competition?
Post Reply
User avatar
offroadbiker
Moderator
Posts: 2841
Joined: 25 Jul 2012 08:36
Full Name: Dirk de Clerk
Nickname: ORB
Home Town: Krugersdorp
Current 4x4: Patrol GQ 4.2 ST
Home Language: Afrikaans/English
Location: Krugersdorp
Has thanked: 186 times
Been thanked: 261 times

Trip 4 River trip 5-9 August 2016

Post by offroadbiker »

Basiese reelings vir die trip: Die jaar doen ons hom in die teenoorgestelde rigting :thumbup:

Vertrek Frydag 05 Augustus. Konvooi vertrek 10h00 van N1 Petroport net buite Pretoria

Frydag aand kamp ons in die Klein Letaba naby Giyani.

Saterdag oggend van 07h30 begin ons in die rivier op ry.

Gewoonlik so teen 15h00 kyk die voorste voertuig vir 'n lekker staanplek vir die nag.

Sondag en Maandag verloop basies dieselfde.

Dinsdag (vakansie dag) oggend rustig oppak, klim uit die rivier en vat die pad huis toe.

Roete
Krugersdorp tot by ingang van Klein Letaba (Giyani) 496km (teerpad al die pad)
Petroport op N1 tot by ingang van Klein Letaba (Giyani) 428km (teerpad al die pad)
Shell Ultra City Polokwane tot by Ingang van Klein Letaba 175km
Klein Letaba so 50km dik sand
Klein Letaba tot by Molototsi 35km
Molototsi so 88km dik sand

Roete is basies die N1 tot by Polokwane, Stop by Shell vir iets te ete (opsioneel) en maak voertuie vol, en dan die R81 tot in Giyani waar ons weer optop (hoe verder van Polokwane hoe duurder die brandstof so darom is dit beter en maak vol op Polokwane en top net op in Giyani).

Volg die Klein Letaba dan vir ongeveer 50km (Die Klein Letaba kan in 1 dag gery word afhangende van die GROOT KLIP "obstacle" en hoeveel voertuie daar wil deur ry, anders so 1.5 dae).

Indien ons die Klein Letaba in 1 dag deur ry sal ons die Saterdag aand op die Eiland slaap (6km verder af in rivier van brug) - groot oopkol in rivier, reg teen die grens van die Kruger Wildtuin, anders kry ons slaapplek soos wat ons vorder.

Ons klim weer uit die Klein Letaba by die brug, so 30km se teerpad en draai dan of op die grondpad na die Molototsi 5km, (moontlikheid van Brandstof by Ga-Selwane nie ge-waarborg)

Klim in die Molototsi waar hy saamvloeie met die Groot Letaba. Volg die Molotosi vir 88km. (Brandstof beskikbaar by Dzumeri so halfpad op in die rivier)

Brandstofverbruik teerpad soos wat jy natuurlik jou voertuig ken :wink: Binne in die rivier het my 4.2 Petrol geval van 5.5 na 1.9km/L; Oellie se 4.5 van 5.9 na so 3km/l; 4.2 Diesel van 6.9 na 4km/l, natuurlik hoe meer jy speel hoe swaarder kan dit raak....

Verblyf: Slaap in die rivierbedding en jy moet 100% selfversorgend wees, geen koste vir verbyf. dus ook GEEN GERIEWE.

Innerlike Jy moet alle kos, water en "bruin Fanta" saam ry, hoe hongerder en dorser jy is, hoe meer is jou koste :oldtimer:

Jy het minstens so 6-8 ure nodig om daar en dan weer terug te kom, dus ook die rede waarom daar twee dae uitgesit word net om heen en weer te ry. (ry sonder kuier en stop is 5/6 ure)

Vir sekere mense is dit nie moontlik om die Frydag verlof te kry nie en ry hulle eers die Saterdag oggend 02h00 weg by die huis en kry ons hulle by die ingang van die rivier (Klein Letaba). Ek gaan self die jaar die opsie volg...

