Page 1 of 2

Makes me wonder?

Posted: 19 Jun 2013 09:39
by NISMOnator
Please correct me if I am wrong. Our Patrol is a 4.8 straight six 24 valve.

The new Patrol is a 5.6 V8

Seeing this link really made me wonder http://www.rgmotorsport.com/html/nissan_patrol.html :doh: :think:

This is a top performance centre?

Re: Makes me wonder?

Posted: 19 Jun 2013 09:54
by Kagiso II
Rob Green -- afstammeling van Basil Green wat vir ond die 5-litre V8 Ford Sierras gebring het.

Daai V8 Trol is die toekomstige een wat reeds in Dubai beskikbaar is





en dan itzi virri GQ manne -- as n troos :-)

Re: Makes me wonder?

Posted: 19 Jun 2013 10:11
by NISMOnator
Ja maar daar is geen 4.8 V8 nie. Daar is slegs die 5.6 V8?

Ek dink hul het hul goed verkeerd! Hul het bedoel sekerlik 4.8 Straight six? :eureka:

Re: Makes me wonder?

Posted: 19 Jun 2013 10:48
by Theuhan
Het iemand hulle al geskakel en uitgevind, Kan jy dink hoe lekker n 4.8grx met n charger sal wees, ek koop sommer daai 2004 wat hier op die site te koop is en doen dit :layrubber:

Re: Makes me wonder?

Posted: 19 Jun 2013 11:05
by Bruin Beer
Theu,
Ek het dieselfde vraag aan die manne op die Forum gevra wat die V8 ombouings doen.
Hulle reken die pompie vat te veel van die bottom end torque weg.
Hulle soek stoomtrein krag van sleutel draai af.
Ek kan ook nie dink dat so bietjie wind in die keel te sleg in die stoel sal voel nie.
Met die Automatiese GRX moet jy in elke gevaal bo die stall speod van die torque converter kom en dan is al die perde dalk al moes terpentein gesmeer.
Dan glo ek is dit net HOU VAS en MIK. :surprised:
Bruin Beer

Re: Makes me wonder?

Posted: 19 Jun 2013 16:19
by Theuhan
Bruin Beer

Ek verskil van daai manne, die voordeel van n supercharger oor n turbo is juis dat die supercharger boost sodra jy sleutel draai, waar n turbo eers moet revs bou voor hy boost, gewoonlik 2000rpm

Jy gaan my nou nie glo nie, maar ek het reeds een van hulle superchargers "Vortech" en ek soek, moet se nog nie rerig hard nie, vir iemand om hom op te sit. Daar is baie manne wat turbo's doen, maar nie baie wat gemaklik is met superchargers nie.

Re: Makes me wonder?

Posted: 19 Jun 2013 17:27
by Peter Connan
KalahariSafari het 'n handwen-windpomp in sy 4.5. Dit is deur Alpine ingesit.

Let wel bostaande beteken nie dat ek hulle werk goedkeur nie.

Weet julle ouens enigiets van die Turbo anti-lag sisteme wat hulle in tydrenmotors gebruik? As ek reg verstaan, spuit hulle brandstof in die manifold in, tussen die enjin en die turbo, wat dan ontbrand en die turbo opwen?

Re: Makes me wonder?

Posted: 19 Jun 2013 19:37
by Bruin Beer
Theu,
Is die Vortech die belt aangedrewe halwe turbo soos bulle op die M5 gebruik of die volwaardige blower soos die Amerikaners bo op die V8 monsters vas bout.
Dit moet nogal iets wees om in aksie te sien.
Ek moet se ek het in die verlede ook net verwys na "'n pompie" so die ander manne kon dit as net 'n Turbo opsie gesien het.
Ek stem saam die Blower is daar van onder af maar dit moet nog krag vat om selfs op idle te draai maar glo hy lewer al op idle positiewe druk wat vir die krag verbruik op maak.
Laat weet asb as daardie projek gebeur of selfs 'n baas soek.
Ek sal dit graag volg.
Bruin Beer

Re: Makes me wonder?

Posted: 19 Jun 2013 23:35
by tour de frans
Hallodaar, my 2cent.
Die anti-lag op die turbo rally kare werk goed, maar die turbo leef nie lank nie. Ek het die voorreg gehad om so n kar te tune. En ek gaan probeer kort verduidelik. Sodra die drywer sy voet lig van die throttle na toe, skiet die timeing map na retard, baie retard,40 grade. Die engine se toere is nog hoog en die kar se momemtum in rat hou die lot aan die hol. Met die baie stadige tyd, ontbrand die ontbranding in die cylinders deur die exhaust valve. Maw die vlam word langer en dit spoel die turbo op. Dit werk so goed die kar boost n bar op geen throttle. Omdat die turbo spoel is daar geen lag en die kar respond dadelik sordra die drywer weer op die throttle klim. Ook dan skied die timeing weer in advance. Die rekenaar is die clever een om dit te kan verrig.
Dit werk baie goed, maar met die vlam wat in die exhaust inbrand hou die turbo nie. Vir die rally manne is dit nie n probleem nie, hulle vervang die turbo tussen stages indien nodig.
Dit is hoekom hulle so splatter en klap soos die timeing map verander met aan en af throttle beweging.

Re: Makes me wonder?

Posted: 19 Jun 2013 23:57
by tour de frans
Turbo en supercharge karre. Nog n 2 cent van my.
Daar is baie menigs en dit gaan maar oor wat die eienaar wil he en spandeer.
Chargers maak krag van onder soos wat beskryf is, maar steel krag om te kan werk. Maar soos wat genoem is is die druk positief en maak die engine meer perde op lae revs. Die groot probleem met chargers is om die lug koud te hou. Hulle raak vrek warm.
Turbo karre maak maklik krag en het n vertraging tot die lot weer spoel. Dis waar varible turbo's help om die boost te bepaal op n wye rev range.
Turbo karre maak maklik groot krag en die lug is ook warm, maar kan makliker verkoel word.
Ek het n supercharger wat om my LS1 pas in my patrol. Ek sal dit opsit omdat dit goed werk en minder plumbing is nodig. My kar het ook nie plek vir turbo's nie.
Dit wil ek nie doen nie, omdat die LS1 is sterk genoeg vir wat ek wil doen met my patrol. n Mens moet darm ook die petrol verbruik in ag neem. Ek toer en sleep n karravaan ook.
n Voorbeeld. My swaartjie jaag met n BMW resies. Ek het die kar ge-supercharge laasjaar en hy het goed gevaar, ons het gesukkel om die lug koud te kry en die kar se krag het afgeneem teen die einde van n resies. Hy se met die dadelike krag wat hy beskikbaar het kan hy die krag mooi in-dail uit die draaie uit. Nou is die kar ge-turbo, die krag bly goed deur die resies, maar hy moet die kar anders ry. Die turbo lag moes hy vroer die krag aansit om weer n goeie exit spoed te he uit die draaie...
Ek persoonlik sal n 4.8 turbo. Niks fout met n charger nie, maar my eerste keuse sal turbo wees.
Die bietjie wat ek met turbo en supercharge karre te doen gehad het, het n turbo kar my meer laat lekker kry as n supercharge kar. En dit is ook omdat die krag inkom soos wat die turbo opspoel. Supercharge karre voel n mens nie n "powerband" nie die krag is al daar.
Ek was betrokke met n M5 turbo BM, en die ding het begin wheelspin in 4de rat sodra hy begin boost. Dis onbeskryflik hoe daai kar n mens vasdruk in die sitplek...
Net iets wat ek wou deel.
Groete
Frans