EGT Installed

Bullbars, roof racks, suspensions and other accessories relating to vehicle performance
User avatar
Pieter du Toit
Patrolman
Patrolman
Posts: 762
Joined: 06 May 2009 15:04
Full Name: Pieter Joubert du Toit
Nickname: PJ of ook Whitey
Home Town: Welgemoed
Current 4x4: 2002 Nissan Patrol GRX TD42T CONVERSION
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Been thanked: 4 times

Re: EGT Installed

Post by Pieter du Toit »

Frans en Koos,

Jong julle ouens maak my darem nou wragtig lekker touwys - ek geniet dit verskriklik baie!!! :thumbup: Dankie vir al die raad en inligting wat julle my gee - dit word baie waardeer!! :salute: Frans ek stel beslis belang in daardie dyno dag wat jy voorgestel het - ons moet ernstig daaroor gesels. Ek gaan mos nou die naweek weg - so ek sal na die naweek feedback oor hoe my Patrol en die egt's hulle gedra het - en dan kan ons dit daarvandaan vat. Frans het jy gesien op Koos se foto (2de een) kan jy die fan sien bo-op die intercooler - ons het mos daaroor ook gepraat.

Koos ons het my egt pre-turbo ingesit (op die fotos lyk dit of joune ook is) - so gelukkig is die temperatuur lesing wat ek hierdeur kry n "true" lesing - ek hoef nie nog te gaan sommetjies maak oor waar is ek nou eintlik nie. Maar glo my dit was omtrent n storie!! Frans moes n baie presiese gat maak deur die heatshield wat oor die manifold pas - maar alles het mooi uitgewerk!! Ek het nou ook sommer dadelik begin om die enjin te laat luier tot op ten minste 200 grade voor ek afskakel - my brein het vir my gese dit klink na n goeie idee!! :thumbup: Ek sal verseker ook minder gebruik maak van my spoedbeheer!! Jy se n diesel enjin hou nie van n warm Afrika dag nie - man ek sidder net as ek dink aan Des 08 toe ons in die Richtersveld was - die temperature was elke dag 40 grade + :surprised: - ek wil nie eers probeer dink hoe my egt's gelyk het nie!!! Dat ek nie daar al groot skade opgetel het nie is definitief ook my beskerm engele en genade van Bo!! :pray: Dankie vir jou inligting ook!! :thumbup:

Ek kan nie wag om die naweek die pad te slaan nie - dit gaan n laaanngg week wees!!!! :sleep:
Pieter du Toit
MUFASA
2002 - 2010 Patrol 3.0L TDi GRX - HANDGRANADE WENT BOOM!!
2010 TD42T GRX CONVERSION - SADLY SOLD!!
2005 4.8GRX - Ama-GluG GluG - SADLY SOLD!!
Cell no: 072 606 7007
Fax no: 086 500 9333
User avatar
Pieter du Toit
Patrolman
Patrolman
Posts: 762
Joined: 06 May 2009 15:04
Full Name: Pieter Joubert du Toit
Nickname: PJ of ook Whitey
Home Town: Welgemoed
Current 4x4: 2002 Nissan Patrol GRX TD42T CONVERSION
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Been thanked: 4 times

Re: EGT Installed

Post by Pieter du Toit »

Saltman wrote,
Wat jy nou moet weet (en hier is hopelik genoeg dieselkoppe op die forum om te kan help) is die volgende:
1. Wat behoort die gemiddelde temp te wees as jy gewoonweg ry.
2. Wat is die maksimum temp wat jy kan handhaaf oor 'n langerige rit as die enjin hard werk (bergpas, swaar gelaai, sleep 'n wa ens)
3. Wat is die maksimum temperatuur wat jy slegs op kort afstand kan / mag bereik voor skade intree
Waar is ons diesel experts wat vir ons antwoorde hierop kan gee???
Pieter du Toit
MUFASA
2002 - 2010 Patrol 3.0L TDi GRX - HANDGRANADE WENT BOOM!!
2010 TD42T GRX CONVERSION - SADLY SOLD!!
2005 4.8GRX - Ama-GluG GluG - SADLY SOLD!!
Cell no: 072 606 7007
Fax no: 086 500 9333
KOOS BEST
Patrolman
Patrolman
Posts: 545
Joined: 07 May 2009 09:14
Full Name: Jacobus William Best
Nickname: Kosie
Home Town: MTUNZINI, Zululand coast
Current 4x4: Land Rover Discovery 3 TDV6
Home Language: TWEETALIG

Re: EGT Installed

Post by KOOS BEST »

Hi Manne.
Die info wat ek al opgelees het soos volg.
Pieter my EGT is post Turbo, ek het dit in die dumb pyp so n duim agter die turbo.