Kostes

Brandstof = 1000km teerpad en 130km dik sand as ons beide riviere ry.
Tolgeld vir die N1
Kos vir die 5 dae
Drinkgoed - so dors as wat jy kan raak moet jy maar inpak....

Beplanning is vir so 30 voertuie maar as daar meer is dan werk ons daar om.

Basiese verloop van die dag

Aangesien dit nog winter is kom die sonnetjie nog nie so vroeg op nie en kan dit redelik koel wees in die oggend....

Daar kom gewoonlik so om en by 6uur lewe in die "kamp"
Die ketels word aangesit vir 'n koffietjie
Kampgoed en slaapplekke word opgeslaan en afgebreek
Eet 'n beskuitjie saam met 2de koppie koffie
07h00-07h30 begin die voertuie vertrek vir die dag se ry (NIKS later as 09h00 vir laaste voertuig)

Volg die rivier en geniet die speel...........

Hier om en by 10h00/11h00 stop jy waar ookal jy is en word daar brunch gemaak, aangesien ons so groot groep is stop die voertuie in die geval in kleiner groepe en doen elkeen sy ding.

Volg die rivier en geniet die speel..............

Hier rondom 15h00 begin die voorste voertuig soek na geskikte staanplek vir die aand (kamp word gemaak niks later as 16h00 - onthou agterste voertuig is maklik uur of meer agter voorste voertuig)

Toegang tot "kamp" is hout van elke voertuig - daar is gewoonlik genoeg hout in die rivier en elke voertuig sleep maar so halwe boom na die kampplek. Kan ons die jaar vra dat elke voertuig 1 sak hout per nag saambring- weens gewildheid van die roete is die hout besig om skaars te raak in die rivier self. +- 30 sakkies hout per nag behoort darem 'n klein vuurtjie aan die gang te kry...

Hier by 17h30 steek ons die vuur aan en begin die groot kuier - elkeen braai maar sy vleisie op sy tyd en dan kuier ons tot..... wel QQQ
Attachments
Rivertrip 2016.jpg
Rivertrip 2016.jpg (499.39 KiB) Viewed 4573 times
Last edited by offroadbiker on 11 Apr 2016 10:06, edited 2 times in total.
Dirk
1996 Nissan Patrol 4.2 ST
User avatar
offroadbiker
Moderator
Posts: 2841
Joined: 25 Jul 2012 08:36
Full Name: Dirk de Clerk
Nickname: ORB
Home Town: Krugersdorp
Current 4x4: Patrol GQ 4.2 ST
Home Language: Afrikaans/English
Location: Krugersdorp
Has thanked: 186 times
Been thanked: 261 times

Re: Trip 4 River trip 5-9 August 2016

Post by offroadbiker »

