Page 1 of 1

GQ oil change en sparkplugs

Posted: 09 Mar 2014 14:10
by Jules
Hello allemal

Het mens n spesiale tool nodig om n oliefilter mee lostemaak,moet mens die lorrie vir n rukkie laat luier sodat die olie makliker uitkom? soos ek verstaan is die gap op die sparkplugs so n bankkaart dikte. Ek neem aan om die sparkplugs te verwyder het mens n spesiale tool nodig ? hoe styf draai mens die sprkplug weer vas wanneer jy die nuwe een insit .

Sorry al die vrae maar die beancounter wil nou ook die die basic mechanic goed op sy lorrie doen :woo:

Shalom

Re: GQ oil change en sparkplugs

Posted: 09 Mar 2014 20:27
by Peter Connan
Jules, dit hang af hoe vas die vorige ou die filter vasgedraai het, maar as jy nie 'n spesiale tool wil koop nie (daar is verskeie op die mark), kan jy 'n groot skroewedraaier deurslaan. As jy liewer 'n tool wil koop, kry een van die wat 'n band of ketting het wat reg rondom gaan.
Onthou as jy die nuwe een opsit, om sy seel met nuwe olie te smeer.

Loop die kar eers warm voor jy die olie tap. Ek stel voor jy koop vir jou 'n "sumpie". Dis 'n spesiale drein-bak wat die job heelwat skoner maak.

Om die plug gaps te stel, kry vir jou 'n stel "feeler gauges". I kaart is nie goed genoeg nie, hulle moet almal presies dieselfde wees (dit is meer belangrik as die presiese verstelling). Ouens stry oor die regte gap, maar ek glo 0.9mm is 'n goeie gemiddeld. Jy het 'n groot plug-spanner nodig (daar is twee grotes). Dit kom in meeste socket-stelle.

Daar is 'n torque in die manual, maar as jy nie 'n spanner het nie, draai jy hom tot hy vinger-vas is, en dan nog 'n halwe draai vir nuwe plugs of 'n kwart draai vir plugs wat al in was.