Ek het n artikel oor Peter Bilt Trokke en Caterpillar gelees aangaande EGT.
Daarin is bewys dat daar 150-180gc verskil is tussen Pre en Post Turbo, maw warmer aan Pre kant.
Die UPPER LIMIT pre turbo moet nooit 720gc oorskry nie of nooit daar naby kom nie(550 gc post)
Jy kan blykbaar by maks. bly vir nie langer as 3 min nie, ek probeer nooit daar uit kom nie.
Gemiddeld temp. is daar baie post op die Patrol webblad.Daarin kan jy aflei dat 350-450 post omtrent die gemiddelde is wanneer jy mooi egalig bestuur en dit is gelyk pad.
Jy sal vind as jy n opdraande klim, en jy verander na laer rat val jou EGT met tot n 100g/c en probeer dit dan daar hou deur ligvoet op die pedaal te ry.O ja in die Peter Bilt artikel het hul 10 trokke getoets , waarvan 5 trokke slegs volgens EGT perke bestuur is en hul enjins het dubbel solank gehou as die daarsonder.
Die grootste KILLER van diesel enjin is juis EGT en ambient temp. het baie daarmee te doen. Jy kan n petrol enjin heeldag en aldag in 40 g/c plus toestande druk op sy maks. maar jy kan dit nie doen met n diesel nie, dit is n feit, jy moet hom daardeur nurse.n Diesel enjin hou van koue koel temperature om in te werk.

Op die Landyonline web oor MADMAN neem hul n Disco TD 5 en Prado KZTE , en ry Van Reenen op teen n vinnige spoed in hoe rat, alby was in die gevaar sone. Daarna weer terug doen dit weer in 4 de rat alleenlik en daar was n verskil van glo dit of nie 270 g/c laer EGT toe hul bo is, ongelooflik.

Pieter as jy pre turbo is kan jy afaskakel veilig teen 300 gc.
Koos Best(Kosie)Mtunzini Zululand
Land Rover Discovery 3 TDV6
Patrol GU 2003 3.0d GRX (SOLD 2010)
Patrol GQ 1996 4.2d ST(SOLD 2007)
KOOS BEST
Patrolman
Patrolman
Posts: 545
Joined: 07 May 2009 09:14
Full Name: Jacobus William Best
Nickname: Kosie
Home Town: MTUNZINI, Zululand coast
Current 4x4: Land Rover Discovery 3 TDV6
Home Language: TWEETALIG

Re: EGT Installed

Post by KOOS BEST »

O ja Pieter , vergeet om te se ,onthou om jou meter te kalibreer met die koppelstuk. Gewoonlik maklik, stel hom so n 3-5 grade laer as die temp. buite , want binne die enjin as dit koud is sal hy soveel koeler wees.
Party meters lees sommer bv minus 40 g/c as jy die krag aansit, so kalibreer dit.
Koos
Koos Best(Kosie)Mtunzini Zululand
Land Rover Discovery 3 TDV6
Patrol GU 2003 3.0d GRX (SOLD 2010)
Patrol GQ 1996 4.2d ST(SOLD 2007)
User avatar
Pieter du Toit
Patrolman
Patrolman
Posts: 762
Joined: 06 May 2009 15:04
Full Name: Pieter Joubert du Toit
Nickname: PJ of ook Whitey
Home Town: Welgemoed
Current 4x4: 2002 Nissan Patrol GRX TD42T CONVERSION
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Been thanked: 4 times

Re: EGT Installed

Post by Pieter du Toit »

Dankie Koos sal die nodige kalibrering ook doen!!! :thumbup: Patrol is vanmiddag weg L.A. Sports MG toe vir die airlifts - sal seker eers so Donderdag se kant terugkry maar sal dit doen voor ek ry vir die naweek.

Groetnis - en dankie :salute:
Pieter du Toit
MUFASA
2002 - 2010 Patrol 3.0L TDi GRX - HANDGRANADE WENT BOOM!!
2010 TD42T GRX CONVERSION - SADLY SOLD!!
2005 4.8GRX - Ama-GluG GluG - SADLY SOLD!!
Cell no: 072 606 7007
Fax no: 086 500 9333
User avatar
ChristoSlang
Patrolman
Patrolman
Posts: 851
Joined: 07 Apr 2009 16:54
Full Name: Christo van Rensburg
Nickname: ChristoSlang
Home Town: Pretoria, ZA
Current 4x4: Nissan 4.2 GL Patrol
Home Language: Afrikaans
Location: Garsfontein, Pretoria
Has thanked: 17 times
Been thanked: 116 times

Re: EGT Installed

Post by ChristoSlang »

Manne, ek het ook 'n Madman EMS monitor in Chuck Norris, en dit werk soos 'n droom...