Lysie

1. Pathmaker - 4.5 GU Patrol Confirmed
2. ORB - 4.2D GQ Patrol Confirmed
3. Alex Roux - V8 GU Patrol Confirmed
4. Tinus Lotz - 4.8 GU Patrol Confirmed
5. SJC - 4.2 D / 4.5 Patrol Confirmed
6. Peter C - 4.5 GQ Patrol Confirmed
7. Tony - 4.8 GU Patrol Confirmed
8. DEVOLSCHENK - 4.2D GQ Patrol Confirmed
9. Boegyman - 4.5 GQ Patrol Confirmed
10. Alex - 4.5 GU Patrol Confirmed
11. Stefaansie - 4.2 D GQ Patrol Confirmed
12. Oelie - 4.8 GU Patrol Confirmed
13. Anton (Mamba) - Patrol Confirmed
14. juice - 4.5 GU Patrol confirmed
15. Philip Weydeman GU Patrol Confirmed
16. Johan Stadler - Patrol Confirmed
17. iandvl - 4.5 GU Patrol Confirmed
18. petrol(Martin) - 4.5 GU Patrol :thumbdown: Confirmed
19. Wilkie - 4.5 GU Patrol Confirmed
20. Christo Slang - 4.2 GU Patrol Confirmed
21. Joshj - 3.0 GU Patrol Confirmed
22. MiniPatrol - 4.5 GU Patrol Confirmed
23. Nico Lintvelt - GU 4.8 Patrol Confirmed
24. Oom Mac - GU Patrol Confirmed
25. Boegman x2 - 4.2 Patrol Bakie Confirmed
26. Manie Lombaard 4.5 GU Patrol Confirmed
27. Chris Vercail - Ranger Confirmed
28. Harry - Ranger Confirmed
29. Rudgar - D4D Hilux Confirmed
30. Andries - Hilux Confirmed
31. Douw - Hilux Confirmed
32. Martin - Hilux Confirmed
33. Oom Monty - Hilux Confirmed
34. JVG - Fortuner Confirmed
35. Riaan Baaker - Fortuner Confirmed
36. Johan - Fortuner Confirmed
37. gary Roberts Toyota confirmed
38. Sweeper - Frontier Confirmed
39. Bowhunter - Frontier Confirmed
40. Oom Dawie - Frontie Confirmed
41. Andries - Isuzu Confirmed
42. Wynand - Colt Confirmed

Nicola - Fortuner :thumbdown:
Oom Les - Prado :thumbdown:
arnosl001 - 4.8 GU Patrol :thumbdown:
Anton - Hilux :thumbdown:
Oom Willie - Land Cruiser :thumbdown:

Belangstellendes

1. Armand - Isuzu (voorlopig) :thumbdown:
2. Ettiene Gouws voorlopig :thumbdown:
Last edited by offroadbiker on 04 Aug 2016 21:20, edited 73 times in total.
Dirk
1996 Nissan Patrol 4.2 ST
User avatar
Alex Roux
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 2627
Joined: 11 Jul 2011 10:54
Full Name: Alexander Roux
Nickname: Calculator
Home Town: Johannesburg
Current 4x4: 2004 GU 3TDi (Lexus) - aka "Witblits" (sold)
2005: GU TD42 - aka "Masewa"
1996: GQ TB48 conversion - aka "Skilpad"
1993: GQ SWB TB42 - aka "Shortie"
1985: MQ Patrol (Safari) SD33 - aka "Toro"
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 49 times
Been thanked: 240 times

Re: Trip 4 River trip 5-9 August 2016

Post by Alex Roux »

1. Dirk (ORB) - 4.2 D Patrol (voorlopig)
2. Rudgar (Mcrite) - Hilux (Voorlopig)
3. Harry - Prado (Voorlopig)
4. Alex - V8
5. Tinus
6. Wilkie
7. SJC (Fanus)
Last edited by Alex Roux on 16 Mar 2016 13:37, edited 1 time in total.
Skilpad, Shortie, Toro & Masewa
User avatar
Tinus lotz
Moderator
Posts: 7579
Joined: 29 Aug 2010 13:07
Full Name: Tinus lotz
Nickname: Tinus lotz
Home Town: Centurion
Current 4x4: Nissan patrol 4.8 GRX 2005

Toyota 2.7 legend 35 LWB 4X4
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 800 times
Been thanked: 549 times

Re: Trip 4 River trip 5-9 August 2016

Post by Tinus lotz »

Ek is daar soos n bad rash.....gannie die een mis nie :salute:
Wilkie
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 1402
Joined: 24 Feb 2014 15:33
Full Name: Errol Wilken
Nickname: Wilkie
Home Town: Pretoria
Current 4x4: 1999 4.5 GRX Nissan Patrol
2004 BMW 3.0D X5
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 69 times
Been thanked: 92 times

Re: Trip 4 River trip 5-9 August 2016

Post by Wilkie »

