Page 1 of 1

Unimog gearbox vraag.

Posted: 12 May 2018 08:14
by Reenen
Jammer, nie patrol, maar vra maar hier, weet nie waar anders nie.

Hoe sterk is die unimog 404 gearbox. Dit is n redelikke groot boks met groot gears. Maar dit het uitgekom met n 2.2 petrol met omtrent 60kw. Sal dit n 300kw v8 kan hanteer?

Re: Unimog gearbox vraag.

Posted: 12 May 2018 16:55
by Kagiso II
Hallo Reenen -- Ou vriend van ons uit die NISSAN 4x4 forum dae, Wouter Odendaa [aka OWouter] is in Nederland .. Hy WEET van, oompie sal jou sy kontak Wahtasapp nr aanstuur, dan whaazupp julle met mekaar daaroor [[ hy is voorstander van Volvo se ratkas en aste maar hy het daai Rusland Rally gedoen met n trok wat hulle self aanmekaar gesit het ..

o O JA.. hy is ook LOBO se vorige baas toe Lobo nog Witblitz was :-) :thumbup: :thumbup:

Re: Unimog gearbox vraag.

Posted: 12 May 2018 18:34
by Peter Connan
Reenen, ek het iewers op 4x4 Community gelees dat die hele Mog drivetrain omtrent net die krag van die standaard enjins kan hanteer.

Maar ek het geen idee of die ou wat die opmerking gemaak het, weet waarvan hy gepraat het nie.

Nie van toepassing op die ratkas nie, maar sover ek weet het die mog 'n baie lae transfer verhouding, en met daai groot bande sou ek dink die aste kan baie punishment kry as jy so 'n kragtige enjin voor aansit?

Re: Unimog gearbox vraag.

Posted: 12 May 2018 19:10
by hugejp
My broer het baie op Mogies gewerk en hy sê die issue is die brass bushings in die 404 se box, hulle sieze as jy teen spoed wil ry. Hulle suffer ook van oil starvation want hulle gebruik splash lube. Blybaar gooi mense extra fluid in en sit 'n trans cooler op.

Re: Unimog gearbox vraag.

Posted: 12 May 2018 20:03
by Alex Roux
Reenen wrote: 12 May 2018 08:14 Jammer, nie patrol, maar vra maar hier, weet nie waar anders nie.

Hoe sterk is die unimog 404 gearbox. Dit is n redelikke groot boks met groot gears. Maar dit het uitgekom met n 2.2 petrol met omtrent 60kw. Sal dit n 300kw v8 kan hanteer?
Dis seker moeilik om te kan se presies hoeveel krag ‘n ratkas kan vat, maar om te gaan vanaf 60 na 300kw is darem ‘n baie groot verskil. Dit klink vir my na groot risiko.

Re: Unimog gearbox vraag.

Posted: 12 May 2018 20:14
by Reenen
Ek sien daar was 130kw weergawes ook..

Maar moerse verskil tussen 130kw (wat moontlik al pushing it was) na 300...