Page 2 of 2

Re: My Metalian Maxi

Posted: 02 May 2018 06:47
by izakjbrt
Jules wrote: 01 May 2018 22:07 Geluk Stefan !!! ek self in die proses om my trailer in n camping trailer te omskep, tans n Howling Moon RTT op maar wil dit vervang met n Trailer tent, nuut is daar omtrent R7000 verskil tussen Tentco en Howling Moon se trailer tente ??????

Shalom
Hi Jules ek het so bietjie meer as 2 jaar terug n tentco op my trailer gesit en werk soos n droom. Het spesifiek die tentco gekies want ek hou daarvan dat die pale van die tent bo op aan die buitekant sit, en natuurlik die prys

Re: My Metalian Maxi

Posted: 02 May 2018 11:08
by Stefan
My eerste indruk van die tentco trailer tent (~2011 model) is dat die afwerking is nie so goed soos my Howling moon dome tent is nie, omrede die volgende:
1. die vloer lê nie heeltemal plat sonder kreukels nie
2. die dak span nie ooral styf nie
3. die pale is aan die buitekant van die tent, dus is daar geen haak/hang plek vir enigiets (bv. lig) in die tent nie.

Geen van die issues is on-oorkombaar nie, en miskien het Tentco dit alreeds reggestel, wees maar net bewus daarvan.

Die een ding wat wel probelmaties kan wees is die uitleg van die bed. My tentco trailer tent se bed lê parallel met die trailer, dus moet die een slaper oor die ander een klim om uit die bed te klim. Sover my kennis sterk, is die bed van beide die Howling Moon en Conqueror tente loodreg op die trailer.

Re: My Metalian Maxi

Posted: 02 May 2018 12:53
by izakjbrt
Stefan wrote: 02 May 2018 11:08 My eerste indruk van die tentco trailer tent (~2011 model) is dat die afwerking is nie so goed soos my Howling moon dome tent is nie, omrede die volgende:
1. die vloer lê nie heeltemal plat sonder kreukels nie
2. die dak span nie ooral styf nie
3. die pale is aan die buitekant van die tent, dus is daar geen haak/hang plek vir enigiets (bv. lig) in die tent nie.

Geen van die issues is on-oorkombaar nie, en miskien het Tentco dit alreeds reggestel, wees maar net bewus daarvan.

Die een ding wat wel probelmaties kan wees is die uitleg van die bed. My tentco trailer tent se bed lê parallel met die trailer, dus moet die een slaper oor die ander een klim om uit die bed te klim. Sover my kennis sterk, is die bed van beide die Howling Moon en Conqueror tente loodreg op die trailer.
Jong n vriend van my het n howling moon gehad op sy trailer en hy moes ook oor sy vrou klim. Het presies dieselfde gelê. Ek het al Tente gesien waar jy basies van agter af in klim en nie van die kant af nie soos op die invader. Maar ek dink mens moet spesifiek daarvoor soek. Die stock standard klim jy van die kant af in

Re: My Metalian Maxi

Posted: 02 May 2018 14:58
by Jules
Altyd voordelig om oor Mammie te klim of sy oor jou in n tent situasie :rolling: :rolling:

Shalom

Re: My Metalian Maxi

Posted: 02 May 2018 15:01
by Stefan
Lol, nou sien jy Jules :wink:

Izak, jy is tien-teen-een reg.

My opinies (en dit is slegs dit) is gebaseer op Howling Moon se web-site inligting die afmetings van die XT Deluxe Trailer tent is 215cm x 202cm, en die fototjies wys 'n bed met 'n oorhang aan die kant van die leer, dis die wat my onder die indruk plaas dat mens loodreg met die trailer slaap ipv parallel daarmee.

Re: My Metalian Maxi

Posted: 02 May 2018 17:55
by Peter Connan
Stefan, om jou ligte op te hang, kry vir jou van daai velcro met gom aan die een kant.

Re: My Metalian Maxi

Posted: 02 May 2018 18:08
by izakjbrt
Stefan wrote: 02 May 2018 15:01 Lol, nou sien jy Jules :wink:

Izak, jy is tien-teen-een reg.

My opinies (en dit is slegs dit) is gebaseer op Howling Moon se web-site inligting die afmetings van die XT Deluxe Trailer tent is 215cm x 202cm, en die fototjies wys 'n bed met 'n oorhang aan die kant van die leer, dis die wat my onder die indruk plaas dat mens loodreg met die trailer slaap ipv parallel daarmee.
My buddy het my vanmiddag vertel dat jy kan die “bed extension” vir howling moon kry dan werk dit so. Maar die bed extension het hom dieselfde as n added room gekos, toe kies hulle die added room en awnings

Re: My Metalian Maxi

Posted: 02 May 2018 18:14
by Stefan
Peter Connan wrote: 02 May 2018 17:55 Stefan, om jou ligte op te hang, kry vir jou van daai velcro met gom aan die een kant.
Thanks Piet, ek sal so maak. Ek gaan ook so ‘n paar velcro strips laat aanbring wanneer ek die awning groter laat maak.

Re: My Metalian Maxi

Posted: 02 May 2018 18:16
by Stefan
izakjbrt wrote: 02 May 2018 18:08 My buddy het my vanmiddag vertel dat jy kan die “bed extension” vir howling moon kry dan werk dit so. Maar die bed extension het hom dieselfde as n added room gekos, toe kies hulle die added room en awnings
Aaah! Ja-nee, ek sien die manne is nie skaam met hulle pryse nie. Hulle ‘charge like a wounded buffalo’