MADMAN Engine Monitoring System

Please tell us about your DIY projects, tips and tricks
User avatar
tour de frans
Patrolman
Patrolman
Posts: 797
Joined: 03 May 2009 19:48
Been thanked: 21 times

Re: MADMAN Engine Monitoring System

Post by tour de frans »

JG,ek verskil n bietjie.Ja die 3.0 Patrol het n probleem gehad.Maar hoeveel ander diesel goed loop daar buite sonder probleme,sonder egt's,sonder mense wat weet wat egt is nog hoe dit werk en wat dit beteken nie.
Baie se ek vir jou baie.Dis nou altwee die diesels en mense.
Trokke loop al hul lewe lank en al wat n trok doen is trek hard en kry swaar.Hy het nie n egt meter in nie.
Die punt wat ek probeer maak n diesel is nie so sleg dat jy jou voet moet afhaal op n opdraand nie,want hy kan breek.Dis n klomp bol.Hulle word so gebou om platvoet te ry,dit is hoekom hulle nie egt meters insit nie.EN JA DIT IS N GOEIE IDEE OM EGT METERS IN TE BOU OM SELF TE MONITOR WAT GAAN AAN.So jy kan sien wanneer iets fout gaan.Nie om te sien hoe sleg die fabriek gemaak het nie,net wanner daar n probleem kom.Ongelukkig was jy een van daai slagoffers.
Pieter se Patrol (3.0 diesel) het vir so te se 2 jaar geloop sonder n egt meter teen 900 GRADE!
Hy was nie bewus van dit nie.Plus sy kar het warm gekry,nie oor n diesel sleg is nie of die hoe egt nie,Sy fan blade was vervang en die persoon het die blade verkeerd om opgesit.Die arme enjin met sy geskiedenis vir breke wat soos n byl bo sy kop hang,leef nog.
Dit is nie nodig om op n kar se rempedaal spring as sy egt na 700 grade toe kruip nie
n DID Pajero loop van die fabriek af met 800 grade egt!Die DID seker een van die mees "fancy" diesels daar buite.Hulle trek uitstekend en gee besonders goeie verbruik.(ek hoor die manne praat tot en met 12 km/l teen 120km/h,is dit so?)
Kyk n series 3 Land Rover,die TDV6,hy loop ook teen 800 grade n hond uit n bos uit.
LE MANS is al deur n diesel gewen,al hoe hulle ry is platvoet.
Anyway ek kan aangaan,die diesel ding is ook al holrug gery.
n Diesel is hoer onderhoud omdat sy diens intervalle korter is as petrol en sy filters is ook duurder as n petrol s'n.Of dan nou sy parte.Ons almal ken die storie.
EK het baie te doen met diesels,nie net dienste ens.nie maar hulle ook gery.Ek het 2jaar in Amerika Coast to Coast met n trok gewerk,baie fun.Ek het die Peterbilt fabriek deur getoer,was baie bevoorreg,en was n werk aangebied by hulle.My visa het nie dit toe gelaat nie.........
My Patrol is my eerste diesel ding wat ek besit,en ek kyk nie terug nie.Ja ek mis ook my Hilux met sy petrol v8 wat ek ingebou het,met 35" tyres op,wat dwars gedraai het in die pad in 2de rat as jy hom trap.Diesel kan nie dit doen nie,jy moet wag vir turbo lag en rpm's en dan kom die ding aan die gang.....dit beat darm die v8 se petrol verbruik.
Elkgeval diesel is nie so swak nie,kraggewys en uithou vermoe.
Groete
Frans
Gu y61 wagon- 6.0L chevy
Gu y61 pickup- 6.2L chevy

Tour de frans - het niks met n bicycle uit te waai nie.
JG Shields
Patrolman
Patrolman
Posts: 789
Joined: 18 Aug 2009 14:52
Full Name: JG Shields
Nickname: JG
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Toyota Land Cruiser 105 GX 4500 EFi
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria

Re: MADMAN Engine Monitoring System

Post by JG Shields »

Frans,

Dankie, en ek hoor presies wat jy se. Ek het so bietjie humor probeer skep in die verkoopsman se dilemma om twee teenstrydighede op dieselfde oomblik te verkoop. Daarmee saam sal ek self 'n diesel fan bly. Ek glo ook dat as ek weer 'n 3.0Di moet ry ek nie net 275k kilos sal kry nie maar 500k. Ek het met hulle grootgeword en dit loop maar in my bloed. Wat ek nogal wel sterk oor voel is die volgende:

1. Die "klein" kragtige diesels se probleme wys eers op hoe kilos, 150 000+. Dis subjektief om voor daardie kilos te oordeel of 'n bepaalde fabrikaat se enjin goed is of nie.
2. Die "klein" diesels is uit balans gebou met betrekking tot grootte van enjin teenoor kraglewering. Dis waar die piesand die voorruit trek en dis waarom groot enjins nie dieselfde probleme het nie.
3. Die enigste manier om die "klein" diesels se probleme in te perk is deur dit te vermy.....nl: MOENIE SO HARD RY NIE! Een van die interessanthede wat in hierdie post na vore kom is hoeveel manne (ook Landy manne) erken dat hulle rygewoontes verander sodra hulle EGT insit. Dit onderstereep my teorie oor rustig ry. Nietemin is dit ook een van die redes waarom ek 'n diesel fan sal bly. Ek is nie 'n aggressiewe bestuurder nie en rustig ry pas my.