My EGT sensor is in die manifold self, oftewel voor die turbo. Daar was 'n netjiese gat met 'n plug in (vooraf al getap deur die ouens wat die turbo ingesit het), en ek kon dit dus maklik daar monteer. As gevolg hiervan kry ek BAIE meer wisseling op die lesings as wannneer hy na die turbo gemonteer is.

Volgens die ouens op die ander Patrollie forum (asook LandyOnline self wat al my EMS se sensors ingesit het), is dit veiliger om jou EGT sensor voor die turbo te installeer. Dan meet jy die temperatuur van jou enjin se uitlaatgas, instede van die turbo se uitlaat temperature. Geen twee turbos lyk of funksioneer dieselfde nie, dus is hulle afkoelingseffek nie voorspelbaar nie. Jou turbo se plumbing mag dalk ook langer/korter (of dikker/dunner, of van 'n ander materiaal) wees as die Patrol langsaan s'n, en dus meer/minder bydra tot die temperatuurverlies. Van my turbo pype het byv. asbesband rondom, ek vermoed dit hou meer hitte binne? Vandaar die inligting dat die lesings enige iets tussen 150 & 200 grade kouer is as in die manifold self. As jy wil veilig speel, mik dan eerder aan die 150 grade kant!

My meter lees as volg:
* 80-90 grade op idle.
* 100-300 grade voorstedelik.
* 360-400 grade wanneer ek konstant teen 100-120 op die snelweg ry (sonder trailer, maar met dakrak en groot bande!)
* 450-500 grade teen laaaang bulte op in 5de. Skakel na 'n laer rat en die temperauur val onmiddelik met 50-150 grade.
* 544 is die maksimum wat my EMS kon gelees kry in die 4 maande wat hy al in is.

Die manne by LandyOnline reken hulle ry die TD5 enjins tot so 725 grade, maar ek's bly my enjin kom nooit daar uit nie! 'n Goeie dyno sal ook help om die temperature laer te hou ("overfuelling" jaag jou EGT op), asook 'n vetter skezors (raak vinniger/makliker van die warm lug ontslae).

O ja, die EMS monitor se EGT lesing het nie 'n zero kalibrasie nie. Maar soggens wanneer ek inklim wys al sy vloeistoftemperature dieselfde lesing as die EGT, dus glo ek hulle pre-kalibrasie is redelik akkuraat.

PS: Draai bietjie vir Brian by LandyOnline se arm. My Patrol was 'n "guinea pig" om te sien watter sensors op die TD42 enjin werk sodat hulle dit in kit vorm kan adverteer & verkoop. Ag.v. daarvan het hulle die arbeidkoste gedra en ek het net betaal vir die sensors self (EGT, oliedruk, olietemperatuur, watervlak & watertemperatuur). Ek vermoed hulle kort nog iemand met 'n drie liter Patrol om dieselfde mee te doen, dalk kan nog iemand so 'n gelukkie reel... :biggrin:
Christo (the snake man)
1998 4.2 GL Patrol (Chuck Norris)
2007 350Z twin-turbo coupe (Batmobile)
Image
User avatar
Pieter du Toit
Patrolman
Patrolman
Posts: 762
Joined: 06 May 2009 15:04
Full Name: Pieter Joubert du Toit
Nickname: PJ of ook Whitey
Home Town: Welgemoed
Current 4x4: 2002 Nissan Patrol GRX TD42T CONVERSION
Home Language: Afrikaans
Location: Cape Town
Been thanked: 4 times

Re: EGT Installed

Post by Pieter du Toit »

Hi Christo,

Dankie vir jou insette ook - ek slaan die langnaweek die groot pad en sal bietjie ook n sensus doen van my temperature - maar net van rondry (stedelik) dink ek my temperature hardloop bietjie warmer as joune - maar dis miskien omdat ek die 3.0l enjin het. En lugdruk speel obviously ook n groot rol!!

Ongelukkig bly ek in die Kaap - so ek sal nou nie so n gelukkie kan losslaan met LandyOnLine nie - dis mos "SLAAPSTAD" hierdie - hier kry jy omtrent niks - moet alewig van JHB af kom!!!! Maar ek verruil die Kaap vir niks!!! Lekkerste plek onder die son!!! :thumbup:

Groetnis
Pieter du Toit
MUFASA
2002 - 2010 Patrol 3.0L TDi GRX - HANDGRANADE WENT BOOM!!
2010 TD42T GRX CONVERSION - SADLY SOLD!!
2005 4.8GRX - Ama-GluG GluG - SADLY SOLD!!
Cell no: 072 606 7007
Fax no: 086 500 9333
Post Reply

Return to “18. Vehicle Accessories”

Who is online

Users browsing this forum: Ahrefs [Bot] and 9 guests