Page 1 of 1

Front Wheel Bearings

Posted: 24 Dec 2017 07:17
by Andre Steyn
Nou ja so Is dit ook toe nou gevrees het voorste wielbearings op my 4.8 gu is moeg. En dit alles met ñ beplande gereelde klaar betaalde trip die 27e af Port elizabeth toe. Wat ñ gemors, en om tussen vandag en die 26e iets in die hande te kry lyk my gaan onmoontlik wees. As enige van julle forum lede dalk van iemand of ñ bearing plek weet wat sal kan of wil help hierdie tyd of self dalk ñ ekstra stel het sal dit nou my bas by vrou en skoonma red. :pray:

Re: Front Wheel Bearings

Posted: 24 Dec 2017 10:49
by Kagiso II
Praat met Nico [aka TIMKEN] hoer op ons groep -- hy is Timken dealer in Thaba maar ken mense
of Ronel by Bearings Centurion -- ek het iNyathi sin by hulle gekoop. EN nie duur niw +2776893 7663

Re: Front Wheel Bearings

Posted: 24 Dec 2017 16:14
by Peter Connan
Jy kan ook Marinus probeer, hy het moontlik kits in voorraad. Marino4x4 op die forum.

Andersins Dawid Volschenk.

Re: Front Wheel Bearings

Posted: 10 Jan 2018 23:07
by Andre Steyn
Nou ja baie dankie vir julle manne se insette en bereidwiligheid om te help. Glo dit of nie ek het toe 2 outer bearings by ñ parte plek op sondag die 24e gekry die inners mooi gewas en goed met grease gepak en daarna ñ lieflike 3000km agter die rug met geen probleme. Maar ek sal kits moets bestel vir 2 van my patrols en een swivel hub kit en tie rods en drag links etc.
Voorspoedige 2018 aan al die patrol manne.
Ps Ek moet se die Y62 Is ongelooflike verandering op die Y61 maar sal hom eers in die veld moet kry om te kan se of dit steeds ñ patrol is.
Groetnis

Re: Front Wheel Bearings

Posted: 11 Jan 2018 11:25
by Marino4x4
Hi Andre

Ons het die swivel hub kits beskikbaar. Dit sluit die wiel bearings in. SH14WB
SH14WB.jpg
SH14WB.jpg (195.14 KiB) Viewed 3891 times
Ons het ook die wiel bearing kits beskikbaar
4043.jpg
Kontak my gerus by sales@terrainparts.co.za

Groete

Marinus