Karee Krans - Kamp oor die lang naweek 1 tot 3 Mei 2009
Las julle name hierso (http://www.nissan4x4.co.za/forum/forum_ ... p?TID=6584) by, ek sal dan met die mense daar sk@kel en plek bespreek vir ons groep Nissan mense. Ek sal Dinsdag 14 April die bespreking doen, so as julle wil saamkom, maak seker jou naam is Dinsdag op die lys.
Daar is twee kamp plekke, een is die hoof kamp terrein met krag, maar die een wat die lekkerste klink is die een by die dam. sonder krag. Warmwater word hierso deur 'n donkie verskaf, en ons sal die vuur vir die donkie self moet maak. 'n Mens kan daar kom met 'n gewone kar of jy kan met jou karavaan ook daar kom.
Die eienaar, Robert van der Merwe, sal jou touwys maak oor die roetes, en is ook 'n goudmyn van inligting en kan jou heelwat verhale oor die omgewing vertel.
Hoekom moet ek gaan?
Kort en kragtig: Die afsondering, natuurskoon en avontuur.
Dit voel asof jy van alles wegkom net twee uur van Johannesburg.
Dis 'n bestuurbelewenis.
Op die roete
Hoe lank is die roete(s)? 3 roetes, 11 km
Hoe lank gaan ek ry? Sowat 4 uur sonder onderbrekings.
Hoogste aantal voertuie? Hoogstens 35.
Kry ek 'n kaart, of is dit onnodig? Ja, en jy sal sal dit beslis nodig kry.
Gaan my kar gekrap word? Nee, nie as jy versigtig ry nie.
Moet ek die treeplanke afhaal? Nee.
Moet ek 'n pomp saamvat? Dis nie nodig nie.
Kan ek halfpad omdraai? Nee.
Kan ek op die roete braai? Ja.
Om die roete
Wat is die naaste dorp of stad? Rustenburg (42 km).
Hoe kom ek daar? Volg die N4 van Rustenburg in die rigting van Swartruggens en draai regs op die Waterfall-pad. Volg die aanwysings van daar.
En die naaste brandstof? Moedwil (15 km).
Beste tyd om te gaan? Die hele jaar.
Kan ek die gesin vat? Ja.
Net vir die dag, of die naweek? Albei.
Is daar ablusiegeriewe vir dagbesoekers? Ja.
Kan ek wild sien? Nee.
Waar kan ek bly? Jy kan kies: bespreek 'n chalet vir die naweek of kampeer. Die chalets het 'n kombuis, eetkamer, twee slaapkamers en is volledig toegerus.
Die Chalets is nie naby die plek waar ons wil gaan kamp nie, so as julle in Chalets wil bly, neem die net in ag.
Die gras-kampeerterrein is goed onderhou, maar bied nie luukshede nie — dit is selfsorgverblyf en jy is op jouself aangewese.
Wat moet ek saamvat? Karee Krans bied selfsorgverblyf, dus moet jy enigiets wat jy wil hê, saamvat. Onhou ook die sonskermroom, verkyker en veldgids — jy sal dit nodig hê.
Wat kan ek nog doen? As jy in geskiedenis belang stel, sal jy van Karee Krans hou. Heelwat grafte kom op die plaas voor, en dit is die laaste bymekaarkomplek van die Boere voor die slag van Moedwil.
Die plaas het 130 boomspesies. Die res van die gesin kan rotsklim, abseil, perdry, kanoritte doen en op 'n foefieslaaid ry. Die plaas het ook 'n gim.
Kontak
Robert van der Merwe: tel. 073 158 1545; 083 421 2030; (faks) (014) 592-1568.
Die Karee Krans-roete is ryk aan geskiedenis en omring deur natuurskoon, en kan van ses uur tot twee dae duur om te voltooi.
Jy kan kies of jy dié plek werklik wil ervaar en of jy daardeur wil blits.
Die eienaar, Robert van der Merwe, sal jou touwys maak oor die roetes, en is ook 'n goudmyn van inligting en kan jou heelwat verhale oor die omgewing vertel.
Die 4x4-roetes is verdeel in drie moeilikheidsgrade, en sal beslis 4x4-verslaafdes 'n naweek lank besig hou. Jy kan die Karee Krans-roetes op jou eie of saam met 'n gids aanpak. Dit het goeie aanwysings en met jou aankoms kry jy 'n kaart.
Die meeste mense begin met die A-roete, wat 5,3 km lank is. Die roete is bedrieglik — pak dit dus stadig aan.
Beoordeel elke uitdaging voor jy die hand aan die wiel slaan. 'n Ewenaarslot is noodsaaklik, maar moenie jou verknies as jy nie een het nie. Pak dit aan, en gebruik van Robert se ontsnaproetes vir noodgevalle.
Die B-roete is korter, maar meer opwindend. Dié roete is ontwerp om die bestuurder uit te daag en sal die jou hart laat klop.
Plek-plek is die roete skrikwekkend steil met waterhindernisse — meer blaf as byt, maar moenie aan die slaap gevang word nie, en bestuur stadig. Jy sal af en toe begelei moet word.
In die helfte van dié roete is 'n dam, waar jy kan piekniek hou en ook kan kampeer. Dis hier waar ons wil kamp, weg van die ander mense af. Dis ideaal as jy wil ontspan, stort, op 'n foefieslaaid wil ry of die omgewing wil geniet. Of jy kan jou terughaas na die gerief van die chalets.
