What inverter to buy

Q&A: Stuff to make your trips and camping more comfortable.
User avatar
Jules
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 1641
Joined: 08 Apr 2009 09:13
Full Name: Julius
Nickname: Jules
Home Town: Rietjiesvlei, Zoeloeland
Current 4x4: Pathfinder
GQ Patrol
Home Language: AFR
Has thanked: 94 times
Been thanked: 75 times

Re: What inverter to buy

Post by Jules »

Koos ek het geen behoefte om my yskas via n inverter te hardloop nie, wil net batterye laai sodat ek kan fotos neem en download op n laptop, en innie aand bietjie liggies maak sodat ek my SINGLE MALTS en POTSTILL BRANNEWYNE kan raak sien QQQ

Shalom :woo:
Jules
Walk by FAITH not by sight
2014 Pathfinder 2.5 LE
Stofpad 4x4 Bashplate
42&60L Snomaster Freezer/Fridge
Buzzard Industries Overlander Trailer
User avatar
Herrie
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 2999
Joined: 08 Apr 2009 07:17
Full Name: Kobus Pienaar
Nickname: Herrie
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1999 Patrol 4500e GRX
1983 Datsun Safari
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 55 times
Been thanked: 93 times

Re: What inverter to buy

Post by Herrie »

Ons het een naweek by Borakalalo NR gewerk en die kragopwekker wou nie werk nie . Ek het toe my inverter gebruik om my sirkelsaag en my anglegrinder te gebruik.
Herrie op Safari/Patrollie
1983 Safari
1999 Patrol 4500 GRX
User avatar
Saltman
Moderator
Posts: 281
Joined: 04 Apr 2009 16:03
Full Name: Herbie Hellstrom
Nickname: Saltman
Home Town: Durbanville, Western Cape
Current 4x4: Land Rover Discovery Series 3 TDV6 Auto
Land Rover Discovery Series 1 Tdi.
Land Rover Discovery Series II Td5
Home Language: Afrikaans / English / German
Location: Durbanville, Western Cape

Re: What inverter to buy

Post by Saltman »

en hiers my sikspens se bydrae:

Ek sleep 2 inverters saam wanneer ons langpad toer.
1. 300W inverter vir kamera batterye, laptop en selfone ens. Hy is klein en kompak en le sommer agter in die voertuig en word deur die dag gebruik. Hy pas in die sykant plastiekafskorting onderkant die agterste kantruite.
2. 1000W inverter vir 220V implemente. Daar is 4 vroumense in my geselskap, so die 900W haardroer en my 650W boormasjien en die 650W angle grinder en ook die klitser vir deeg ens word aan hom gekoppel. Hy word gebere in 'n krat en as hy uitgehaal om gebruik te word, dan word die enjin eers gestart voordat die inverter aangeskakel word.

My koppelinge werk soos volg:
1. 300W inverter is gekoppel aan 'n klein grys (50A) Brad Harrison plug wat op my voertuig se verskillende punte inprop.
2. Die 1000W inverter het 'n groot Brad Harrison plug (175A) met die gepaardgaande dik drade wat by die agterbumper inprop (selfde prop as die treiler). En as julle nie die verbruiksyfers van 'n 1000W inverter wil glo nie - toets dit self! As die implement slegs 900W trek teen 220V (soos die haardroer), dan trek hy maar 4 Amp.
Maar kyk nou teen 12V en 900W, dan trek hy 75Amp !!! Hoe lank dink julle gaan die battery hou? Vandaar die enjin aanskakel prosedure voor enige implement "opgestart" word! Daarom word die 1000W inverter versigtig gebruik en word hy beslis nie gebruik vir die klein goetertjies nie - en nie weens sy interne kragverliese (gebruik) nie, maar omdat hy buite op die buffer gekoppel word ... he he he ...

Oppas vir die volgende:
- vir die klein applikasies soos 'n laptop ens, kry 'n vol sinusgolf inverter - duurder as die modified sine wave jobs, maar baie beter - sommige implemente sal nie werk op 'n modified sine wave inverter nie. My laptop bv weier om te laai op die goedkoop inverters.
- vir die groot implemente is 'n soliede modified sine wave inverter voldoende. Myne word deur boere gebruik in die veld - ek het al gesien dat hy agter die boer se sitplek in die bakkie rondle en skud. Kom hulle by 'n hekpaal wat geboor of gegrind moet word, word die inverter uitgeruk, gekoppel met krokodil klampe, gebruik, en dan weer teruggegooi in die bakkie! Ek het baie respek vir daai ding!!!

Geniet 'n kragtige vakansie!
Herbie
Saltman:
One foot in Land Rover land and one foot in Patrol land and the sensitive bits are hanging in the salty sea in between!
User avatar
Peter Connan
Moderator
Posts: 6017
Joined: 10 Sep 2010 07:21
Full Name: Peter Connan
Nickname: Piet
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1996 Patrol 4.5SGL
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 1067 times
Been thanked: 987 times

Re: What inverter to buy

Post by Peter Connan »

Hello Jules

Ek vra nederig en innig om verskoning. Ek dink ek het laasweek te naby aan my sokkies gekom. My inverter is 'n 300w.
Voorspoed
Peter
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry.
Wilfred Moore
Senior Member
Senior Member
Posts: 164
Joined: 21 Dec 2009 08:54
Full Name: Wilfred Moore
Nickname: Wilfred
Home Town: Centurion
Current 4x4: 2010 Nissan Patrol 4800 GRX
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 2 times
Been thanked: 4 times

Re: What inverter to buy

Post by Wilfred Moore »

Hi, ek gebruik ook twee invertors. Een is klein en mobiel (300w) om my kamera en video batterye te laai en werk vanaf my sigater aansteker en 'n 1000w wat ek vanaf die 2de battery hardloop. Dit is vir die eksterne ligte in die aand. Die eksterne ligte is gewone 220 energy savers wat ek opgemaak het wat ek oral kan hang en dit werk baie goedkoop uit.

Wilfred
JG Shields
Patrolman
Patrolman
Posts: 789
Joined: 18 Aug 2009 14:52
Full Name: JG Shields
Nickname: JG
Home Town: Pretoria
Current 4x4: Toyota Land Cruiser 105 GX 4500 EFi
Home Language: Afrikaans
Location: Pretoria

Re: What inverter to buy

Post by JG Shields »

So bietjie terugvoer. Dis net gebasseer op navrae wat ek gedoen het...ek man nie my kop op 'n blok sit hiervoor nie.

'n Inverter wat aan die kragbron (battery en/of alternator) gekoppel is, maar geen apparaat aan hom het wat elektrisiteit vra nie, gebruik slegs 'n baie klein hoeveelheid stroom wat nodig is om sy sisteem geaktiveer te hou. Sodra daar 'n apparaat gekoppel en aangeskakel word, dan is die stroom wat hy vanaf die kragbron vra min of meer gelyk aan die krag wat hy aan die apparaat moet lewer.

Dus...'n 2000w inverter sal min of meer dieselfde stroom vanaf sy kragbron vra as 'n 300w inverter indien dieselfde "selfoon" by hom ingeprop is. Die verskil kom in by die gerief van die groter inverter sodra meer stroom deur die apparaat (bv blommetjie se haardroer) via die inverter gevra word. Dis in daai geval ook belangrik om seker te maak dat jou kragbron die vraag na stroom kan voorsien.
Patrol fan!
Post Reply

Return to “19. Overlanding/Camping Equipment”

Who is online

Users browsing this forum: Bing [Bot] and 17 guests