Page 1 of 2

4X4 1/4 Mile Drag Racing Event

Posted: 17 Apr 2017 09:13
by ThysEllis
Hallo aan al die Patrolers.

Daar word op 22 Julie 2017 n NHRA Style 1/4 mile Drag Racing dag gehou op Lenisdeel. Dit is so 50km vanafg Tosca in die Noord Wes Provinsie.

Dit is n jaarlikse byeenkoms / Boeredag. Tommie en sy span gaan die timing equipment borg, dit lyk soos op Tarlton met regte " Christmas Tree" electronic displays and all.

Dawid het ons vorige attempt by Boegoeberg so bietjie gejam :biggrin:

Bring julle Patrols en kom geniet die dag .

Ek sal meer inligting gee aangaande kamp en verblyf geriewe

Re: 4X4 1/4 Mile Drag Racing Event

Posted: 17 Apr 2017 09:35
by Tinus lotz
Thanks man daai klink lekke.... :lol:

Re: 4X4 1/4 Mile Drag Racing Event

Posted: 17 Apr 2017 11:30
by David M
Sounds great. Tar or gravel surface?

Re: 4X4 1/4 Mile Drag Racing Event

Posted: 17 Apr 2017 18:58
by Ds J
David M wrote:Sounds great. Tar or gravel surface?
Dit is teerpad oor Vryburg tot op Tosca en Morokweng. Leniesdeel is waar die R379 van die R378 afdraai, omtrent 45km voor Tosca.

Daar is wilde grondpaaie en sandslote vir almal wat voor die tyd oor Stella en Tlakgameng tot Ganyesa wil ry. 'n GPS of soortgelyk is baie nodig want daar is basies geen borde nie. Waar die pad verspoel is kan die Patrols heerlik speel.

Re: 4X4 1/4 Mile Drag Racing Event

Posted: 17 Apr 2017 19:31
by ThysEllis
Die 1/4 myl is op grond, dis hoekom ons 4x4's het. :biggrin: :biggrin:

Daar is kamp plek met ablusie geriewe warm water , showers braaiers ect. --- R 50-00 per kop vir die naweek.

By Leniesdeel is daar n klein winkel en oase ( aka bottelstoor ). Bring net n chop van die dorp af.

Re: 4X4 1/4 Mile Drag Racing Event

Posted: 18 Apr 2017 11:07
by Tommie
Dag Maats.

Soos "SKOTLAND" se is daai n groot fun naweek. En dit is betreklik goedkoop. Dit is vir die boere vereeniging, so dit vir goeie doel. En die baan is ook mooi en gelyk. Daar kan behoorlik gejaag word.

Re: 4X4 1/4 Mile Drag Racing Event

Posted: 18 Apr 2017 12:47
by Wilkie
klink baie billik..... :salute:

Re: 4X4 1/4 Mile Drag Racing Event

Posted: 18 Apr 2017 12:59
by iandvl
Die trip klink nogal lekker. Dit kan dalk werk.

Nog bietjie ver in die toekoms om definitief ja te se, maar sal probeer om intussen die vrou te politiek. En dan kyk ons bietjie nader aan die tyd... :salute: :salute:

Re: 4X4 1/4 Mile Drag Racing Event

Posted: 17 Jun 2017 19:25
by Ds J
Gaan hierdie nog voort? Ek beleef 'n intense versoeking om daar te wees.

Re: 4X4 1/4 Mile Drag Racing Event

Posted: 18 Jun 2017 10:09
by Tommie
Dag Maats.

Ja die event is sterk aan die gang. Sab kom ons ondersteun die gemeenskap, die Boere benodig die fondse.