Dié ten volle toegeruste, tweeslaapkamer-kothuise het twee beddens in elke kamer. Dis selfsorgeenhede, maar as jy jou nie oor kos wil bekommer nie, kan jy vra dat Robert maaltye reël.
Die kortste en maklikste keuse is die C-roete. Dis is met een oogmerk ontwerp: om jou pas te verstadig reg in die middel van die natuur. Presies wat jy nodig het voor jy na die gejaagde stadsomgewing terugkeer.
Kostes vir kampeer ( Bel maar self as jy in 'n Chalet wil bly)
R50 per persoon per nag - kinders onder 12 is R25 en die kleintjies is verniet.
R150 om die roetes te ry, dit sluit al 3 roetes in en soveel keer as jy wil.
Ek het met Helena gepraat, sy is op 082-421 2030
Groetnis
Malcolm vC
Karee Krans - Kamp oor die lang naweek 1 tot 3 Mei 2009
-
- Patrolman
- Posts: 640
- Joined: 07 Apr 2009 07:13
- Full Name: Malcolm van Coller
- Nickname: mvcoller
- Home Town: In most reverse order - Jhb, V-Town, Vryburg, CT
- Current 4x4: 2008 3.0 Di Patrol GL
and
1999 4.5 Patrol SGL - Home Language: Afr & Eng
- Location: Befordview
- Has thanked: 40 times
- Been thanked: 179 times
- Contact:
- JohnBoyZA
- Site Admin
- Posts: 1339
- Joined: 02 Apr 2009 14:34
- Full Name: John Murray
- Nickname: John Boy
- Home Town: Bloubergstrand
- Current 4x4: Patrol GRX 4.8
- Home Language: Afrikaans/English
- Location: Big Bay, Cape Town
- Has thanked: 1046 times
- Been thanked: 230 times
Re: Karee Krans - Kamp oor die lang naweek 1 tot 3 Mei 2009
Klink lekker Malcolm
jammer dis so ver vir ons Kapenaars!
jammer dis so ver vir ons Kapenaars!
Nissan Patrol, GRX, 4.8 (GU Y61)
- Herrie
- Patrolman 1000+
- Posts: 2999
- Joined: 08 Apr 2009 07:17
- Full Name: Kobus Pienaar
- Nickname: Herrie
- Home Town: Kempton Park
- Current 4x4: 1999 Patrol 4500e GRX
1983 Datsun Safari - Home Language: Afrikaans
- Location: Kempton Park
- Has thanked: 55 times
- Been thanked: 93 times
Re: Karee Krans - Kamp oor die lang naweek 1 tot 3 Mei 2009
Ons was toe daar die naweek en die 3 roetes was groot pret.
Al het dit elke aand gereen was dit lekker deur die dag - net jammer die groep Land Rover kampers het so geraas!
Al het dit elke aand gereen was dit lekker deur die dag - net jammer die groep Land Rover kampers het so geraas!
- Attachments
-
- KKPP5010362.JPG (74.18 KiB) Viewed 2457 times
-
- KKPDSC08637.JPG (73.54 KiB) Viewed 2458 times
-
- KKPDSC08409.JPG (50.1 KiB) Viewed 2457 times
Herrie op Safari/Patrollie
1983 Safari
1999 Patrol 4500 GRX
1983 Safari
1999 Patrol 4500 GRX
- Herrie
- Patrolman 1000+
- Posts: 2999
- Joined: 08 Apr 2009 07:17
- Full Name: Kobus Pienaar
- Nickname: Herrie
- Home Town: Kempton Park
- Current 4x4: 1999 Patrol 4500e GRX
1983 Datsun Safari - Home Language: Afrikaans
- Location: Kempton Park
- Has thanked: 55 times
- Been thanked: 93 times
Re: Karee Krans - Kamp oor die lang naweek 1 tot 3 Mei 2009
Dis wat die Land Rover ouens ook gedoen het! Onverandwoordelik!!!!!
- Attachments
-
- AKKDSC08965.JPG (36.8 KiB) Viewed 2450 times
-
- AKKDSC08963.JPG (39.88 KiB) Viewed 2451 times
Herrie op Safari/Patrollie
1983 Safari
1999 Patrol 4500 GRX
1983 Safari
1999 Patrol 4500 GRX
- JohnBoyZA
- Site Admin
- Posts: 1339
- Joined: 02 Apr 2009 14:34
- Full Name: John Murray
- Nickname: John Boy
- Home Town: Bloubergstrand
- Current 4x4: Patrol GRX 4.8
- Home Language: Afrikaans/English
- Location: Big Bay, Cape Town
- Has thanked: 1046 times
- Been thanked: 230 times
Re: Karee Krans - Kamp oor die lang naweek 1 tot 3 Mei 2009
Herrie, man dit lyk na ʼn lekker uitstappie! Wil jy nie ʼn kort 'trip report’ pos nie onder trips reports, met jou fotos en dalk bietjie meer inligting oor die voertuie en roetes.
Dankie
John
Dankie
John
Nissan Patrol, GRX, 4.8 (GU Y61)
Who is online
Users browsing this forum: No registered users and 24 guests