EK IS VERSEKER DAAR..... :salute: :thumbup: :woo:
User avatar
SJC
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 3189
Joined: 23 Nov 2014 14:20
Full Name: SJC
Nickname: Fanus
Home Town: Nelspruit
Current 4x4: Patrol 4.2 SGL
Home Language: Afrikaans/English
Has thanked: 195 times
Been thanked: 171 times

Re: Trip 4 River trip 5-9 August 2016

Post by SJC »

Ek's daar. :salute:
‘96 GQ 4.2 SGL
‘01 GU 4.5 GRX
‘08 GU TD42 BAKKIE
User avatar
iandvl
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 1765
Joined: 12 Jan 2015 13:26
Full Name: Ian de Villiers
Nickname: Ian
Home Town: Garsfontein
Current 4x4: Nissan Patrol 4.5 GRX
Home Language: English
Has thanked: 446 times
Been thanked: 670 times

Re: Trip 4 River trip 5-9 August 2016

Post by iandvl »

Ek sal graag wil gaan, maar dis nog bietjie vroeg om te se of ek sal kan of nie.

Ek sit ongelukkig met die probleem dat een van die groot konferensies in die VSA wat ons bywoon gewoonlik daai tyd van die jaar is.

Op die oomblik, is die kanse skraal dat ek soontoe gaan, maar ek onthou wat laasjaar gebeur het. Ek sal maar moet kyk hoe speel hy uit en later bevestig. :(
Ian de Villiers

Patrol 4.5 GRX
Jurgens XT65 2x0 with Super Select Zero
ORRA: H80
User avatar
Peter Connan
Moderator
Posts: 6011
Joined: 10 Sep 2010 07:21
Full Name: Peter Connan
Nickname: Piet
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1996 Patrol 4.5SGL
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 1067 times
Been thanked: 985 times

Re: Trip 4 River trip 5-9 August 2016

Post by Peter Connan »

Ek reken ek is daar.
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry.
User avatar
SJC
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 3189
Joined: 23 Nov 2014 14:20
Full Name: SJC
Nickname: Fanus
Home Town: Nelspruit
Current 4x4: Patrol 4.2 SGL
Home Language: Afrikaans/English
Has thanked: 195 times
Been thanked: 171 times

Re: Trip 4 River trip 5-9 August 2016

Post by SJC »

iandvl wrote:Ek sal graag wil gaan, maar dis nog bietjie vroeg om te se of ek sal kan of nie.

Ek sit ongelukkig met die probleem dat een van die groot konferensies in die VSA wat ons bywoon gewoonlik daai tyd van die jaar is.

Op die oomblik, is die kanse skraal dat ek soontoe gaan, maar ek onthou wat laasjaar gebeur het. Ek sal maar moet kyk hoe speel hy uit en later bevestig. :(
Ian maak n plan, jy kan hom nie elke jaar mis nie. :oldtimer: :wink:
‘96 GQ 4.2 SGL
‘01 GU 4.5 GRX
‘08 GU TD42 BAKKIE
User avatar
offroadbiker
Moderator
Posts: 2841
Joined: 25 Jul 2012 08:36
Full Name: Dirk de Clerk
Nickname: ORB
Home Town: Krugersdorp
Current 4x4: Patrol GQ 4.2 ST
Home Language: Afrikaans/English
Location: Krugersdorp
Has thanked: 186 times
Been thanked: 261 times

Re: Trip 4 River trip 5-9 August 2016

Post by offroadbiker »

SJC wrote:Ian maak n plan, jy kan hom nie elke jaar mis nie. :oldtimer: :wink:
Ai die lysie vorder ook maar stadig :surprised:

Onthou volgende jaar gaan ons 'n heel ander rivier/roete doen so moet nie die een misloop nie!! :oldtimer:
Dirk
1996 Nissan Patrol 4.2 ST
Post Reply

Return to “29. Events”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 15 guests