Page 1 of 1

Dieselpomp verstellings

Posted: 15 Jan 2018 15:16
by Ratau
Ek het na die turbo & intercooler opgradering ook die altitude compensator met 'n Boost Compensator vervang. Daar is min krag met die wegtrek maar versnel uitstekend sodra die boost by 0.2 bar ( 1500Rpm) verbygaan. Ek aanvaar ek kan die ratmoer onder die veer afstel sodat die diesel gouer oopmaak teen laer boost of is daar 'n ander verstelling wat ek eers moet doen. Ek het die maksiemum boost op 0.8 bar gestel. EGT is nog onder 500 grade Celsius en niks rook nie. Help asseblief.

Re: Dieselpomp verstellings

Posted: 15 Jan 2018 20:26
by Tinus lotz
Danie ga draai by Micheal

Re: Dieselpomp verstellings

Posted: 15 Jan 2018 20:28
by Tinus lotz
Jy kort no boost feul en feul in general ....maar praat met die dielsel ginie

Re: Dieselpomp verstellings

Posted: 16 Jan 2018 07:06
by Michael
Danie, jou engine hardloop te lean. Jy sal moet nog "no boost fuel" by sit om jou responsiveness beter te kry en moontlik nog "boost fuel". 500 EGT's is nog laag en jy gaan nie genoeg grag he met daai fuel nie

Re: Dieselpomp verstellings

Posted: 16 Jan 2018 09:15
by Ratau
Dankie vir julle kommentaar, maar dit het ek reeds geweet. My vraag was, wat is die verstelling volgorde. Tinus, wie is die "dielsel ginie" ?

Ek het 'n goeie artikel op een van die forums gekry wat dit stap vir stap met fotos verduidelik. Amper soos die "leeuloop".

Re: Dieselpomp verstellings

Posted: 16 Jan 2018 09:29
by Tinus lotz
Micheal is die diesel ginie hy doen dit vir n lewe en sal jou die beste kan help . Vir hoeveel cc per stroke is jou pomp opgestel?