Laastens. Ek dink tog die algemene man op straat wat nie ons tegniese kennis het nie, koop soms diesels juis oor hul kraglewering. Dis verkeerd om juis omdat hulle die genoeg weet nie en die handelaars waarsku hulle nie.

Groete
Patrol fan!
User avatar
tour de frans
Patrolman
Patrolman
Posts: 797
Joined: 03 May 2009 19:48
Been thanked: 21 times

Re: MADMAN Engine Monitoring System

Post by tour de frans »

JG,sorry ek trap jou nie uit nie.Ek het die humor gevang ek moes darm ook net n se in kry.maar dis juis wat ek bedoel,die klein diesels wat baie krag maak en so goed loop,wat net so goed hou.Die 1.9 polo ,kyk hoe loop daai kar,dieselfde enjin gebruik hulle in n familiewa.Al probleem geskiedenis wat hulle het is turbo moelikheid.Dieselfde probleem wat n diesel se turbo gee,gee n petrol se turbo.Ja daar wys pyne eers op hoe kilos,maar ons kan n petrol enjin net so uitmekaar trek vir sy pyne ook op hoe kilos,self lae kilos ook.Dit is nie nodig nie ons hoef nie die twee teenmekaar af te speel nie,ons almal ken die pro's en con's van altwee.My Patrol se enjin het ek oopgemaak net so voor 300000km,dis net na ek die kar gekoop het.Soos julle weet was hy oor sy dak en ek wou sien binne of hy skade wys.Ek het eers n bietjie rond gery voor ek hom oop gemaak het.Die lank en die kort ek het my tyd gemors,die enjin was pragtig binne.Die hoan patrone van die fabriek sit nog in die boor,die boor wys nie n merk van slytasie nie.Die ringgroewe is nie geslyt nie,die ring gaping is ver binne spec.ens.....Ek weet van baie petrol enjins wat op helfte daai kilos so erg geslyt is jy moet die blok n ent boor om die piston uit te kry........
Dis waar wat jy se oor die rypatroon wat verander nadat n egt meter ingebou is.Hoekom? die kar weet nie van die egt meter nie en as daar fout gaan, gaan jy dit kan voorkom ja,maar terwyl hy niks makeer nie hoekom wil jy hom anders ry,jy ry hom dan al hoe lank so.Dit gaan niks verander aan n later breek of nie.Dit hang af van jou die service is belangrik vir enige enjin.Al goed wat n ou kry oor die ligter rypatroon is beter brandstof verbruik.
Elkgeval soos jy se, ek hou van my diesel en sal hom nog lank ry
Groete
Gu y61 wagon- 6.0L chevy
Gu y61 pickup- 6.2L chevy

Tour de frans - het niks met n bicycle uit te waai nie.
JG Shields
Patrolman
Patrolman
Posts: 789
Joined: 18 Aug 2009 14:52
Full Name: JG Shields
Nickname: JG
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Toyota Land Cruiser 105 GX 4500 EFi
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria

Re: MADMAN Engine Monitoring System

Post by JG Shields »

Frans, hierdie is my laaste stuiwer in hierdie armbeurs!

Ons moet ook darem toegee dat die 4.2 reguit ses een van DIE enjins is (en sal wees) van alle tyde. Self sonder turbo sal hy oor 100 jr vandag in die anale as 'n legende bekend staan. Ek klassifiseer hom egter nie as 'n "klien" diesel nie. Nietemin, daar is geen enjin wat so mooi dreun nie.

Geniet die naweek en mag al die spanne suid van die Vaalrivier en wes van die Drakensberge wen!!!!
Patrol fan!
User avatar
tour de frans
Patrolman
Patrolman
Posts: 797
Joined: 03 May 2009 19:48
Been thanked: 21 times

Re: MADMAN Engine Monitoring System

Post by tour de frans »

Dankie JG
Jy is reg die 4.2 is nie van die kleinstes nie.
Lekker naweek vir julle manne daar bo ook.
Groete
Frans
Gu y61 wagon- 6.0L chevy
Gu y61 pickup- 6.2L chevy

Tour de frans - het niks met n bicycle uit te waai nie.
Post Reply

Return to “21. DIY Projects”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 19 guests